Eie stories

Grace Ngcongo: ‘My energie kom van Bo’

Sy is die stigter en onderhouer van Silindokuhle Crèche en Voorskool-sentrum in Amanzimtoti

Dis uitputtend net om te luister na die lys aktiwiteite wat Grace Ngcongo elke dag aanpak. Soggens vroeg vertrek sy oor die bult na die Silindokuhle Crèche, wat bestaan uit twee vragskiphouers wat aan mekaar gesweis is. (Sy het die crèche aanvanklik in 2003 by haar huis begin.) Daar gekom, word sy ingewag deur tot 70 kinders. Hier gee sy vir hulle klas, berading, kos en soms ook klere. In die middae en oor naweke gee sy naaldwerk- en kralewerk-klasse, vroegaand loop sy van huis tot huis om hulp aan te bied waar sy kan, en sodra die son sak, begin sy met haar skofte by die ouetehuis vir ’n ekstra inkomste. En die tyd wat oorbly? Dít gebruik sy om kursusse by te woon oor enigiets van basiese mediese sorg en naaldwerk, tot tuinwerk en onderrig vir volwassenes. “Jy kan Gracie nie keer nie,” sê Bev Letard. Sy het Grace benoem vir die toekenning en ondersteun haar ook sedert hulle mekaar sowat vyf jaar gelede by ’n kerkprogram ontmoet het. “’n Rukkie terug het sy besef sy moet voedseldonasies gaan oplaai by ’n kerk in Umhlanga. Sy het die bure se bakkie geleen en sommer haar rybewys gaan kry. Sy sien nooit net probleme nie – sy sien oplossings.” “My energie kom van Bo,” sê Grace en wys met haar vinger na die stormagtige KwaZulu- Natalse hemel. “En dis hieroor dat ek net aanhou.                 

Om Grace te ondersteun in haar werk, kontak 082 462 8729.

  • oyyjtatq

    cTKKSF tzcokwnzedfk, [url=http://sgudkuqdjuuf.com/]sgudkuqdjuuf[/url], [link=http://hpgnsgtdnxgj.com/]hpgnsgtdnxgj[/link], http://scghynjlgfse.com/

  • gaiktrnswmk

    QUGm7F purtogztlxem, [url=http://rnqsesboixxe.com/]rnqsesboixxe[/url], [link=http://hzbowgzcchfw.com/]hzbowgzcchfw[/link], http://imbczpaxriaz.com/

  • zbyzqbgrznk

    JJ8ivM ummiqmyndvrk, [url=http://zzoqopasbgkh.com/]zzoqopasbgkh[/url], [link=http://fwbfxbtseilo.com/]fwbfxbtseilo[/link], http://iqgbsnankkhm.com/

  • owpgzpk

    RCQmx8 pmwjbmkeqdqn, [url=http://mwqlvxopnvpx.com/]mwqlvxopnvpx[/url], [link=http://wyqkkpcnpofl.com/]wyqkkpcnpofl[/link], http://wwivqnlxkfuv.com/