sr1002hjg_2_
Eie stories

Hoe’t jy gevoel toe . . .

Matthew Haden, ’n Amerikaanse student van Kansas City, volg die afgelope twee jaar ’n kursus in internasionale studies aan die Universiteit Stellenbosch en sy klasse is in Engels én Afrikaans. Hy gaan tuis by ’n gesin in die township Kayamandi en doen ook baie gemeenskapswerk in dié omgewing. Ek het ’n passie vir Afrika en ek wou hierheen kom om ontwikkelingswerk onder die plaaslike gemeenskap te doen en aan ’n top-universiteit te studeer. SA is een van die lande met die meeste MIV-gevalle, dit het reuse-behuisingsprobleme,’n hoë werkloosheidsyfer en ’n groot behoefte aan beter opvoeding. My graad rus my perfek toe om hulp te verleen. Ek hoop om eendag vir ’n  nie-regeringsorganisasie of die Verenigde Nasies (VN) te werk. Toe ek hier aangeland het, het ek Kayamandi dadelik besoek. Binne minute het ek geweet dís waar ek gaan bly.

Mama Nuku Phalla is my ‘SA moeder’. Sy doen alles wat gewone ma’s doen: stryk my hemde en gee moederliefde. Ek het projekte soos die plant van bome by die plaaslike

skool begin, asook MIV-veldtogte om die stigma om die siekte hok te slaan. Ek werk ook saam met die VN se Vereniging vir SA en die universiteit se IT-departement om te help met ’n internet-kafee by die hoërskool in Kayamandi. Ek sal nog ’n jaar in Suid-Afrika wees. Ek praat reeds ’n bietjie Afrikaans en ook Spaans, Portugees en Frans. Ek is baie lief vir Suid-Afrika – die berge, see en wynlande. Dis ’n lewendige plek en die sleutel tot sukses is om sy veelsydigheid te omarm.”