phyllis_298_
Eie stories

Help, ek ly aan skeidingsangs!

Die sielkundiges wat my behandel het, meen die angs het dalk sy oorsprong by my geboorte toe ek en my tweelingsuster geskei is en in broeikaste gesit is. Met so ’n skeiding sukkel die een tweeling blykbaar om gesond te word, maar sodra hulle by mekaar is en mekaar aanraak, word die een vinniger gesond.

Ek het veral op ons eerste skooldag benoudheid en angs beleef. Ek wou nie ons huishulp laat gaan toe sy ons skool toe vat nie. Sy’t ons help grootmaak.

En toe ek eendag my ma in ’n supermark verloor, het ek geskree, gehuil en beangs rondgehardloop!
Ek was maar altyd teruggetrokke en baie sensitief vir ander se kommentaar. As iemand iets sê wat my seermaak, tob ek heeldag daaroor en voel ek hartseer en verwerp.

Toe kry ek en my suster die geleentheid van ons ouers om ná matriek in Skotland te gaan werk. Eintlik wou sy altyd bitter graag oorsee gaan werk. Ons ouers wou hê ons moes selfstandig raak, want ons het in ’n veilige “bubble” grootgeword. Ek het egter elke dag gehuil terwyl my pa die reëlings getref het. Ek het vir God gevra vir ’n teken dat ek nie oorsee moes gaan nie, maar ek kon nooit duidelikheid daaroor kry nie.

Aanvanklik het alles goed gegaan in Skotland. Alles was opwindend en ons het heelpad gelag. Maar toe ons op ’n dag per trein na die hotel toe ry, het die werklikheid my getref. Ek was depressief toe ek besef ons gaan lank in die buiteland wees. Ek kon die skeiding met my ouers, my hond, Suid-Afrika en bekende gesigte nie hanteer nie.

Ek het weke aaneen gebid net om te cope. Ek het daagliks oor die foon gehuil en by my ouers gepleit dat ek huis toe wil kom. Almal het gesê ek moet vasbyt. Dinge sal beter raak. Maar dit het nie. Dit het erger geraak. Ek was by tye so benoud dat ek vensters en deure moes oophou. My tweelingsuster was ongeduldig omdat sy nie my emosies kon hanteer of verstaan nie.

Toe koop ek my eie kaartjie huis toe. Tuis het ek my ma gedruk en gesê “nooit weer nie”. Herinneringe van my tye oorsee maak my steeds verskriklik benoud. Ek vermy heeltemal enige reuke, musiek of DVD’s waarna ek in die vreemde gekyk het.

My suster was ook later terug van oorsee, en het met verkeerde vriende deurmekaar geraak. Sy’t met dwelms begin eksperimenteer en is later vir verslawing behandel. Ná haar ontslag het sy gevoel mense behandel haar “anders”. Om haar pyn weg te neem het sy begin drink.

Op 9 November 2008, terwyl my ouers by ’n troue was, het sy haar eie lewe geneem. Hulle het haar op die vloer in ons huis aangetref.

Ek het ’n paar jaar gelede ’n liefdesverhouding gehad, maar ek het my eks mal gemaak, hom omgekrap en hom geweldig “afgesit”. Ek wou gedurig met hom praat, seker maak hy los my nie, sy stem hoor en weet hy’s nog daar. Nou kan julle dink watter uitwerking my obsessie op hom gehad het.

My verstand het vir my gesê hy’s nie die regte een vir my nie, want daar was te veel verskille. Maar my hart wou nie luister nie. Ek’t gevoel ek gaan nie iemand anders kry nie, en dalk, net dalk is hy wel dié een. Daarom wou ek nie laat gaan nie. Ek het gedurig liefde, aandag, ondersteuning, respek en geduld gesoek, nie iemand wat fisies aantreklik is nie, want die innerlike straal tog na buite. Ek was in so ’n greep van angs dat ek nie geëet het of my hare gewas het nie. Ek is gevolglik in ’n psigiatriese hospitaal opgeneem en medikasie gekry wat my gehelp het om te kalmeer.

Ek het die afgelope twee jaar ’n baie dierbare en ondersteunende kêrel, en dinge gaan baie beter met my. Maar daar is nog dae wanneer ek voel ek wil weghardloop. Hy sukkel soms om te verstaan hoekom ek so reageer, hoekom ek so verskriklik bang is ek verloor hom en hoekom ek nie altyd kan ontspan nie. My skeidingsangs is steeds daar, maar ek het iemand in my lewe wat my verstaan en my wil help.

T van Pretoria

 

  • Annaline de Wet

    Ek ken die gevoel. Dit het my lewe oorgeneem totat ek by ‘n psigiater uitgekom het wat my gehelp het en ek het nou my lewe terug. Soms skemer die angs nog deur maar ek kan weer slaap, normaal optree en plekke heengaan. Die medikasie waarop ek is het wondere gedoen, ek moes eers tot die besef kom dat ek hulp nodig het want ek het dit altyd ontken en wou nie na ‘n psigiater gaan weens die "stigma", wat ek daaraan geheg en nie ander mense nie, maar het myself wys gemaak dat ander mense ‘n etiket om my sou hang. Baie sterkte, dit is glad nie lekker om hierdeur te gaan nie, maar daar is regtig hulp. Gaan sien iemand.

  • Nicoleen

    Dankie vir die artikel! Want ek voel presies so! En dit voel net of niemand nooit verstaan nie! En net se ek het bederf en oorbeskermd grootgeword. En al wat ek wil he is dat mense my sal aanvaar, geduld sal he en probeer verstaan waardeer ek gaan. My psigiater het my ook op medikasie en dit gaan baie beter maar ek kan nogsteeds nie onder erge stres funksioneer nie. Sterkte vir almal wat ook in skeidingsangs lei hoop daar is iemand in julle lewe wat verstaan.

  • theresa

    Dankie vir julle komentaar. Ek is wel by n psigiater. Is al lank op my medikasie maar dit gaan beter maar my probleem is ook nog steeds by my. Ek ervaar baie stres ja maar dis nie net stres wat my so maak dat ek skeidings angs beleef nie. Dis om n persoon na aan my te verloor. Dis die gevoel van ek gaan nooit weer die persoon kan vashou, kan praat mee of sien nie. Dis hoekom ek soms sukel om kerk toe te gaan want dit laat my aan die dood dink. Dit maak my meer hartseer as wat daar blydskap bring. Die Here is in my hart maar ek sukkel om nogsteeds volkome op Hom te vertrou dat Hy my sal help met my probleem. Glo my my kop het my gelos twee jaar terug. Soms is dit moeilik om daaraan te dink, weet nie hoe ek deur die tye gekom het nie. Ek wens so so graag dat ek nie eers geweet het wat skeidings angs was nie. Wens ek was normaal. Dankie vir julle briewe, ek wardeer dit. Mense verwar dit met stres en angstigheid. Maar dis om van iemand af weg gevat te word.

  • http://efbqktetpmvc.com/ quwhflcgbtz

    pP3hue pexyflvwvsco, [url=http://vhtxbiikdgbc.com/]vhtxbiikdgbc[/url], [link=http://byitdvoeqkmh.com/]byitdvoeqkmh[/link], http://gggmrfyugzto.com/

  • helena

    Hi, ek sou graag per epos wou kennis maak met ander wat ook aan angsversteurings ly. Ekself ly aan akute "generalised anxiety disorder", wat onder meer skeidingsangs insluit. Ek gaan steeds deur hel elke dag, alhoewel ek op medikasie is. Verder het ek ‘n geskiedenis van kompulsiewe gedrag (onder meer dobbelvers.
    lawing) en is dit op ‘n daaglikse basis vir my moeilik om net deur die dag te kom. Bitter min mense verstaan dat mens alle plekke vermy waar trauma my getref het. My eie familie, wat ‘n baie close en professionele familie is, wil dit nie aanvaar nie/ of verstaan nie. Dis baie moeilik.

    H

  • maureen

    Ai jul ek het ook angs. Weetie watse angs ek aan ly maar weet dit is niks wat ek ooit aan iemand anders sal wil gee nie. Haat die gevoel van aleen wees, bang vir die dood, benoudheid. Mens moet sterk bly in Jesus wat ons die krag gee.

  • maureen

    Hi julle, ek wonder of julle nog ooit die goed lees. Ek hoop en bid jul doen. Ek het hulp nodig ek kan nie meer met die angs loop nie, die angs aanvale, die angstige gevoel elke dag. Ek voel lam, siek. Naar, pyn op bors. Was al by verskeie drs. En het al ekg gedoen dit was normaal. Eks al sooo moedeloos. Ek het my werk verloor deur die angs aaanvale. Kan nerens meer gaan nie dan raak ek benoud is soos n klysenaar in my eie ligaam. Help my asb. Ek weet nie watse kant toe nie . Het ook nie n medies nie , we’ll nie meer noudat ek nie meer werk het nie. Asb asb . Iemand lees dit asb.maureen. Jul kan my kontak ook. 0727027605.