Eie stories

‘Ek sien nou die lewe se moontlikhede’

Wat ek geleer het

  • Die lewe is kosbaar. Dit was nooit bedoel om maklik te wees nie, maar om die lewe vir jouself mooi te maak help al klaar.
  • Die moeilikste les wat ek moes leer, is om positief te wees.
  • Die belangrikste verhouding wat jy kan hê, is die een met jouself. Ek moes selfvertroue aanleer. Mense voel selfvertroue aan en is geneig om hulle te assosieer met ander wat baie daarvan het.
  • Ek leer elke dag meer van myself. Dis tog waaroor die lewe gaan, om iets nuuts te leer, al is dit oor jouself.
  • Werk hard om jou droom waar te maak.
  • Ons almal maak foute. Wanneer jy daaruit leer, is lewensukses binne bereik.

Kyk na haar foto’s by www.reenewessels.blogspot.com

  • FRIK

    Gaan voluit, RW. JY SAL SUKSESVOL WEES.

  • Hanno

    Self, self, self – anti-Christus humanisties.

  • Arno

    Hanno…word wakker, toe. Om jou droom te volg is nie "anti-Christus" nie. Inteendeel!

  • E. W.

    Reenè, ek gee vir jou ‘n "stukkie" uit jou eie pen :
    Werk hard om jou droom waar te maak.

  • Boer in Amerika

    Doen jou ding suster en moet nooit op gee nie.

  • Auran

    Haai Hanno
    om ‘n volger van christus te wees moet jy eers self selfmoord pleeg. E n as jy dan suur druiwe het oor ander se avontuur shut up!. woeker met jou talente dat die wat jy het nie ook weggeneem word nie!

  • Reene Wessels

    Baie dankie vir die positiewe komentaar van FRIK, Arno, E.W. en Auran! Dit beteken werklik baie vir my.

    Aan Hanno, ek weet nie wie jy is nie, maar dit klink vir my jy het ‘n paar persoonlike issues wat jy moet uitsorteer. Jy ken my nie, so hoe op aarde kan jy die goed kwyt raak? Vee miskien eers voor jou eie deur…

  • Hermoné

    Reené, Ek dink dis ‘n wonderlike, positiewe artikel! Jy het baie gedoen om jou droom te begin uitleef en dit vat baie moed!
    Wat my verbaas (of eintlik nie) is dat mense nog in vandag se lewe en soos Hanno kan dink! Genade, mense! Kan die son nie oor iemand anders skyn nie?
    Gaan herdink jou thoughts, Hanno, en kom by! Wie weet, miskien verander dit jou lewe ook in ‘n postiewe rigting. "Bid" vir jou!

  • Reene Wessels

    Dankie aan Boer in Amerika ook!

  • Reene Wessels

    Dankie Hermone!

  • Wilco

    Reené, die padjie is nooit gelyk nie en ook nie reguit nie, maar hou aan om jou doelwitte voor oë te hou soos jy doen, en die eindbestemming sal meer as die moeite werd wees!
    Dankie dat jy ietsie van jou "lifejourney"met ons gedeel het!

  • Johan in Vereeniging

    Moenie dat iemand jou bangpraat nie.
    Doen jou eie ding, jy SAL wen.