Eie stories

Draai die ander wang

En dan gaan vra sy hom maar weer om verskoning! Hoekom vra hý nooit om verskoning nie?

Sy wil nie veg nie. Sy kan nie vlug nie. Is konstante ongeskiktheid genoeg rede om te vlug, mevrou? Draai die ander wang. Sluk en bly stil …

Vriendin, jy is nie alleen nie. Baie vroue voel en is soos jy. Mag jou man dit nooit regkry om jou te knak nie. Ontsnap na ’n plek in jou kop waar jy versterk kan word en nie binne doodgaan nie.

Mag daar altyd iemand wees wat jou seer kan aanhoor en jou pyn sal verstaan.

Plankie, Overberg