Eie stories

Jo-Ann Samuels van Phalaborwa skryf:

Ek het die liefdesgedig vir my man geskryf toe hy op pad Burundi toe was.

My Engel

Toe ek jou ontmoet

Het ek geweet die Vader is goed

Ek is versot op jou humor – jou lag!

So bly ek kan wakker word langs jou elke dag

Ons eerste “date” sal ek nooit vergeet:

Jy’t my in Pokkel gevat om te gaan roomys eet

Dis net jy wat my kan soen tot ek hoendervel kry

By jou, my Engel, sal ek vir ewig bly

Ons huis is gebou op godsdiens en trou

Met hierdie briefie dig ek my liefde aan jou:

Jy is vir my die mooiste ding op aarde

Ek is verlief op jou blou oë en hare.

Met jou sagte aard en liefdevolle oë

Kruip jy dieper en dieper in my hart

Dit kan jy maar glo

Waarlik, ek is altyd eerste op jou lys

Jy maak vir my die deur oop en sluit die huis

Ek vertrou jou met my hart en gees

Jy’s so lojaal, ek wil elke dag by jou wees.

Veiligheid is die gevoel wat jy by my wek

Ons het so baie lawwe tye – mense dink ons is gek!

As jy ver van die huis af weggaan vir werk

Verlang ek my dood – veral in die kerk

Jy ken altyd die regte antwoord of beraam ’n plan

Niemand kan iets so goed doen soos jy nie, my man

Ek soen jou en druk jou, my sielsgenoot, styf

Prins van my drome

Styf teen my lyf …

  • regina lehmann

    Die gebeure is absoluut hartverskeurend en so tragies! My hart, wese en gebede is by Mnr Samuels en alle betrokkenes in hierdie hartseer tyd!

  • annaline

    Ons sal nooit God se weë verstaan. Mag Sy genade in die moeilike tyd vir Hendrik genoeg wees. Sterkte aan die familie.

  • Lititia

    Toe ek hierdie artikel lees, het ek koud geword, want ek het gedink aan daardie laaste benoude oomblike van haar en van hom. Ek kan net vandag vra Here wees hierdie man en hulle familie genadig. Versterk hulle Here met U liefde en troos hulle net soos U kan. My gebede gaan uit na die hele familie. Liefdegroete. Lititia

  • Karen

    Dit is so tragies, ‘n onwerklikheid wat nie tot mens wil deurdring nie. Die ongelooflike seer is iets wat net God kan heel, net Sy genade is groot genoeg al voel dit op die staduim of niks ooit weer reg sal wees nie.Ek bid dat God jou Hendrik en elkeen wat na aan Jo-Ann is, styf sal omvou met ‘n vrede en aanvaarding wat alle verstand te bowe gaan.

  • Hyla

    Die gedig spreek boekdele en beklemtoon haar liefde vir haar man en vir God…. ek glo Jo-Ann is veilig by haar God. Sterkte aan die familie

  • Maxie

    Hendrik,dit is die seerste seer en ek kan net bid dat ons Liewe Heer jou sal vashou, want net Hy kan jou dra deur die hartseer. Ken jou nie maar bid vir jou !!!!

  • Rentia Rheeder

    Daar was die afgelope maand so baie dood in my lewe, mense met wie ek saamgewerk het, bure en familie. My hart gaan uit na almal wat ‘n geliefde verloor het die afgelope tyd. Net ons Skepper kan ons deur die hartseer dra.

  • Anna-Zel Cronje

    Jo, dit was ‘n voorreg om jou vriendin genoem te word, ons het lekker saam gelag, ek gaan jou so…. mis..! en Sam jy is die soort man soos jou vrou geskryf het en hoe ongelooflik goed is jou hart! Tannie Rene, Oom Harry, Sam, Renetjie en familie ons sal hier wees as julle ons nodig het dag en nag.