Eie stories

Goeie diens, asseblief!

’n Haarsny wat verkeerd gaan, is baie traumaties, dit weet elke vrou! Hier is mý storie. Ek het my hare by ’n bekende haarsalon laat sny. Dit was egter nie wat ek wou hê en ná ’n tweede poging was dit steeds nie reg nie.

So laat sny ek dit twee weke later én betaal weer. En nou moet ek daarmee leef totdat dit uitgegroei het.

Die eienaar van die eerste salon was glad nie behulpsaam nie. Ná als het hy net gesê “so sue me”. Ek wóú dit op daardie oomblik doen!

2010 word voorgehou as hierdie wonderlike geleentheid vir ons land, maar kan ek, as gewone landsburger, asseblief altyd goeie diens ontvang?

Ek wil nie wag tot net Junie en Julie nie. Ek wil dit elke dag ontvang, want ek betaal daarvoor. 

Beth, Kaap Agulhas