Eie stories

Cézanne Visser se ma: “My lewe val uitmekaar”

Die voorstad Montana, Pretoria, is ‘n tipiese voorbeeld van die Amerikaners se white picket fence dream. Dít is die lewe wat die gemeenskap gedink het Susan Visser (nou Lemmer) en haar gesin in die vroeë negentigs gelei het. ‘n Mooi huis. Oulike mense. En ‘n mooi, voorbeeldige dogter …

Maar die gelukkige gesin, wat soms by die Wimpy ontbyt geëet het, en die pynlik netjiese huis was ‘n front. Niemand mag geweet het wat eintlik in die Vissers se huis aangaan nie, vertel Susan Lemmer. Sy het haar dogter van kleins af geleer om altyd onberispelik aan te trek “sodat die wêreld na buite nie kan sien alles is nie pluis by die huis nie,” het Cézanne my self vertel.

“Daar was ‘n vaste reël. Niemand, nie familie of vriende,mag onaangekondig opgedaag het nie,” sê Susan. Haar huwelik met Johan Visser, Cézanne se pa,was moeilik. Tussen die woede-uitbarstings deur sou Cézanne saans doodstil aangaan met haar studies.

“Die volgende oggend maak al drie van ons asof niks gebeur het nie,”sê Susan. Sy gun Cézanne die goeie verhouding wat sy deesdae met haar pa het. “Maar dit wat in ons gesin gebeur het, kan nie weggepraat word nie.”

Susan het gedurende die hofsaak getuig dat huislike omstandighede deels verantwoordelik was vir wat met Cézanne gebeur het – dat sy in die kloue van Dirk Prinsloo beland het, die blondine met die vergrote

 

“Sy was die pragtigste kleuter met blonde hare en groot bruin oë. Sy is ‘n slim enetjie, het haar oupa altyd gesê. My drome was dat haar toekoms anders as myne sou wees.” – Susan

borste wat die land as adv.Barbie by die Idols-oudisies leer ken het. En wat nou sewe jaar tronkstraf vir 11 seksverwante klagte uitdien,insluitend kinderpornografie en die onsedelike aanranding van twee tienermeisies.

Ons gesels vandag in Susan se mooi huis in’n veiligheidskompleks in Pretoria. Sy het stylvolle meubels en buite staan haar Jaguar. Sy het ‘n goeie pos in die korporatiewe wêreld. Maar haar hart is stukkend oor haar lieflingkind wat in die tronk is. Boonop is haar tweede huwelik, met Johann Lemmer, op die rotse. Haar lewe is ‘n warboel van tronkbesoeke, werk en huweliksterapie en sy is so na aan in duie stort as kan kom.

“Ek kan nie nou aan skei dink nie. Ek sal nie dit ook nog kan hanteer nie.” Sy het Johann tydens die hofsaak ontmoet toe hy as seksuologie-kenner insette gelewer het.

“My ridder op die wit perd, maar hy het hard gewerk aan Cézanne se saak en hy steun my steeds.”

Sy weet nie nou hoe sy van dag tot dag gaan oorleef nie. Vir haar het die trauma en spanning van jare tot ‘n punt gekom. Dis ‘n aanpassing om alleen in die huis te wees: Sy en haar vrae oor hoe dinge vir hulle so verkeerd kon loop. Sy sê Cézanne het God om vergifnis gevra. “Hy het haar vergewe,maar mense kan nie.”

Susan wou graag tydens die hofsaak met die betrokke tieners en hul ouers kontak maak om vir hulle te

 

“Ek verkwalik myself daarvoor.Ek het in my ongelukkige huwelik gebly omdat ek gedink het ek kan nie wegbreek nie.” – Susan

 

vertel Cézanne sê sy is jammer. En dat sy self ook jammer is oor wat gebeur het. Volgens wet mag sy egter nie met hulle gepraat het nie.

“Ek wil dit steeds graag vir hulle sê.” Tronkbesoeke breek haar hart. “Weet jy hoe dit voel om deur glas met jou kind te moet gesels? Dit was net so swaar om in die hof te sit. Jy wil haar beskerm, maar jy weet nie hoe nie.”

Sy voel haar kind se vrese en pyn aan.

Niemand sal haar ooit kan oortuig dat Cézanne nie ‘n intense vrees vir Dirk Prinsloo gehad het nie. En al lyk dit of Cézanne in die tronk aanpas, weet sy haar dogter is bang.

“Jy ken jou kind. Sy glimlag dapper, maar haar oë smeek: Mamma, vat my hier uit!”

As deel van haar eie terapie gaan Susan ‘n boek skryf.”‘n Storie waaruit ander ma’s kan leer. My kind het binne ‘n jaar van ‘n konserwatiewe cum laude-student in Dirk se seksslaaf verander. Dit kan met enigeen se dogter gebeur.”

Sy wil die agtergrond skets wat sy meen daartoe gelei het dat Cézanne in Dirk se mag beland het.

“Ek verkwalik myself daarvoor.Ek het in my ongelukkige huwelik gebly omdat ek gedink het ek kan nie wegbreek nie.” Dís gevolglik die rolmodel wat sy vir haar dogter was.

“My voorbeeld as ma het haar op ‘n manier in Dirk se arms gedryf. Sy het van kleins af geleer om ‘n man te

ESKLUSIEF – Cézanne se eerste week in die tronk

Cezanne Visser het die eerste week van haar sewe jaar tronkstraf agter die blad en sy probeer so dapper as moontlik om aan te pas. Ma Susan vertel

 

 please.”

Sy vertel hoe Cézanne as dogtertjie haar pa se kant gekies het as daar rusies tussen hom en Susan was. Dit het seergemaak. “Maar,as sy haar pa gepaai het, het hy my uitgelos. Die patroon het voortgegaan tot sy op universiteit was.”

Enkele maande nadat Cézanne by Dirk ingetrek het,het Susan van Johan Visser geskei.

“Ons het vir ‘n ruk saam probeer om ons kind van Dirk af terug te wen, maar ons het toe al jare nie meer ‘n kamer gedeel nie.” Johan was haar skoolliefde. “Die meisies was mal oor hom.Ek het gedink ek is die gelukkigste meisie op aarde toe ons begin uitgaan het.”

Ná matriek het Susan by die destydse Normaalkollege in Pretoria onderwys gaan studeer en Johan is weermag toe. Kort ná haar eerste jaar begin het, het sy ontdek sy is swanger.Op 19 is sy getroud en op 20 was sy ma.

“Ek het gesukkel om die swangerskap te aanvaar, maar toe hulle Cézanne se wiegie langs my bed inskuif

 

“Hoe meer jy baklei om jou kind uit ‘n verkeerde verhouding te kry, hoe minder help dit.” – Susan

 

en ek my vinger na haar uitsteek, het sy dit met haar handjie vasgevat. Daardie oomblik is ‘n hegte band gevorm.” Omdat Susan self in ‘n gebroke huis grootgeword het, het sy haar voorgeneem sy en Johan gaan die gelukkigste huis vir hul babadogtertjie skep.Hy het toe by die Nasionale Intelligensiediens (NID) gewerk en Susan het Cézanne versorg.

“Sy was die pragtigste kleuter met blonde hare en groot bruin oë. Sy is ‘n slim enetjie, het haar oupa altyd gesê. My drome was dat haar toekoms anders as myne sou wees.” Johan het later baie van werk verander.

“Cézanne was in vyf laer skole. Altyd die nuwe kind in die skool, maar altyd ‘n presteerder.” Skoolmaats het haar beny oor haar ma haar beste vriendin kon wees. Al was Cézanne nie ‘n rebelse tiener nie, het ma en dogter soms ook “lekker vasgehaak”.

“Ek moet beken dat Cézanne altyd die een was wat kom vrede maak het,” vertel Susan. Op universiteit sou Susan enigiets doen om haar kind se regstudie te vergemaklik.Sy het laataand vir haar voor die klasse sit en wag.

“Cézanne het dit waardeer en soms vir my ‘n borrelbad vol roosblare getap. Dan het sy op die badmatjie gesit en als vertel wat sy die dag geleer het.” Susan besef die spanning in die huis was vir Cézanne op hoër skool en op universiteit moeilik en dat dit is hoekom sy haarself so in haar studies begrawe het.

“Toe sy haar regsgrade met lof slaag, was ek die trotsste ma. My drome vir haar het begin waar word. My hart het tjoklits geklop toe Cézanne advokaat by die onafhanklike balie word.” Maar iets aan Dirk, destyds voorsitter van die Gautengse onafhanklike balie, het Susan van die begin af gepla. As ma moes sy magteloos toekyk hoe als waarop sy gehoop het en waarvoor haar kind gewerk het deur Cézanne se verhouding met Dirk vernietig word. Mooipraat en preek het op dowe ore geval.

“Hoe meer jy baklei om jou kind uit ‘n verkeerde verhouding te kry, hoe minder help dit.”

Haar ongelukkigheid oor Cézanne se verhouding met Dirk het op ‘n hofinterdik teen haar en Cézanne se pa uitgeloop. Die res is hofgeskiedenis.

 

“Cézanne het my een aand badkamer toe geroep om iets vir haar te bring. Dit was die eerste keer dat ek gesien het hoe mismaak my kind se liggaam is.” – Susan

 

“Dit was in daardie nege maande, toe ek kragtens die interdik nie met my kind kontak mag gemaak het nie,dat die verskriklike goed gebeur het.” Susan wou uitvind wat in Dirk se verlede aangegaan het.

“Die man van Dirk se eerste meisie het my gebel en gesê hy bestee derduisende rande op haar terapie om te vergeet wat met haar gebeur het en hy sal ons dagvaar as ons enige kontak met haar maak. En Dirk se gewese vrou, wat intussen weer getroud is, se skoonpa (‘n prokureur) het my gewaarsku om weg te bly van haar af.

“Maar dit was duidelik my kind is met ‘n gevaarlike man deurmekaar. Ses maande voor hul inhegtenisneming het ‘n private speurder my ingelig die polisie ondersoek dade met kinders teen Dirk en Cézanne.Ondanks waarskuwings wou sy niks weet van wegbreek nie.Ek het geweet dit stuur op ‘n ramp af.”

Met die inhegtenisneming op 19 Desember 2002 het Cézanne Susan histeries gebel.

“My grootste vrese het waar geword en ek het na hul huis gejaag. Dit was ‘n warboel van polisievoertuie. Ek moes toekyk hoe my kind geboei word. Die polisie het die huis deursoek.”

Cézanne is die dag voor Kersfees op borgtog uitgelaat met die voorwaarde dat sy nie met Dirk kontak maak nie. Ná ‘n paar maande het Dirk Cézanne oorgehaal om na hom terug te gaan sodat hulle “saam teen die saak kan veg”.

“Ek het toe begin om Dirk se eie game met mening met hom te speel om my kind terug te kry. Ek het hom gekomplimenteer en sy vertroue begin wen.” Susan was op ‘n sakebesoek in Kaapstad en Cézanne het Dirk gesmeek om haar na haar ma toe te laat vlieg, want ma en dogter het lankal gedroom van ‘n vakansie saam. Dirk het ingestem, maar Cézanne moes dagboek hou van wat sy doen en elke 15 tot 30 minute het Dirk haar gebel, of sy het hom gebel.

“Cézanne het my een aand badkamer toe geroep om iets vir haar te bring. Dit was die eerste keer dat ek

 

“Ek het weer hoop vir my kind. Ek sien haar vorentoe as ‘n motiveringspreker wat kan keer dat ander vroue in dieselfde situasie beland.” – Susan

 gesien het hoe mismaak my kind se liggaam is. Sy was brandmaer en vol ringetjies deur al die erotiese dele van haar lyf. Dan was daar die tatoeëermerke.” Sy moes vir Cézanne in Kaapstad ander klere koop, want Dirk het net skrapse klere vir haar ingepak. (Hy het elke dag besluit wat sy mag dra.)

“Ek was so geskok toe my kind van die vliegtuig af klim met ‘n toppie wat skaars die groot borste bedek.Sy was ‘n totale spektakel. Dis nie lekker om jou dogter so te sien nie.

“Tydens ons vakansie was sy weer die ou Cézanne, maar sy het my vertel van al die verskriklike goed wat gebeur het. Ek het haar gevra hoekom sy nie wegbreek nie. ‘Mamma,hy sal my doodmaak …’ Ek kon vrees in haar oë sien.” Susan verwyt haarself oor ‘n stelling wat Cézanne een keer gemaak het:

“Mamma, hoekom het jy my nie teen mans soos Dirk gewaarsku nie?”

Sy voel sy het haar kind te karige seksvoorligting gegee. Cézanne was ‘n naïewe maagd toe sy Dirk op 24 ontmoet het.

“Omdat Dirk my al meer begin vertrou het, kon Cézanne soms deur die week by my kom kuier.Ons het weer die ou ma-en-dogter-verhouding herstel. Dié band was my wapen teen Dirk en hy het my daaroor gehaat.”

Cézanne het al traer geraak om terug te gaan na die plaas op Bela-Bela, waar hulle toe gewoon het. Uiteindelik het die breuk gekom waarop Susan gehoop het. Maar saam daarmee ook die vrees. “Dirk het gedreig om ons albei te vermoor. Ons het by vriende gaan bly.” Voor Dirk se inhegtenisname in Rusland – nadat hy ‘n bank probeer beroof het – was Susan en Cézanne elke keer vreesbevange om in die openbaar te verskyn. Cézanne het geglo hy sal ‘n skerpskutter kry om haar te vermoor of ‘n bom by die hof laat plant.

Hy het haar altyd vertel dat hy eendag nog ‘n “groot” misdaad sou pleeg en dat almal hom daarvoor sal onthou.Sy het geglo hy is in staat om so iets te doen omdat hy heeltemal wapenbehep was. Hulle was verlig toe hy in Rusland vir 13 jaar tronk toe gestuur is. Cézanne het my by geleentheid vertel dat sy nou “absoluut niks vir Dirk voel nie”. Hy het haar lewe vernietig, en sy was dankbaar dat haar ma vir haar ‘n “ontsnaproete”geskep het. Sy het haar ma ook geloof vir al haar hulp.

Cézanne het vertel hoe sy eers nie baie geneë was om in die openbaar te verskyn nie omdat mense haar herken het. Maar Susan het haar stelselmatig by haar eie vriendekring ingetrek.

“My ma het my soms gespot dat ek weer die ou konserwatiewe Cézanne geword het,” het Cézanne gesê.

“Ek het probeer om ons lewens so normaal moontlik te laat aangaan,” sê Susan.

Tydens die hofsaak het die huishouding deur fases gegaan waarin almal opgewonde was oor ‘n nuwe stukkie getuienis wat kan help,maar ook die aftye wanneer dinge nie goed gelyk het nie.

“‘n Mens leef tussen hoop, teleurstellings,vrese en jy bid jou knieë deur,” sê Susan.

Cézanne moes verskeie terapie-sessies ondergaan om haar ervaringe te verwerk, maar sy het weer geleer om ‘n man te vertrou, het sy my self vertel. Susan wil nie uitwei oor Cézanne se vriend van die afgelope twee jaar nie.

“Hy is ‘n goeie man wat Cézanne tot dusver goed ondersteun het.Cézanne het vir hom ‘n ring gegee om hom aan haar te herinner terwyl sy tronkstraf uitdien.” Die koste van Cézanne se hofsaak was hoog en dit het groot finansiële eise aan Susan gestel.Sy sal hard moet werk om ‘n neseier op te bou vir ingeval Cézanne in die toekoms weer regshulp nodig het. Maar sy wil in die eerste plek haar kind ondersteun.

“Cézanne mag nooit twyfel dat ek daar is vir haar nie.” Soms moet sy sterk wees,al breek haar hart.Susan was en is bereid om haar kind soos ‘n tierwyfie te beskerm teen mense se oordeel.Sy het die afgelope jare emmers vol trane gestort, maar sy sou haar kind nooit verwerp nie.

Cézanne sal hopelik betrokke raak by regswerk in die tronk.Die gevangenisowerhede ondersoek dié moontlikheid.

“Ek het weer hoop vir my kind. Ek sien haar vorentoe as ‘n motiveringspreker wat kan keer dat ander vroue in dieselfde situasie beland.” Sy sien haar kind ook eendag as ‘n gelukkig getroude vrou met kinders.” Maar dit sal ‘n baie spesiale man moet wees wat begrip het vir wat met haar gebeur het.”

En ja,sy glo die white picket fence dream ís moontlik vir Cézanne. “Veral teen die einde van die saak het Cézanne baie neerslagtig geraak. Maar dan het ek vir haar gesê: ‘Kom, Zanie, ons trek jou mooi aan. Jy hoef nie jou seer vir die buitewêreld te wys nie.”

**Twee dae ná haar onderhoud met SARIE is Susan in die hospitaal opgeneem om te rus.

Foto: www.dieburger.com

  • Willem

    Ek bid dat die Vader jul styf sal vashou en jul albei deur hierdie tyd sal dra. Hy sal vergifnis bied aan die wat hul sondes bely. Sterkte.

    Die eerste klip kan gegooi word deur die een wat sonder sonde is…

  • Marthinus barnard

    Adv Barbie was nog altyd vir my daardie model vrou,die hele storie vertel van hoe swak n mens werklik is,om in iemand anders se mag te verval.Ek kan myself in dink,sy is beeldskoon,en mens moet nooit se dit sal nie met my gebeur nie.Sterkte ons bid vir jou Cezanne.

  • Elize Engelbrecht

    Van een ma aan n ander
    Daar is mense wat aan jou dink bly sterk jou geliefde dogter sal wel weer eendag by jou wees, ek kan my nie indink hoe jy dit hanteer nie, God is groot hy sal julle veilig weer bymekaar bring glo net daar is mense wat vir julle bid. Ek het ook n pragtige dogter en sal net soos enige ma alles doen om haar te beskerm maar hoe, daar kom n tyd wat ons moet laat gaan en elke ouer is bekommerd oor hul keuses en of sy veilig is by die persoon wat sy kies, ongelukkig het jul dogter in n monster se kloue beland, ek hoop hy word opgeeet waar hy is.Ek is tans nie in Suid Afrika nie, maar glo my ek wens ek kon jou nooi vir n koppie tee. Mense maak foute niemand is volmaak sommige mense wil nooit erken hul maak foute nie ander wel daarom moet ons vergewe, hou moed n ma sal altyd n ma bly, dalk eendag kan ek jou wel vir tee nooi, en julle is weer gelukkig. Hou moed bid vir julle wanneer ek terug is hoop ek regtig ek kan van hulp wees vir jou groete uit die buiteland SARIE LESER E

  • Jeanne

    Ek stem saam met Willem. Cezanne het verkeerd gedoen, maar ek verstaan ook die beheer wat Dirk oor haar gehad het alte goed. Ek het ook ‘n Dirk in my lewe, en die Here alleen weet, ek sukkel om weg te breek. Maar tyd gaan verby,en tyd heel alle wonde. Jy sal anderkant uitkom Cezanne, en wanneer jy doen, soen jou ma se voete, en dand God vir ‘n moeder soos sy. Gaan dan en leef jou lewe reg, voluit, met oorgawe en vreugde.

  • Meraai

    My koring is nog groen, so ek sal beslis nie klippe gooi nie, dit moet vir julle almal baie moeilik wees, MAAR, ek wonder net, wat van die slagoffers, val hulle lewens nie ook uitmekaar nie? En hulle het GEEN aandeel in die skade gehad nie, HULLE was die ware slagoffers. Ek bid vir almal van julle wat betrokke is en net God kan julle wonde genees. Sterkte!

  • Gerda

    Susan,

    Ek stem saam met Willem. Die een wat nie sonde het nie kan klippe gooi. Jy mag nie iemand veroordeel as jy nie self veroordeel wil word nie. Jesus het selfs die "slegste" mense vergewe. My dogter is ook in die gevangenis. Ek het jou Saterdag (17 Julie)gesien toe jy by Cezanne was met besoek. Ek het langs jou gestaan. Die begeerte was sterk om vir jou ‘n drukkie te gee. So dra elke huis sy eie kruis. Sterkte!!!!

  • Elize

    My koring is nie meer op land nie, maar jou kind bly jou kind ten spyte van die gruwelike dinge wat hulle doen (ek praat in die algemeen) sal jy as ouer steeds by hulle staan (hoe gelukkig is hulle nie – ek wens my ouers was daar vir my maar hulle is helaas nie ) maar ja, die slagoffers se lewens is ook geruineer deur Cezanne en Dirk se optrede en hulle moet ook of hulle ouers moet ook die skerwe van die lewe optel en voortgaan. Cezanne was wel onder Dirk se invloed, maar mens het keuses en sy kon meer as een keer weg gebreek het daarvan, ten spyte van sy moord dreigemente! Ek was ook in so ‘n abusive/gemanupileerde verhouding/huwelik gewees, en het op ‘n dag besluit tot hiernatoe en niks verder nie! Mens kan maar net hoop dat almal lesse hieruit geleer het, en nie weer die foute sal maak in die toekoms nie.

  • Ilze

    Deel van genesing is ook om jou straf uit te dien en daarna weer van voor te begin. Cezanne was op ‘n manier ook ‘n slagoffer, maar sy was nie vasgebind aan Dirk nie en haar "wil" om weg te breek was dus nie sterk genoeg nie. Ek voel jammer vir haar en haar ma (nog jammerder vir die kinders!!), maar sy moet besef sy het deel gehad in die misdrywe met kinders en sy moet haar straf vierkantig in die oë kyk – dis al hoe sy respek sal verdien. Ek het ook ‘n dogtertje en hoop sy hoef nie eendag ‘n slagoffer soos die onskuldige meisies te wees nie!!

  • Martina

    My hart gaan uit na julle …..
    almal het foute niemand kan n klip gooi nie Sterkte As God ons vergewe het wie is die mense ?

  • Elrie

    Al wat ek vir jou kan sê is: Baie sterkte!

    Ek glo en hoop dat jy ook weer die mooi in die lewe sal raaksien…

  • Sterkte

    Ek of niemand anders kan oordeel nie, jou dogter het ons Groot Vader vergifnis gevra, en ek is seker ons Vader van Liefde en Genade het haar vergewe! Stekte baie genade vir julle, ek het ook koring op die land, onskuldig en so pragtig ek haal my hoed af vir jou Susan, mag ek ook in die toekoms so n’ wonderlike Ma wees vir my dogters! God seen jou en Cezanne elke dag!

  • Terry

    Almal se kommentaar is baie edel. Maar terwyl Cezaan (dalk) sewe jaar in die tronk sal wees en dan heelwaarskynlik die hele Suid-Afrika sal boei met haar stories, is daar n klomp jong vrouens wat vir die res van hulle lewens wrakke is (een het alreeds selfmoord gepleeg)!
    Ek is jammer, sy was n intelligente vrou met n swak karakter.
    Baie vrouens en mans het onder moeilike omstandighede grootgeword en kom uit gebroke huise. As hulle almal monsters moes geword het, was ons vandag sleg daaraan toe.
    En Susan, hoekom is jou huwelik met die goeie dokter nou ook op die rotse? Is jy regtig so n voorbeeldige vrou???

  • Anro

    GRACE vir almal. Ontsaglike hartseer tragediese gebeure. Mag ons in die toekoms positiewe stories lees uit die slagoffers se verhale ook.

  • wilma

    Susan – al wat ek vir jou kan meedeel is dat jy vir Jesus vooraan die stuur moet plaas en jy sal miskien nog baie op en afdraande paaie moet volg, maar glo my hy sal in Beheer van jou lewe wees – laat gaan net en kry berusting – die boodskappie moet jy ook meedeel aan jou dogter – want wie anders kan ons vertrou?
    Voorspoed vorentoe en bly positief – dit sal beter gaan met tyd

  • Weet jy Esme de Weerdt van Teddy bear kliniek dat dit juis n maatskaplike werker met die naam MALENE was wat hierdie tragedie veroorsaak het aangesien sy nie die naweek ouers se prosedures gevolg het nie. Ek het as belanstellende maatskaplike werker die hof verrigtinge bygewoon. Dit het my totaal onkant gevang toe ek die getuienis van die M/Werker aan gehoor het. Sy het sowaar nie eens die moeite gedoen om, soos ons prosedures lui, n volledige inspeksie gaan doen het by Prinsloo se huis nie.
    Sy het eenvoudig op die mense se stand en hul beroep as advokate die kinders aan hul toevertrou. Volgens my moet die werker eenvoudig geskors word by die Raad. Ons het n verantwoordlikheid teenoor die kinders wat in die staat se sorg verkeer en alles binne ons vermoe doen om seker te maak. Ek voel verder dat ek ongelooflik baie uit hierdie hofsaak geleer het. Ek volg steeds die verloop van sake wat op Cezanne en haar ma betrekking het. Jy sit seker ook hande gevou en doen nie veel moeite nie, jy is vererder baie oningelig.

  • Leanne

    LEANNE
    Ek het die boek ‘SHATTERED LIVES’ gelees wat die storie van die twee vertel. My eie kleindogter was op die ouderdom tussen vier en vyf ook deur n persoon gemolesteer van wie jy dit uiterlik nooit sou vewag het nie. Ek voel dat die dade wat gepleeg is, deur beide van die twee ‘regsgeleerdes’ nie net die kinders en ander betrokkenes se lewens verwoes het nie, maar dat die straf wat Cezanne gekry het, definitief te lig was. Daar word beweer dat sy gevaarliker as Dirk was. Laat jou dink aan Joey Haarhoff wat haar eie suster se kind geoffer het aan Gert van Rooyen om in sy guns te bly!!