Eie stories

Jul gunsteling- Citi Golf-herinneringe

Annelie Buchler skryf:
“My citi golf (tydens my studente jare) was die eerste en enigste kar (in my leeftyd sover!) wat ek vir meer verkoop het as wat ek dit aangekoop het – en ek het nie eers die kilometers terug gedraai nie!!”

Yolanda Duvenhage Oosthuizen skryf:
“Was my eerste splinternuwe kar gewees!!!”

Esti Koorts skryf:
“Myne ry nogsteeds! Die eerste keer toe ek vir Sparky gesien het!”

Una De Villiers Engelbrecht skryf:
“Hier was vir lank ‘n geletjie op ons werf – betroubaar soos min – en met ‘n engel op die bonnet.”

Anri Schramm skryf:

“Myne het actually uitgebrand…een aand toe ek en ‘n vriendin uitgeslip het om na Ed’s diner in Hatfield toe te gaan…en nog sonder ‘n lisensie ook! Was ‘n nice karretjie!”

Tersia Anne Viljoen skryf:

“Bottels vol borsmelk onder die seat en babadoeke op die agtersitplek!Ons geel Citi het saam-saam gehelp om ons dogterjie oor haar koliek te kry. Net ‘n vinnige entjie om die blok en sy was vas aan die slaap.”

Daleen Benade skryf:

“Het 3 gery…..en dit was GREAT!!”

Carmen Martens skryf:

“Het 2 gehad…! Die eerste een was ‘n poeierblou “Golfie” met die ou “golf-bal” op die rat-wisselaar! Die spesiaalste tjor wat ek nog ooit gery het! Was Kaap toe met haar – met ‘n ‘paddle-ski’ op die dak! Goeie tye!”

Reinette Vd Berg skryf:

“Citi Golf – my eerste ryding! Daarna was daar nog n citi en nou n polo. My hart is rerig seer, ly nog aan ontkenning, wil nie die golfies groet nie!”

Teresa Ferguson skryf:

“Die eerste kar wat ek vir myself gekoop het, 2de hands en geroes, toe kom die tornado in 1990 in Welkom en daar is my Golfie nog meer vol duike!”

“Het myne as student gekry, het haar 11 jaar gery, nie een dag se probleme gegee nie. Toe word sy gesteel, my hart was stukkend!”

Annemarie Malan

 

Charlotte van Dyk skryf:

“Ek het ook vandag heimwee toe ek lees van die City Golf. My eerste motor ‘n rooie Ons 2 was in groot ongeluk in Stellenbosch. Gelukkig het sy my beskerm met net ‘n paar beserings. Sy het ook nie mooi gelyk nie. Maar plastiese snykunde doen baie. Daarna het ons baie kilometers saam gedoen en later ook kinders skooltoe gery. Ek kry sommer trane van verlange. Ek moes verkoop om ander groter te koop. Wonder waar is sy.”

Leani de Wet Odendaal skryf:

“die pienkes was vir my die oulikste – meeste meisies gan mos deur die pienk kar stadium! nooit self een gehad nie. my gunsteling herinnering is die citi golf speletjie wat ons op die lang pad gespeel het…kan nie meer presies onthou nie, maar ek weet ons het getel hoeveel bloues, rooies, geles…”

  • Jeanetta du Toit

    My ouers het 1985 vir my ‘n swart en wit City Golf as Kersgeskenk gekoop. Ek het hom "Kwaai Babatjie" gedoop. Nieteenstaande die gespot van my man en kind rakende my sg. heilige koei, wyer om hierdie kar te verkoop – heg oneindig sentiment aan hierdie kar. Wel, ek voel steeds soos ‘n koningin in my Kwaai Babatjie" en geniet dit steeds om hom weekliks self te was en te politoer.