Eie stories

Dit brand! Wat pak ek in?

(Die wat toe al bababottels, katte, kinders en ander noodsaaklikhede in hul karre begin laai het, want links van Tafelberg hardloop die vlamme al die laaste 2 uur van die Rhodes-gedenkteken se kant af.) Dit voel wraggies soos ‘n fliek! Toe ek buite kom, het ‘n kolkende bloedrooi rookbondel vanaf Duiwelspiek begin rol en binne minute het sigbare vlamme byna 2 verdiepings hoog gestaan.

Toe kom dit – ons moet ontruim . . .  Die middernagtelike skok was wreed genoeg, nou moes ek besluit wat’s belangrik. ‘n Mens huiwer vir ‘n oomblik – jy sien daardie duur jas (waarvoor jy maande gespaar het), jou Hi-Fi en al jou CD’s, jou familiefoto’s, jou skoene, jou boeke, jou meubels – maar jy moet kies. Ek’s daar uit met my saxofoon, my Bybel en my handsak. Net dit.

En snaaks genoeg is ‘n mens op daardie oomblik eers regtig dankbaar vir alles wat jy het. (Selfs vir daardie vriende wat twee-uur in die oggend hul sitkamerbank in ‘n bed vir jou omskep.)

Wel, ons kon almal teen sesuur weer teruggaan – almal ongedeerd en sonder enige skade aan eiendom.

Wat sou jý ingepak het?

  • Noodlepop

    Ek sal moet vlug met my 3 katte en 2 honde en hoop die ferals is veilig want hulle sal ek nie kan vang nie en seker maar die handsak met beursie ens… dalk as ek genoeg tyd het al my negatiewe en CD’s met foto’s op.

  • Lydia

    My 7 1/2 katte. Lipstick. ‘n Boek, enige boek (as ek langs die pad gestrand sit). Daarsonder kan ek nie.

  • Marguerite

    My grimeersakkie, tandeborsel, deodorant, sjampoe en `n ekstra stel onderklere in my handsak (selfoon altyd in handsak as ek by die huis kom)`n Naelvyl`(langs bed), want as ek angstig raak begin ek soms torring aan my naels. My DKNY parfuum.(op pad uit by die deur gryp in die badkamer).
    Sal graag foto-album wou saamneem. Hang natuurlik af hoeveel tyd mens het. Dink nie mens dink so rasioneel nie. Mens wil seker net uitkom en begin hardloop.Sjoe, hoe langer ek dink, aan hoe meer dinge dink ek wat ek sou wou saamneem — CD’s, boeke, maar dit beteken ek was nog nooit in so `n situasie waar ek letterlik `n kitsbesluit moes neem in `n gevaarsituasie nie.
    Marguerite
    Marguerite

  • Elna Basson

    My nuwe Antjie Krog-digbundel, my grimeertassie, my dildo, my haarborsel, my tandeborsel, tandepasta, my vibrator, soveel rokke as moontlik, al my Kurt Darren-CDs, my ID-boek, my beursie, my parfuum.

  • lydia

    Genade Marguerite en Elna, julle het ‘n treklorrie nodig vir al die goed! Daar’s ‘n brand onthou. Elna, ‘n dildo en vibrator? Jou ou stoutert…Og freudian slip!