Eie stories

Dunay Nortjé help engel-baba met roerende lewensverhaal – jy kan ook

Klein Duney Ludick is op 22 Januarie 2010 gebore, maar sy’s kort na haar geboorte met Vacterl TOF OA gediagnoseer. Dit is ‘n rare sindroom waar ‘n babatjie se esofagus (slukderm) en tragea (lugpyp) verbind is, met die gevolg dat kos of melk in die longe beland. Boonop het sy ‘n gesplete verhemelte. Op dag 4 na haar geboorte is sy teater toe om haar esofagus te verleng en sy is net twee dae na haar geboorte na die Baragwanath-hospitaal oorgeplaas, omdat haar ouers, Mariska en Jacobus, nie ‘n mediese fonds het nie. En daar het klein Duney amper 4 keer haar lewe verloor.

Ten spyte van baie terugslae het ‘n wonderwerk gebeur, en klein Duney word môre geopereer.

“Ek het ‘n maand en ‘n half gelede ‘n boodskap van ‘n mamma ontvang wat vir my gesê het dat sy haar dogtertjie na my genoem het, en dat dit ‘n spesiale babatjie is,” het Dunay vanoggend gesê.

“Sy het vir my die links na Duney se Facebook-blad aangestuur en vertel van Duney se rare siekte. Sy het ook gevra of ek weet dat die naam Duney ”dogter van God” beteken. Ek het dit gelees, en hoe sê ‘n mens nou, the rest is history. Ek’t van die dag wat ek van Duney gehoor het, álles ingesit en volstoom probeer om geld vir haar in te samel.”

“Ons het by plekke aangeklop, maar baie keer kry jy net automated replies. Ek het al begin moed verloor, maar ons het aanhou probeer. Jacaranda 94.2 se Good Morning Angels het ‘n ruk gelede vir ons by die hospitaal ontmoet en R20 000 geskenk vir Duney se mediese sorg.” (Kyk ‘n video van die geleentheid)

“Dokters het aanvanklik gesê hulle kan niks vir haar doen nie, maar Duney het net sieker geword. Sy is toe na ‘n dokter by die Sandton Medi Clinic geneem. Toe ons uitvind dat haar operasie byna R383 000 gaan kos, was ons omtrent histeries. Die arme kind is al deur so baie. Sy’s onlangs ook met spina bifida gediagnoseer, ‘n geboortedefek waar die rugwerwels nie behoorlik vorm nie.”

Dis toe dat die ontbyt-radiospan van Just Plain Darren op Jacaranda 94.2 vanoggend (23 November) ‘n beroep op luisteraars gedoen het om geld te skenk vir Duney se operasie.

“Mense was awesome hierdie week. Almal het my Facebook-status by hulle status inge-paste en so het ons die nuus versprei. Mense het, as hulle nie kon geld gee nie, gesê hulle sal bid. En so met Facebook en Jacaranda 94.2 se hulp het ons R200 000 ingesamel. Ons het R183 000 gekort. Toe kom die oproep. ‘n Anonieme inbeller het gesê hy sal die verskil opbetaal. Die trane het net gekom!”

Duney word vandag (Woensdag 24 Nov) in die Sandton Medi Clinic geopereer. (Duney is intussen geopereer, lees hier)

Dunay Nortjé by klein Duney

Só kan jy help

Jy kan ‘n donasie aan die Duney-hulpfonds skenk
Rekeningbesonderhede:
Duney Hulpfonds
Standard Bank
Lichtenburg-tak: 052539
Rekeningnommer: 284363219
Spaarrekening

OF Besoek haar Facebook-blad en versprei die nuus
  • Dunay vra dat almal vanaand 21h00 vir 9 minute bid vir ‘n voorspoedige operasie, maar ook om dankie te sê vir die geld wat tot dusver geskenk is.
  • Ook, dra môre wit gedagtig aan die engelkind.

  • Martie

    Enigiemand wat Dunay Nortje al ontmoet het, sal weet sy het ‘n engelhart!

  • Tanya O’Connor

    HARTROEREND! Dankie Martie

  • Terry-Ann

    Sjoe, wat ‘n mooi storie. Ek sal bid vir baba en haar ouers. Dunay jy is werklik nie net ‘n mooi gesiggie nie. Welgedaan met jou mooi persoonlikheid en uitreik na ander.

  • Theresa

    Wonderlik!! Bid vir julle en dink aan julle!

  • Desre

    Ai ek huil nou sommer, wens ek het geld gehad om te skenk… Ek sal my geloof in die Here sit en glo dat hy daar saam die engel liefie mooiste kind sal wees en haar familie, sy is so pragtig!!!

    Sterkte en geniet haar baie.

    Liefde.

    Desre

  • Charlotte

    Dunay Nortje het my laat besef dat wonderwerke wel deur gebed kan plaasvind! Dankie Duney ek bid vir die Ludick gesin en GLO met my Hart dat alleS goed sal verloop met baba Duney more!

  • Petro Scheun

    VAn dag 1 af het ek hierdie klein pop se verhaal gelees, saam geveg, gebid, mense opgeroep en van gister(Dinsdag) af het ek en baie ander begin om reeds dankie vir God te sê vir die geld wat daar SAL wees en ja..vanoggend nog so geluister op Jakaranda 94.7 toe Darren vir Mariska en Dunay op die lyn die nuus meedeel…og dit was hartroerend fantasties…
    Die annonieme donateur…het toegelaat dat God hom gebruik…DANKIE van ‘n paar 1 000 mense in RSA en Nam!!

  • Charline

    Pragtige artikel! Die trane rol. Dankie Here vir elkeen wat ‘n bydrae gelewer het en aan die anonieme persoon wat die balans inbetaal het. Ons bid vir ‘n suksesvolle operasie more en vir spoedige herstel vir die "dogter van God".

  • Rene Pretorius

    Dunay`tjie is `n ou siek dogterjie hier van Lichtenburg waar ons bly. Ons kan nie genoeg dankie se vir Dunay Nortje nie. Jys `n engel Dunay, en die geldinsamelingsveldtog wat jy geloods het….God sal jou en almal wat gegee het, ewig seen. Ek is self `n trotse mamma van net een doger(TJIE) NOU 19…en glo my, ek voel die pyn wat daai mammahart deurgaan. Hulle is so verskriklik spesiaal…ons geskenkies van God.
    Nogmaals BAIE BAIE dankie vir elkeen se bydrae om haar operasie moontlik te kan maak. Ons GLO en VERTROU Jesus met haar lewe..nou en altyd!!!

  • Johnél van der Westhuizen

    Whow! Sjoe, ek het sit en hoendervleis kry terwyl ek die stukkie gelees het. Ons dien ‘n God van wonderwerke! Dis fantastiese dat mense so omgee en hulle harte en beursies so oopmaak. Alle sterkte aan klein Dunay met die operasie en ook aan haar ouers. En dankie aan Dunay Nortje vir haar betrokkenheid.

  • wendy

    ai wat n sad storie die arme [duney] sy is so siek en so pragtig daar is baie goeie mense op hierdie aarde ons sal aan hou bid en groot duime vas hou vir die engel kind vandag …

  • Janine van der Westhuizen

    Wat ‘n wonderlike voorreg om deel te kan wees van so ‘n wonderwerk!

  • adele

    Dunay , ek wens ek kon daar wees om jou ‘n stywe drukkie te gee, aan Duney (bab) mag HY jou help deur jou operasie en ek weet in my hart dit sal ‘n sukses wees en sal laat my hele gesin vanaand vir julle bid. Mag julle vreugde en liefde voorentoe he en vetrou op SY Werk.

    Dunay, Kurt kon nie vir ‘n beter (sielsgenoot en maat) gevra het nie, jy is ‘n handskoen vir sy hande en hart, en jy is alles wat enige mens sou wou he, hou aan wees wie julle is.

    Groete en Gebed

    Adele, Louis & Ricus Nothnagel
    RUSTENBURG

  • Chanel

    Ekt vir Duney By Sun City ontmoet vir ‘n foto en n vinnige geselsie, sy is sooo ongelooflik plat op die aarde. Defnitief ‘n voorbeeld vir ons vrouens, Hart van GOUD!!!

  • Marlene Pentz

    Dankie Here dat U vir Dunay op Duney se pad geplaas het om haar te help. Dankie Dunay dat jy nie die boodskap sommer net gedelete het soos baie van ons maak en gehoor gegee het aan ‘n pleitende moeder.

  • irene

    God is in beheer, halleluja!

  • Marietjie Nortje

    My gebed is dat ons Hemelse Vader die spesialiste wat oor klein Dunay gaan wees, se hande sal seën en groot wysheid van bo sal gee om die groot-groot operasie uit te voer om vir klein Dunay ‘n beter lewe te kan gee. Ons loof en prys die Here vir mense wat nog vir hulle medemens omgee in tye van nood.
    Almal se gebede word in een groot sak geplaas en God is in beheer.

  • Biancé

    Hierdie storie van ‘n sterk klein dogtertjie en ‘n vrou met ‘n groot hart van goud het my gedagtes vanoggend tot stilstand gebring. Ek bid en glo dat die Here hierdie spesiale mense om n rede oor mekaar se lewensroetes gebring het. As my klein seuntjie ooit soveel hulp nodig moes he, hoop ek daar is ook soveel engele in ons lewe! Baie stywe drukkies en hope liefde, glo en vertrou in ons almagtige God.

  • Dunay Nortje

    Hi almal, BAIE DANKIE vir al die mooi boodskappe!!! Duneytjie is deur die operasie en die dokters was gister oggend nog verstom oor hoe goed sy dit hanteer het, veral omdat dit nog n moeiliker operasie was as wat hul verwag het. Dit was so 4ure operasie. Sy’s nog in baie pyn, maar hulle hou haar onder verdowing, sy’s op 100% suurstof en daar is n paar goedjies waaroor die dokters ongelukkig bekommer… hou haar asb in jul gebede??? hierdie engelkind MOET getuig van God se werke eendag!!!!

  • Courtenay Krommenhoek Ahrens

    Dear Mariska and Jacobus. I’m in tears, thinking of you and your little angel. God Bless her and she is in my prayers. Kind Regards

  • cindy Pienaar

    Duney is ‘n vegtertjie, sy het so diep in my hart gekruip. Sy het my leer bid en om dankbaar te wees. Duney is 8 daggies ouer as my dogtertjie en ek bid elke dag vir haar en haar ouers. MAriska is ‘n insperasie en ek haal my hoed af vir haar. Duney gaan herstel want die Here is in beheer. Duney is ‘n engel op aarde en ekt baie lief geword vir haar

  • Mariska Ludick

    hi almal Duney het na daai eerste operasie nog een gekry sys nog in die NICU, maar gaan goed ons is dam van die suurstof af gaan vandag weer vir ‘n scan om te sien of sy nog aspireer. BAIE dankie aan almal se boodskappies en aan almal se ondersteuning……Dunay jy is ‘n ongelooflike mens en moet dit nooit vergeet nie, mense julle moet beleef hoe hierdie vrou sterk staan in ha eie lewe en dan nog uit reik na ander.

    Dankie aan almal regtig ons wardeer dit opreg en asb glo my as ek se dankie voel nie altyd genoeg nie.

    Jammer ek lewer nou eers my kommentaar het bietjie gesukkel om 1 te lewer (blonde oomblik gehad).

  • pcckiwcbwh

    u5RzuF ekxktydkgrvo, [url=http://jzekafzttnsg.com/]jzekafzttnsg[/url], [link=http://labeefyhxmnr.com/]labeefyhxmnr[/link], http://hugmpzugurlk.com/