phyllis_359_
Eie stories

Gebed vir Paasfees

Vader …
 
Bloedbevlek loop Jy
en strompel
 
na Jou dood
My lewensbrood.
 
Jou skerpgemaakte doringkroon …
my ewige Hemeltroon.
 
Tree vir tree,
is Jy op pad
om vir my die ewige lewe te gee.
 
Jy val neer,
alweer en weer.
 
Jy vergewe my,
keer op keer …
 
Houtsplinters en spykers
gemeng in jou vlees …
 
sodat
 
ek vir ewig…
 
Jou kind kan wees …
  • Vlinder

    Baie mooi gedig……maar dink jy nie dis bietjie disrespekvol om van die Here as JY te praat nie?

  • Hyla

    Dit is pragtig dankie dat jy dit gedeel het… (dink Vlinder bedoel jy moes U in plek van Jy geskryf het – nietemin goed gedoen)

  • yvonne

    Baie goed- hou aan met jou gedigte skryf.

  • Elizna

    Pragtig! Vol met berou, vol met respek, en vol DANKBAARHEID!!!

  • Es-Mare van Wyk

    Baie mooi gedig!!!

    As jy omgee nie, leen ek hom om te plaas op my facebook, sodat meer mense dit kan sien….