Eie stories

Help, ek kan nie meer huishou nie! ‘n Butler gee raad

“Enigiets wat ek kan doen om jou lewe makliker en lekkerder te maak, sál ek doen,“ sê Newton Cross, mede-eienaar van die SA Butler-akademie, en hy kyk my vas in die oë.

“’n Butler sê nooit nee nie. ‘n Butler sê net ja, of bied jou ‘n alternatief aan.”

Kan daar soeter woorde as dít wees vir ‘n besige ma? Kan enige Lindt-sjokolade of fliek eens naby dít kom op die pamperlang-barometer?

Ek sien al hoe ek saans by die huis kom en daar wag ‘n stylvolle gedekte tafel en lekker kos. Iemand het gesien die gordyne kort ‘n skoonmaak en dit afgehaal en droogskoonmakery toe gevat. Iemand het vir die dwerghaas ‘n groter hok gaan koop…

In my volgende lewe, ja. Want vir ‘n gesin soos myne, met twee werkende ouers en twee jong kinders, gaan ‘n butler R15 000 per maand kos.

“Ons is darem onderhandelbaar,“ sê Newton. Jy kan ook ‘n tydelike butler huur om jou byvoorbeeld oor ‘n naweek te help as jy kuiergaste moet onthaal. Vir nou moet ek verlief neem om Newton se raad te vra oor al daardie dinge waaroor ek en ander sukkelende huisvroue wonder. Hoe laat jy jou huis altyd lekker ruik? Wat is die regte manier om deesdae tafel te dek as jy onthaal? Is daar ‘n kortpad vir lakens stryk?

Hou sarie.com dop vir ‘n rits wenke.

Dis soos ‘n ander wêreld wat oopgaan wanneer jy met ‘n butler gesels. By die butler-akademie in Kaapstad word nuwe butlers in ‘n intensiewe kursus van agt weke in al dié kunsies opgelei. En ook dinge soos hoe om sigare te hanteer en te stoor, alles oor wyn, hoe om silwer, glas en kosbare kunsvoorwerpe skoon te maak, die butler se pligte as ‘n persoonlike assistent…

Wat doen ‘n butler dan als? “Vra eerder wat doen hy nié,“ sê Anton van Deventer, hoof-opleier. “Eintlik is hy ‘n lewenstyl-bestuurder.“ Anton was ‘n narkotiseur voordat hy twintig jaar gelede besluit het die lewe van ‘n butler is meer opwindend. Hy het onder meer vir Saoedi-Arabie se koningshuis gewerk en hul paleispersoneel opgelei.

Ná hul opleiding gaan werk baie van die butlers regoor die wêreld. My mond hang oop terwyl Newton van sy eie wedervaringe vertel. Op 28 weet hy presies wat hy wil hê, want hy het ervaring wat geen geld kan koop nie. Hy het in 2002 sy opleiding by die destydse butlerskool in Kaapstad gedoen en dadelik daarna werk gekry. Hy het al negentig lande besoek en in verskeie as butler gewerk.

Onder meer was hy die aktrise Uma Thurman se persoonlike butler terwyl sy en haar twee kinders vir ses maande op die Queen Mary 2, een van die wêreld se luuksste pasassierskepe, rondgevaar het.

“Sy het van Amerika na Hongarye verhuis en gewag dat haar huis klaar gebou word,“ veduidelik Newton. “Sy’s ‘n stunning, plat-op-die-aarde mens.“ Hy het gesorg dat haar klere reg is, sy in styl bedien word en ook saam met haar by die Cannes Filmfees afgeklim en haar daar geassisteer.

Op nog ‘n skeepsvaart het een van die vroue nie gehou van haar kussing nie. Sy het toe haar helikopter uit Kalifornië laat kom, Newton het opgeklim en haar gunsteling-kussing by haar huis gaan haal. Só maklik.

Terwyl hy in Engeland vir ‘n multi-miljoenêr gewerk het, het die vrou van die huis hom drie dae voor haar tee-partytjie gevra om ‘n olifant daarvoor te organiseer. Sonder om ‘n oog te knip wou hy dadelik weet of sy ‘n Afrika- of Indiese olifant wou hê en in watter kleur. Toe het hy die Londen-dieretuin gebel, gou met sy baas se helikopter soontoe gevlieg en benewens die baba-olifantjie ook ‘n kameelperd en kameel vir die partytjie van drie ure georganiseer!

‘n Ander keer het sy werkgewer, wat in Skotland met vakansie was, laat weet sy wil graag die aand met haar honde gaan stap. “Ek het toe nege ure van Engeland na Skotland met hulle gery vir haar wandeling van twintig minute. Daarna is ek en die honde weer huis toe.“

Géén taak is te groot of te klein vir ‘n butler nie. G’n wonder hulle kan internasionaal tot R150 000 per maand verdien nie.

“Op bootreise kan jy 10 000 dollar per vaart net in fooitjies verdien, plus nog jou salaris,“ vertel Newton. “ ‘n Vrou wat gereeld op die skepe was, is oorlede tydens een vaart en het haar fortuin aan haar butler bemaak. Hy is nou een van die rykste mense in Nederland.

“Wanneer ‘n butler saam met sy werkgewer op ‘n vreemde plek gaan inkopies doen, kry hy vooraf die winkelsentrum se vloerplan. “As sy vir jou sê sy wil nou na juweliersware gaan kyk, moet jy vir haar kan sê sy het ses keuses, watter juwele hulle aanhou en waar die winkels is.“

Oor die Kersseisoen het Newton vir ‘n biljoenêr op die Forbes-lys gewerk wat in Kaapstad kom vakansie hou het. “Die V&A-winkelsentrum in die Waterfront het my voor oopmaaktyd laat inkom om inkopies te doen. By Woolworths het ek eenkeer R100 000 se kos gekoop, want my kliënt het drie huise gehad om te voed en daar was heeldag partytjies.“

Hier het Newton in Rhode Island gewerk

Word ‘n butler dan nooit moeg vir al dié eise nie? “Ek het ‘n passie vir diens,“ sê Newton. “Ons studente word ook streng gekeur. Jy moet ‘n aura van diensbaarheid rondom jou hê, maar uiteraard moet jy iemand wees wat nie nonsens vat nie, want jy moet jou werkgewer se belange beskerm.“ ‘n Diensbare butler word gewoonlik ook met baie voordele beloon.

Terwyl ek oorsee gewerk het, het ek het nie geken van ekonomiese klas vlieg nie. Dit was besigheidsklas al die pad. Een van my base het aandele in Audi gehad en ek het met die jongste model rondgery nog voor dit in SA beskikbaar was. My verblyf en alles was betaal, so ek kon die meeste van my geld spaar.“ Nou is die Wêreldbeker-sokkertoernooi om die draai. Newton en sy butlers is klaar bespreek deur ‘n klomp rykes en beroemdes wie se lewe hulle makliker gaan maak.

IN NEW YORK

IN ROME

Newton in New York       Newton in Rome

Intussen deel hulle hul wysheid op sarie.com. Hou ons dop vir wenner-wenke!

 

  • Baie goeie artikel! Well done!

  • Enna van der Mescht

    Ai dit klink wonderlik en Anton sal dalk my onthou of nie. Ek dink na ‘n jaar as Carer vir ‘n Lady is ek en sal ek nou meer ‘n ware goeie butler kan wees. Het wonderlike dae saam met Danie se Janie en die ander beleef daar in die Butlerskool as enigste vrou onder die manne.

  • UatyT4 dnnclueruysy, [url=http://vhyzlbbyythg.com/]vhyzlbbyythg[/url], [link=http://btwsbytuitro.com/]btwsbytuitro[/link], http://nvzeecvekshj.com/

  • DhM0mj rbmcilbibzfu, [url=http://xtiaavbxdqaz.com/]xtiaavbxdqaz[/url], [link=http://lbsfzyipplwk.com/]lbsfzyipplwk[/link], http://ofpolkugwjui.com/

  • 41ozF1 iwyztupqovlz, [url=http://aaaqqfrxgein.com/]aaaqqfrxgein[/url], [link=http://npskqznfnfrx.com/]npskqznfnfrx[/link], http://uqoiwgehemtz.com/

  • rkwdvyix

    6z6YfY ugwdvrzwchzp, [url=http://hbnbhdgsynby.com/]hbnbhdgsynby[/url], [link=http://otqnwypjyygr.com/]otqnwypjyygr[/link], http://gaezkhyppvrx.com/

  • codnagrxmqa

    k0Gtzt douwszujjdhv, [url=http://chssoucdflru.com/]chssoucdflru[/url], [link=http://aaoipegbxnyi.com/]aaoipegbxnyi[/link], http://zyjexmcsfqik.com/

  • Louisa

    Baie dankie oor die wenk van hand doeke , Sal dit beslis probeer , julle klink sommer na baie oulike mense , Self sal ek nooit een kan bekostig nie, en is te oud daarvoor lol en ook nie vol fiemies nie so ek doen maar als self 🙂