Eie stories

Charlene Malberbe van Century City (Kaapstad), skryf:

Aan Emile

My liefie-diefie, ek wil vir jou so baie duisende dankies sê dat jy altyd hier is vir my.

Jy maak elke dag ’n verskil in my lewe. As my foon lui met ’n sms wat sê dit is van jou, dan glimlag ek breed. As my foon lui en ek sien jou naam op die skermpie, dan spring ek eers drie keer in die lig voor ek antwoord. Ons is al so lank saam, maar ek is nog net so verlief soos die dag wat ons mekaar ontmoet het … Waar? Sal jy dit ooit kan vergeet? Reg voor my woonsteldeur nadat ek ’n week vroeër gebid het vir ’n vriend omdat die alleenheid my ingehaal het.

Jy het deurbraak gemaak met jou vriendelike glimlag, groot arms en sin vir humor. Jy het so diep in my hart geklim en hom gesteel. Tot vandag is hierdie kosbare hart van my JOUNE. Dankie dat jy dit so mooi oppas en dit versorg met respek en baie liefde vir my.

Dankie vir al jou onverwagte verrassings altyd. Dalk verras ek jóú eendag met ’n wegbreekvakansie na ’n plek waar ons mekaar opuut kan vind en oor en oor verlief kan raak.

Baie lief vir jou!