foto
Eie stories

Hier’s hulle! Die 33 mynwerkers en wat jy nie van hulle geweet het nie

1. Florencio Avalos Silva, 31, ‘n video-operateur vir die ondergrondse myn-kommunikasie. Hy’s eerste uitgehaal.

2. Mario Sepulveda Espinace, 39, ‘n joernalis-kommentator wat die video-uitsendings behartig het.

3. Juan Illanes Palma, 52. Hy was in die Chileense weermag.

4. Carlos Mamani Solis, 23, van Bolivië. Hy is die enigste buitelander tussen die lot.

5. Renan Avalos Silva, 29, is Florencio Avalos se broer (nr. 1)

6. Mario Gomez Heredia, 63, is die oudste van hulle almal en hy was die eerste een wat laat weet het dit hulle almal nog lewe.

7. Jimmy Sanchez Lagues,19, is die jongste.

8. Ariel Ticona Yanez, 29, het pa geword tydens sy ondergrondse verblyf. Hy’t laat weet sy dogtertjie moet Esperanza genoem word. Dit beteken hoop in Spaans. Kyk die aangrypende video.

Só lyk hulle

Klik by www.cnn.com

 


9. Edison Pena Villarroel, 34, het elke dag 10 kilometer in die myn gehardloop.

10. Víctor Zamora Bugueno, 33,het gedigte ondergronds geskryf.

11. Raul Bustos Ibanez, 40, het laasjaar die Chileense aardbewing oorleef wat gesorg het dat hy sy werk as motorwerktuigkundige verloor het. Daarom het hy by die myn begin werk.

12. Claudio Yanez Lagos, 34, het belowe om met sy lewensmaat van 25 te trou die oomblik as hy uit die myn gered word. Sy is ook die ma van sy kinders en hulle het kleinkinders.

13. Víctor Segovia Rojas, 48, het dagboek gehou.

14. Jorge Galleguillos Orellana, 56, lei aan hoë-bloeddruk en was van die ernstige mediese gevalle.

15. Jose Henriquez Gonzalez, 54. Nommer 33 is sy nommer: hy’s al getroud vir 33 jaar, hy werk al by die myn vir 33 jaar en nou’s hy ook een van die 33 myners wat vasgevang is.

16. Samuel Avalos Acuna, 43, was ‘n straatverkoper wie gehoop het sy lewe by die myne sou beter wees.

17. Claudio Acuna Cortes, 34, is ‘n sokker-geesdriftige wie van plan is om sy vrou in sy sokkerhemp te omhels wanneer hy uitkom.

18. Franklin Lobos Ramirez, 53, is ‘n sokkerspeler en Spanje se David Villa het vir hom ‘n boodskap gestuur.

19. Osman Araya Araya, 30, het ‘n senuwee-ineenstorting onder die grond gehad.

20. Yonni Barrios Rojas, 50, het sy mede-myners verpleeg terwyl hulle daaronder was.

21. Alex Vega Salazar, 31 , se pa is ‘n dokter. Hy’t sy naam verander sodat hy kon help om hulle te red. Familielede mag nie deel van die reddings-span gewees het nie.

22. Richard Villarroel Godoy, 27

23. Daniel Herrera Campos, 27

24. José Ojeda Vidal, 46

25. Luis Urzúa Iribarren, 54

26. Carlos Barrios Contreras, 27

27. Omar Reygada Rojas, 56

28. Juan Carlos Aguilar Gaete, 49

29. Carlos Bugueño Alfaro, 27

30. Pedro Cortés Contreras, 25

31. Pablo Rojas Villacorta, 45

32. Darío Segovia Rojo, 48

33. Esteban Rojas Carrizo, 44

  • http://mooigoed.wordpress.com Mariana Els

    Wel – hulle gaan na dese nie meer onbekende mynwerkers wees nie.
    En die een wat die gedigte geskryf het – hier kom ‘n TOPVERKOPER digbundel!
    Hy sal beslis nie weer nodig hê om te werk nie.