Eie stories

‘n Foto spreek ‘n duisend woorde

Danie Bester was só geraak toe hy gebroke en mishandelde vroue en hul kinders vir ’n brosjure afgeneem het by The Cradle House of Restoration in Wes-Krugersdorp dat hy ook sy deel wou doen.

Nou kan jy ten bate van hulle bie op sy geraamde foto-afdruk van Newtown, Johannesburg. Bie tot 
29 Februarie voor 12:00 by www.thecradleofhope.org.

Die A1-grootte werk is sowat R4 800 werd. Die stigter, Melodie van Brakel, is ook ’n finalis in die Clarins/SARIE Most Dynamic Woman-toekenning.

  • Celeste Basson

    Ek ken vir Danie al jare vandat ons kinders nog in laerskool was, nee nog voor dit. Hy is nie net een van die beste fotograwe nie maar ook n man van God. Hy is nou n ware lyer. Hy het sy huis oopgestel saam met sy vrou het ons God geloof en geprys. Die Heilige Gees was sterk tussen ons en kon nie genoeg kry nie. In die winter het ons met tuisgemaakte sop en brooitjies agter in n bakkie rond gery en vir die mense van ons valley uitgedeel. Die honger pyne was vir n oomblik gestil en glimlaggies het hul gesiggies gevul. Hy het vroue gehelp met gebroke huwelike, kinders oumas, oupas, siekes, ongelowiges…hy het vir almal gebid. Daardeur het ons krag vir elke dag ontvang. God seen hom met sy talente. Pragtige fotos wat die man neem. Sarie kan maar gerus sy portefolio gaan google. Tot n volgende keer……