Eie stories

Die Chileense myndrama in syfers

622 m – Die diepte van die skag

36° C – Temperatuur in die myn

8 – 18° C- Temperatuur op die oppervlak

1 m/s – Spoed waarteen die Phoenix die myners uithuis

+- 1000 – Joernaliste en media-mense wat toegang verkry het tot die myn

33 – Dae wat dit geneem het om deur te boor na waar die myners vasgevang is

17 – Dae wat hulle sonder kontak met die buitewêreld moes klaarkom.

2 – Eetlepels tuna wat hul elk kon eet in die tyd wat hulle nie kontak met buitewêreld gehad het nie. Saam met ‘n halwe koekie en ‘n halwe glas melk.

48 – Aantal ure wat hulle moes wag vir elke maaltyd (bogenoemde) voor hulle in kontak was met buitewêreld.

66 – Aantal sentimeters wat die kapsule breed is waarin hulle na bo gehys word.

2200 – Aantal kalorieë wat hulle per dag mag ingeneem het ná kos via ‘n tonnel by hulle uitgekry is. ‘n Tipiese ete vir die dag sou wees, melk en ‘n toebroodjie vir ontbyt, gebraaide hoender met noedels vir middagete met vrugte, en aandete sou beesvleis en ‘n mieliesop wees.

Bron: www.scientificamerican.com; www.bbc.co.uk