sr1207cover01
Eie stories

Janie blog: Jammer, ek’s té besig

Met die afskop van Wat Mense sê het dit gevoel asof al my balle weereens gelyk in die lug was. Die TV-program, die skool en die universiteit het begin en met vroeg opstaan en laat gaan slaap is ek opnuut gedwing om myself te herinner aan die belofte wat ek aan myself gemaak het ‘n ruk gelede. Ek sal nooit weer die woorde ‘Ek’s te besig’ oor my lippe uiter nie!

In die afgelope 2 weke het ek van 2 mense gehoor wat ‘n senuwee-ineenstorting gekry het. Albei jong mense. Ek verstaan dit. Vir baie jare, veral toe my kinders in die laerskool was, het die lewe vir my heeltemal oorweldigend gevoel. Dit het net nooit gevoel asof ek voor kom nie. As enkelma het dit gevoel asof my verantwoordelikhede my verswelg het en my emosionele  uitputting het my uiteindelik in ‘n poel van skuldgevoel laat veg vir asem.

Niks was meer lekker nie. Ek kon nie verstaan hoekom ek nooit die moed gehad het om vir my kliente te sê dat ek té besig was nie maar die mense vir wie ek die heel liefste is, het dit elke dag gehoor. Die keerpunt was toe ek eendag met ‘n skok gehoor het dat my kind een van my vriendinne gebel het om te vra wanneer ek sou huistoe kom? En toe sy vra “Hoekom bel jy nie jou ma nie”, was die antwoord: “Want sy’t altyd te besig”.

Hoe dom was ek nie!

Té besig wees het my so verarm. Ek het aandetes begin kook onder 30 min, altyd dieselfde resepte oor en oor. Ek het klere begin dra wat van dieselfde 3 hangers af gekom het en die res van die goed wat ek gedra het bo gelê in die rak van my kas, maklik om raak te vat as ek aan die hol was. Ek het maande na dieselfde CD in my kar begin luister, 3 minute lank gebad, minder gelees, minder gekuier, nooit meer fliek toe gegaan nie…

Een oggend het ek wakker geword en besef dat ek só besig was dat ek al hoe minder en minder begin doen het.

Daar’s ‘n groot verskil tussen besige mense en té besige mense. Besige mense is baie interessanter as té besige mense. Té besige mense skarrel, is obsessief oor die belangrikheid van waarmee hulle besig is, luister sleg, kuier sleg en is te besig vir enigiets anders as tensy dit hulle dinge insluit.

Té besig wees is die heel beste manier om mense van jou af weg te jaag sodat jy meer tyd kan maak vir onbenullige ander nuwe ‘besighede’.

Die dinge wat my lewe werklik verryk het, kon definitief nie in my té besige lewe inpas nie. ‘n Daaglikse gesprek met my kind, tuisgemaakte lasagne, boekwinkel toe gaan, stoombad by die gym of kuier by my ouers en my vriende.

Toe ek begin fokus het om onbesiger te raak het ek een van die belangrikste lesse van my lewe geleer en dit is dat dit baie nodig is om partykeer niks te doen sodat jy iets te kan doen.

Spasie en stilte maak gesond.

Ek fokus daarop om onbesig te raak.

Onthou dat alles wat jy in jou kruiwa het, het jy self in hom gesit.

- Janie

* Deel jóú storie met Janie hier

* Lees nóg Janie-blogs

  • Maylene De Kock-Roeloffze

    wow – sjoe – die reine waarheid ! ek het nou jannie se blog 2 keer gelees ! my mond hang oop vd die waarhede haar verhaal ! ek is mal oor jannie se nuwe program – die eerste ene het my op die punt van my stoel laat sit, dit was wow ! kan nie wag vir volgende week se episode nie !

  • Tina Groenewald

    Dis so waar, Janie – ek het 3 laerskool kids… en is op dieselfde punt! Jy doen goed, jy is ‘n inspirasie. Geniet jou program baie.

  • Adele

    Ek is besig om baie van daai goed in my kruiwa af te laai……

  • monica

    Sjoe ‘n absolute waarheid!! Besig is ook nou al vir jare ‘n tipe statussimbool.Ons het mos altyd gehoor,as jy iets gedoen wil he,gee dit vir ‘n besige mens.Niks daarvan is waar nie.Dankie Janie.Ek geniet jou blogs baie!!En ek is onbeskaamd ONBESIG!

  • Danielle du Plessis

    Daar is geen woorde erger as " jammer , ek is besig", as jy werklik iemand nodig het vir n gesels, n kuier, raad vra. As n " reisiger" in my eie land: SA, hoor ek die woorde dikwels as ek daar is, my mense in SA is baie besig, verskriklik besig. En as jy van ver kom en probeer inpas by wat jou eie is of was word hulle nog meer besig, vasgevang in in die "eie"….

  • Christelle van der Westhuizen

    Hierdie is van die waarste woorde wat ek in ‘n lang tyd gehoor het! Dankie Janie

  • Elize Nickola

    Ja jannie ek is ook te besig om om te kyk en te sien wat ek gemis ht. My lewe bestaan uit n gejaag na wind en dan kom jy tg ni dt uit wat jy eintlik wou doen ni. Hoe kan n mens jouself toelaat om dt aan jouself te doen en ni agterkom iets is eintlik nou besig woes verkeerd te gaan. Maar jy word ouer en die kinders groter en dan is hul ut die huis waarna jaag jy dan…..eker niks. Ek is mal oor jou nuwe blog hou so aan asbs

  • Engela

    Janie jy is ‘n inspirasie vir ons vroue, dankie vir jou pragtige program. Mens is altyd te besig met iets maar net ‘n gejaag na wind, wat neem ons eendag saam ‘n doodskleed het geen sakke ons moet besluit wat is regtig belangrik. Die Here het my ‘n tweede kans in die lewe gegee na ‘n beroerte en ek het volkome herstel ek loof Hom vir dit en ek lewe nou elke dag ten volle.

  • TOMMIE STRAUSS COLESERG 0510040021 of 0517531383 na 1800 uur

    BENITO EK HET N SOORTGELYKE GEVAL AS JOU SEUN EN HET DIT REDELIK GEWEN JY KAN MY SKAKEL WANT HIER IN DIE KAROO WORD MENS WEER MENS WIL JOU GRAAG HELP NA SKOOL IS DIE BELANGRIKSTE TYDPERK IN HUL LEWENS GROETE TOMMIE

  • Talana

    Janie … ek kon dit self nie beter gestel het !!! Ons bly kla oor ons oorvol kruiwa, maar laai in met twee hande terwyl ons kla.

  • Adéle

    Baie dankie Janie, ek het nog altyd na jou opgesien as ‘n inspiasie en so WOW "woman of worth", dis so waardevol om jou blog te deel, en al die gewone ma, vrou en werks , "menswees" issues mee te maak. Ook al die ander mede dames, ek gaan ernstig na my "kruiwa" inhoud kyk :-)

  • Jhonny

    Ich mf6chte wahrlich nicht als Revoluzzer in putkno Abendmahl antreten, sondern nur Jesus im Kontext seiner Zeit und Kultur zu lesen, was eben Jesus sich vorgestellt hat. Die omnipre4senten Ideen zum Festmahl im Studiengang GT stammen fcbrigens von dir. In der Ausgabe der ZEIT vom 3.03.2011 (ich komme immer erst mit ein paar Wochen ZEIT-Verzf6gerung zum lesen) zeigt Papst Benedikt XVI. den Zusammenhang von Pessachmahl mit dem Abendmahl, das Jesus mit seinen Jfcngern feierte. Er betont das Neue:„Das Wesentliche dieses Abschiedsmahles war nicht das alte Pascha, sondern das Neue, das Jesus in diesem Zusammenhang vollzog. Auch wenn das Zusammensein Jesu mit den Zwf6lfen kein Pascha-Mahl nach den rituellen Vorschriften des Judentums gewesen war, so wurde in der Rfcckschau der innere Zusammenhang des Ganzen mit Tod und Auferstehung Jesu sichtbar: Es war Jesu Pascha.“Dagegen sieht Walter Homolka, einer der ffchrenden Vertreter des deutschen Judentums Jesus im Kontext des pale4stinensischen Judentums des 1. Jh.s. Daher kann nach ihm das Abendmahl auf verschiedene Weise gedeutet werden:„als Vorabend des Pessachfestes, als Gemeinschaftsmahl seiner Jfcnger, als Kiddusch derer, die sich Jesu weitere Familie nennen…“ Es sieht das Abendmahl prime4r in der Tradition des Exodus. Weiter schreibt er:„Deshalb meint eine Reihe von Wissenschaftlern, es kf6nne sich auch um ein gewf6hnliches jfcdisches Mahl gehandelt haben, zu dem Jesus seine Chawerim, seine Schfcler, zusammengerufen habe, im Rahmen einer Chawurah. Diese Lesart wird gestfctzt durch die Apostelgeschichte, die von der te4glichen oder wf6chentlichen Eucharistiefeier der frfchen Kirche berichtet und von der Didache, einem alten Kirchenhandbuch, das die eucharistischen Gebete so fcberliefert, dass sie eine bemerkenswerte Ne4he zum jfcdischen Tischdank aufweisen.“Na, da we4ren wir doch wieder auf der Hf6he der gegenwe4rtigen Diskussion, oder?