Eie stories

Ma en dogter-wedstryd

SKRYF SÓ IN:

Gebruik die inskrywingsvorm hieronder om ons van júlle lewenslesse te vertel, laai ‘n foto van julle twee en stuur.

WAT JULLE KAN WEN . . .

‘n Jaar se intekening op SARIE en SARIE KOS, asook ‘n geskenkpak met ‘n elegante dra-sak, ‘n Op die vrou af 2-boek, Miglio-oorbelle en SARIE-produkte. Boonop gee Camelot Spa hul Camelot Spa Personalized Journey vir ma en dogter.

Die prys is R2 150 elk werd.

Die wenners sal Vrydag 29 Mei 2009 gekies word. Neem nóú deel … die tyd hardloop uit.
Indien jy sukkel met die aanlyn-vorm, stuur asb ‘n e-pos aan sarie@sarie.com.

Jackie en Reinet Nagtegaal se storie


Jackie Nagtegaal
(24), skrywer en uitgewer by Joho!, en Reinet Nagtegaal (52), regsgeleerde en ook skrywer

“As kind was die eerste begrip wat ek geleer het audi alteram partem,” vertel Jackie.

My ma het my

nooit in

‘n boks gedruk nie’
– Jackie Nagtegaal

“In Latyn beteken dit om jou kant van die saak te stel. Dis die grootste geskenk van ‘n ouer aan ‘n kind.”

Daar was min konflik tussen haar en Reinet.

“Die fase waarin ek die meeste van haar gehou het, was toe ek ‘n moeilike tiener was. My vriende het aan haar lippe gehang. Sy was nie voorskriftelik nie en het saam met ons goed ondersoek. Sy was die coolste ma, want sy het in ‘n geel kar gery en in plakkies met dalmation prints rondgeloop . . .”

Jackie wil nie met haar ma wedywer nie, maar wil graag Reinet se sukses en soortgelyke mylpale behaal, met ‘n Jackie-twist. Soms wil sy wel haar ma se afstandbeheerknoppie na slowmotion draai. “Sy deurdink nie alles 100% nie en tree soms tot haar eie nadeel op, of maak dalk mense seer deur nie te dink voor sy iets sê nie.”

Jackie hanteer haar seuntjie, Dirk (16 maande), nou nés haar ma háár grootgemaak het. Sy besef ook vir die eerste keer wat ‘n ma wérklik alles agter die skerms vir ‘n kind doen. Die beste raad wat sy van haar ma gekry het, is dat die wêreld jou niks skuld nie. Jy staan regop ná elke terugslag, herevalueer jou lewe, werk daardeur, en gaan aan.

Soos sy sê: “Sukses is vir my sinoniem met geluk. Dis om aan die einde van die dag by jou huis te kom en gelukkig te voel oor waar jy is, wat jy doen en waarheen jy gaan. Ek wou van kleins af die murg uit die lewe suig en goed dóén. En my ma het my nooit in ‘n boks gedruk nie.”

Jou dogter se prestasies laat jou suksesvol voel – Reinet Nagtegaal

“Ek en Jackie is in baie opsigte mekaar se teenpole, maar omdat ons mekaar mateloos respekteer, kon ons afsmeer op mekaar,” sê Reinet.

Sy is “voortvarend en opvlieënd”, maar Jackie het haar geleer jy kan meer gedoen kry deur kalm te bly.

“Dis deel van ons albei se genetika dat ons moeilik nee sê. Ek sien haar dikwels swaarkry onder al die ja’s wat sy op haarself laai – dit maak dit vir my makliker om haar te wys hoe om nee te sê.”

Jackie laat ‘n mens ook in jouself glo. “Sy sal my net een kyk gee en sê: ‘Jy weet wie jy is. Moenie worry nie. Jy kán dit doen.'”

En konflik?

“Toe Jax jonger was, sou ek haar maklik stoomroller. Sy sou net stil word en onttrek. Dit het my gewoonlik lang toesprake laat hou oor my eie swak punte en hoe sy asseblief daaruit moet leer. Vandag bots ons net sekondes lank oor dinge soos dat Dirkie nie sjokolade moet eet voor ete nie.

“Jackie was nooit regtig ‘n tiener nie. Sy was van kleins af ‘n eienaardige kombinasie van ouwêreldse wysheid en kinderlike naïwiteit.”

Die band tussen ma en dogter is meer kompleks as die verhouding tussen vriendinne, vertel Reinet.”Daar is baie vriendin-oomblikke en die deel van geheimpies, maar die ondertoon van die verhouding is ernstig. Ek kan soms my tong afbyt wanneer ek vir Jackie iets sê wat ek weet ek nooit vir ‘n vriendin sal toevoeg nie.Dis ‘n mengsel van bewondering en ‘n soms oordrewe versorgingsbehoefte.”

Reinet glo ‘n sukesvolle verhouding vereis bo alles respek en bewondering vir mekaar. “En raas het ‘n sperdatum. Daar kom ‘n punt dat ouers net raad gee en hul kop skud vir blapse.”

*Jackie en Reinet se gesamentlike boek, In limbo (Joho!, R159), het onlangs verskyn.

** In jou nuwe Mei-SARIE deel hulle ook hul lewenslesse:
Aktrises Zetske van Pletzen en Elzette Maarschalk
Kosskrywer Cass Abrahams en regisseur Rehane Abrahams