bday_home
Eie stories

Geluk, SARIE!

“Géé van jouself, het Izak de Villiers gesê toe ek SARIE se redakteur geword het. In ruil het ek meer ontvang as wat ek ooit kon droom. Jy is mý inspirasie!” – Michélle van Breda (Augustus 2009).

“‘n Mylpaal! Sonder ‘n plooi!” - Nataniël (Julie 2009)

“SARIE. 60 soene jonk! – André le Roux (Julie 2009)

“Geluk, SARIE! Mag jy altyd ouderdomloos bly.” – Marita van der Vyver (Julie 2009)

“Geluk stylvolle SARIE! Ná soveel jare steeds inspirerend!” – Rolanda Marais, aktrise en Julie-voorbladgesig (Julie 2009)

“SARIE- 60 sprankels mooi!” – Koos van der Merwe (Julie 2009)

“‘n Klapsoen vir jou op sestig, SARIE!” – Izak de Villiers (Julie 2009)

“SARIE, toegewens: vele dekades van feesvieringe rondom vrouwees en die lewe!” – Anna-Mart van der Merwe (Augustus 2009)

“Liewe SARIE, Veels geluk en hoe kry jy dit reg? Altyd mooi, altyd nuut en sprankelend! Gee my jou resep asseblief. Lekker verjaar!” – Sandra Prinsloo (Augustus 2009)

“Liewe SARIE. Veels geluk!” – Idols-aanbieder, Liezel van der Westhuizen (Augustus 2009)

Happy 60th birthday to SARIE magazine. Congratulations on all the wonderful work that you do, and for providing such a positive platform for the Afrikaans-speaking women of South Africa” – grimeer-ghoeroe Bobbi Brown

“SARIE, jý’t SIEL. Geluk, jou skat.” – skrywer Jeanne Els (Augustus 2009)

“Jy is nog steeds die mooiste meisie in die land!” - Chris Chameleon (Augustus 2009)

“Liewe SARIE, doe zo voort. Trots op julle.” – Wim Bosman, skepper van Kekkel & Kloek (Augustus 2009)

OP FACEBOOK HET JULLE GESÊ

Wonderlike tydskrif, baie geluk” – Bessie van der Walt

“Baie geluk!! Ek is so opgewonde, my Julie-Sarie het gearriveer hier in Londen – eerste van ‘n wonderlike verjaarsdag geskenk van my neef Gert, ma en sussies” – Jeanette Kruger

Baie geluk. Sarie is vir my ‘n vriendin. By julle het ek baie geleer. Dankie:-)” – Elizabeth Viljoen

“Lekker verjaar, SARIE, jy’s ‘n wonderlike vriendin!!!…en ek waardeer jou nou meer as toe ek in SA gebly het…nou in New Foundland, Kanada…” – Rina Hough

“Geluk! Bly net so stylvol soos altyd….los die smerige skinnernuus/skandaal vir die Son” – Hannely Jooste

“SO OUD SOOS EK!” – Annie Prinsloo

“En nie een enkele plooi nie!!” – Irene Gilliland

“En nog net so mooi!” – Coco Blignaut

“BAIE GELUK !!!” – Liesl Cronje

OP E-POS BOODSKAPPE EN SMS’E HET JULLE LAAT WEET

Petra Swanepoel van Hartswater vier saam met SARIE haar 60ste verjaardag.

Joshua Loots van Bredasdorp het vir Michélle op RSG hoor praat. Beste wense, sê hy. Hy lees SARIE ook af en toe, en van die stories roer sy hart (en dryf hom soms tot trane).

Marlene Weyers skryf:
“Beste Sarie, Ek en jy word Julie-maand 60 jaar oud.
Ek onthou met jou vyftigste het jy omtrent uitgehang.
Ek was dus teleurgesteld toe ek jou Junie uitgawe lees en jy nie ‘n woord sê van jou komende verjaarsdag nie.
Ina Paarman het gesê: op 60 het jy die gesig wat jy verdien en ek moet se jy lyk nog net so mooi soos 60 jaar gelede. Jy het saam met die tyd gegroei en bly jonk met die hulp van jou puik span wat na jou omsien. Ek het al afgetree toe ek 55 jaar oud was, maar ek is seker dat jy nog lank nie sulke planne het nie.
Hiermee wens ek jou dus ‘n mooi 60ste verjaarsdag toe en hoop dat jy nog net so pragtig op jou 70ste verjaarsdag sal wees.”

Mari Roux skryf:
“Dit is met groot verbasing en genot dat ek verneem die tydskrif is op 6 Julie 60 jaar oud. My ma, Nellie de Bruyn van Groot-Brakrivier, is op dieselfde dag 60 jaar gelede saam met Sarie gebore en net soos Sarie is sy ‘n inspirasie. Ek wil graag hulde aan haar bring want as ma en vrou is sy my inspirasie. My ma is my beste vriendin en ek kan nie ‘n dag sonder haar in my lewe in dink nie. Sy was maar nog net altyd daar met liefde, vertroosting en die wêreld se wysheid. Nou dat sy ouma ook is sien ek hoe my kind ook na haar draai vir daardie spesiale sagtheid en omgee. Haar hele lewe spreek van standvastigheid. Ek is so trots om so ma te hê en wens maar net dat ek eendag ook in haar voetspore sal kan volg. Baie geluk met ma se verjaarsdag en dankie dat ma, MA is.”

Diana skryf:
“Aan Almal by Sarie
Baie, baie geluk met julle wonderlike volle 60 JARE!!!!
Mag julle nog trippel soveel jare beleef.
Julle bly maar die beste tydskrif ooit.
Of dit nou in boekvorm of op die internet is, veral jul
internet weergawe is fantasties. Ek het julle al daaroor
gekomplimenteer.
Nogmaals baie, baie geluk.
Vriendelike groete”

  • Tanya de Vente

    Liewe Sarie. Om te dink… jy het jou agste verjaarsdag gevier toe is my Ouma eers gebore. Wow! Baie geluk met 60 jaar. My ouma het jou eers ontmoet toe sy op twintig Suid-Afrika toe gekom het. Dankie dat jy haar vriendin, later my ma en nou my vriendin is. En al drie generasies lees elke maand baie lekker aan jou inspirasie.
    Hopelik mag my kindskinders ook eendag jou vriendin wees.

  • Nicolene Richards

    Liewe Sarie

    My vriendin van ouds
    al dien jy ons al 60 jaar
    het glans jou nog nie ontgaan,
    altyd vol advies,
    van wenresepte en lekkerlees
    mooimaakwenke om ons op te smuk
    jonkhou truuks en lekker kos
    bly jy nog steeds so mooi verpak
    so lê jy ons en beloer van die winkelrak
    getrou wink jy jou ou vriendinne elke maand nader,
    altyd met ‘n blinkmooi baadjie aan
    en sonder om te vra, bly gee jy net
    nog net so mooi en vars soos altyd!
    My vriendin, my inspirasie

    Baie geluk met jou verjaardag!
    Nicolene Richards
    ______________________________________________________________________________________________________________________________________________

  • Annette

    Sarie, om te dink ek en jy vier albei ons 60ste verjaarsdag! Myne is weliswaar al ‘n maand verby, maar ek glo my "buiteblad" is net so kleurvol soos joune. Kom ons blaas die kersies met ‘n wip in die stap dood en sien uit na nog ‘n goeie klompie verjaarsdae saam.

  • Jacqueline Brandt

    Liewe Sarie

    Baie geluk! Sarie is soveel meer as net ‘n tyskrif! Ek het groot geraak met my neus in die Sarie. Op skool nog, wanneer my Ma van die winkels af kom met haar inkopies, het my oe vlugtig oor die sakke gegly om te sien of die Sarie vir my deur een van hulle terugloer. Dan het ek op die bank in die sonnetjie gaan sit en is ek na ‘n ander wereld verplaas. In daardie nog-vis-nog -vlees dae was die Sarie ‘n welkome hulpmiddel in die self-ontdekkingsjare. En soos ek ouer geword het, het my fokus verander.

    Toe ek in Duitsland gewoon het, was Sarie my enigste skakel met Afrikaans. Terug in SA, nadat ek my kinders so kort op mekaar gehad het, het Sarie gevoel soos die "hip" suster wat ek nooit gehad het nie. Besig om een kind te borsvoed en met die ander wat met die blokkies by my voete speel het ons twee gesels oor modes, mense, plekke ens. – sy was my skakel tot die buitewereld. Vandag is ek ‘n Barbara Joubert-aanhanger en blaai ek heel eerste na haar wonderlike resepte.
    Weereens woon ek in die buiteland en nou volg ek vir Sarie op facebook. So van facebook gepraat; Sarie bly defnitief nie in die stof agter as dit by hierdie tegnologiese era kom nie!

    Sarie het natuurlik ook al konflik veroorsaak. Bewaar jou as jy die nuwe Sarie van my Ma se bedkassie gegaps het. "Wie het die nuwe Sarie geneem sonder om te vra?!" het die retoriese, vraag deur die huis weergalm. Dis 25 jaar later en ek hoor dit nou nog.

    Toe ek in standert agt was, het my Pa vir my en ‘n vriendin gereel om die "ou" Sarie kantore aan die onderkant van Adderley straat te gaan besoek. Hanlie Retief het nog by die Sarie gewerk en sy het ons rondegewys. Ons het so belangrik gevoel (soos grootmense); almal in die kantoor was belangstellend en hoflik. Die hoogtepunt van ons besoek aan die Sarie-kantore was toe ons ‘n vinnige blik van Izak de Villiers (toe die redakteur) kry. Hy het by ‘n kantoor ingeloer en ‘n opmerking gemaak oor die volgende uitgawe se kortverhaal se meegaande skets. Vir hom was dit ‘n onbenullige oomblik in sy lewe maar ons jaar was gemaak! Hy was ons held. ‘n Diep man, wat weet wat vrouens wil he! (Ek sien nog die twee gapende bakvissies in my geestesoog).

    Daar was hartseer-tye in my lewe ook en dis dae wat ek nie die Sarie wou optel nie, want dit het my herinner aan gelukkige mense daarbuite wat nie my seer sou verstaan nie en vir wie die lewe elke dag normaal aangaan. En na ‘n paar dae het ek tog weer begin blaai, die inhoudsopgawe begin lees en dan gesien dat daar altyd tog inspirasie te vinde is!

    So Sarie, dit is net my storie saam met jou. Vir elke Suid-Afrikaanse vrou wat uitsien om jou vars gesig op die tydskrifrakke te sien, is daar ook ‘n eie storie met baie herinneringe. Dit is hoekom, wanneer ek voor die tydskrifrakke staan met al die nuwe tydskrifte wat om jou pryk, ek instinktief na jou gryp want ons kom al ‘n lang pad saam; ons deel ‘n geskiedenis, ek en jy.

    Gelukkige verjaarsdag Sarie! Jy’s al 60 maar jy’s nog vars en steeds ‘n "babe".

  • Maggie Parkin

    Baie Geluk Sarie, 60 en nog meer Glansryk, stylvol en sjiek met elke bladsy vol waardavolle inspirerende inligting – My Sarie, Tuis in my Huis.

  • Maggie Parkin

    Baie Geluk Sarie, 60 en nog meer Glansryk, stylvol en sjiek met elke bladsy vol waardavolle inspirerende inligting – My Sarie, Tuis in my Huis.

  • Susan Badenhorst

    Baie geluk Sarie, net soos jy het ek ook 60 geword die jaar! Myne was net so ‘n maand of twee voor joune, maar ons is albei kalwers van 1949!!

    Dankie vir die gratis hang oorbelle, net jammer dit was nie goed verpak gewees nie, toe ek myne wou aansit, was dit so skeef gebuig dat dit gebreek het toe ek dit wou regbuig. (Maar ek waardeer die gebaar).

    Sien daarna uit om saam met jou oud te word!!

  • antoon lombaard

    ria lombaard,gordonsbaai wes kaap baie geluk met jou 66 ste verjaarsdag ons geniet jou elke dag mag God jou nog baie jare van vreugde skenk,van jou man antoon,phillip,leatitia en kleinseun philip fouche.skakel 0712250139 vir verdere gelukwensing.