7a4d9d90e6804fbabe0cdb1285ae0fe2
Eie stories

Kabelswaai-slagoffer se aangrypende liefdesgedig aan haar man

“Liefie! Liefie! Liefie!”

Só het ’n ernstig beseerde kaptein in die weermag eergister desperaat na sy vrou geroep en tussendeur mond-tot-mond-asemhaling op haar toegepas nadat ’n kabelswaaisprong buite Graskop, Mpumalanga, skeefgeloop het.

Kapt. Hendrik Samuels (28) en sy vrou, Jo-Ann (25), was saam in ’n harnas vasgegespe vir ’n tandemsprong en het sowat 60 meter diep in die Panoramakloof gehang nadat hulle hul teen ’n rots te pletter geval het.

Kapt. Samuels, verbonde aan 7 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon (7SAI) in Phalaborwa, se pogings om sy vrou se lewe te red was vergeefs.

Lees die volle berig op Beeld.

Net sowat ‘n maand gelede is Jo-Ann se aangrypende liefdesgedig aan haar man, Hendrik, op sarie.com gepubliseer. Lees dit hier

  • Ann

    Jo-Ann was ‘n pragtige dogter wat ontaard het in ‘n dinamiese vrou.
    Soos wat haar gediggie aan haar man Hendrik lees so ‘n mensie was sy.
    Ek onthou altyd hoe sy en haar sussies by die rivier al drie agter haar pa se boot geski het was altyd so komieklik en so was sy ook ‘n avontuur kind. Harry en Rene en gesin ek voel vreeslik jammer vir jul verlies, maar verseker jul sy is nou by Liewe Jesus.

  • http://www.google.co.za Hannelie

    Baie sterkte en liefde aan Sam en familie. Jo-Ann skryf nou liefdesgedigte in God se koninkryk. Ons verstaan nie altyd nie. God weet waardeur jul as familie gaan, mag Hy julle bystaan in jul hartseertyd en vertroosting bring. Baie liefde!!

  • Elize

    Ek is in die Lugmag en weet hoe dit voel as jou geliefde vir maande of weke moet weg gaan. Die tyd kan nie vinning genoeg verby gaan sodat hy weer kan huis toe kom nie. Ek het vanoggend die artikel gelees. Ek het hoendervleis gekry en trane in my oë en weereens besef hoe kort die lewe is en hoe kosbaar elke oomblik is saam met jou geliefde. Die lewe is kort en daar is soveel om te doen. Sterkte Hendrik en aan die familie en vriende ook. Mag die Here julle bystaan en krag gee vir die swaar tye wat voorlê. Jo-An, baie dankie vir die pragtige gedig wat jy geskryf het, dit het my weereens laat besef hoe kosbaar en spesiaal my man vir my is.

  • Mercia

    Jo was die mees borrelendste persoon wat ek geken het….ek hoor nou nog haar laggie iewers in my agterkop. Dit is ongelooflik tragies en hartseer dat sy so jonk moes heengaan…my hart en gebede gaan uit na Sam en die res van die familie toe. Ons dink almal aan julle in hierdie tyd en weet net, Jo-Ann SAL gemis word!!!

  • Retha Steenkamp

    Liewe Harry en René, hoe troos ‘n mens julle? Dit is ontmoontlik. Net God kan. Ons bid so baie vir julle. Die pad lyk nou donker en onbegaanbaar, maar ons weet, deur sy Genade, sal die lig weer vir julle skyn. Liefde. Frik en Retha

  • http://www.sarie.com Magda van Zyl

    Liewe Jo
    Ons gaan jou mis in die personeelkamer. Jou lekker lag en jou mooi blonde hare,jou groot oorbelle en blink krale het enige dag opgekikker.Sam sy was oneindig lief vir jou. Ek hoop jy kry krag vir die oelike tyd war voorlê.
    Dit was ‘n voorreg om haar te ken. Haar stoelismleeg byndie skool.
    Magda

  • Elmarie Badenhorst

    Jou plekkie is leeg. Sal jou sprankelende persoonlikheid en glimlag nooit vergeet. Ons Coke klas is leeg sonder woorde sonder die borrelende lag. Hendrik ons dink aan jou in die moeilike tyd mag GOD DIE leemte vul.
    Elmarie Badenhorst Frans du Toit Phalaborwa

  • Nadia

    My tweeling het dit so geniet in die Coke klas hier by Hoërskool Frans du Toit en Juffrou Samuels was een van hul gunsteling onderwysers. Almal was verpletter deur die nuus. Sterkte aan die familie

  • Charmaine

    ek was my hele skoolloopbaan saam met Jo-Anne in die skool, kerk en sondagskool en as ek nou aan haar dink, sien ek haar altyd besig om te lag. dis hoe ek haar sal onthou. baie sterkte aan haar geliefdes en familie wat agterbly. ekstra sterkte vir jou hendrik.

  • Amorie

    Jo-Ann, my liewe vriendin. Die tye saam was vol van jou lag en jou sprankel. Van kleins af het ons saam gespeel. geswem dat dat ons tonne bloei aan die onder kant. Ek sal altyd ons konserte onthou. Ons ma hulle moes altyd kyk. Jy was altyd die "lead" sanger. My skool album is vol van ons foto’s van ons eerste dag skool toe in 1987 tot ons matriek jaar in 1998. Ons gaan jou mis. Die hele Grobler gesin.

    Oom Harry, Tannie Rene, Desere en Rene. Weet ons is lief vir julle.

    Sam, sy was ongelooflik lief vir jou. Die gedig is reguit uit die hemel net vir jou.

    Ons dra julle elke dag in ons gebede op. Sy gaan in baie lewens gemis word.

  • Mardine Jersich

    Juffrou Jo-Ann was een van die beste onnies by Wesvalia. Elke dag was ‘n fees in haar klas en sy kon elke donker dag met haar gelag en grappies ophelder. Daardie herinneringe sal ek vir ewig in my hart bêre.
    Ek dink nie Juffrou besef wat se verskil sy in soveel mense se lewens gemaak het nie. Sy los ons almal met seer harte agter, maar ons weet dis nie vir altyd nie. Sien Juffrou gou-gou weer. Sterkte vir almal wat deel het in hierdie hartseer, veral Hendrik.

  • Estherine Hamman

    Ek was saam Jo in Karlien Dameskoshuis op die Puk – wat ‘n voorreg om haar te kon ken. Sy was ‘n GREAT Karliener, HK-lid en mens na wie ons almal kon opkyk. Haar uitbundige&gereelde lag en breedste,mooiste smile sal ek nooit vergeet nie. Aan Sam, haar familie en naaste vriende, ek bid non-stop vir julle – mag jul met tyd, vrede in Sy vertroosting vind. Baie baie sterkte.
    Al my liefde*

  • Marisa

    Dit was ‘n groot skok om hierdie nuus in te neem! As ek dink hoe sprakelend jy altyd was Jo-Ann. Van laerskooldae af regdeur tot matriek kan ek nie dink dat daar ooit een dull moment saam met jou was nie! Jy sal in soveel lewens gemis word!! Hendrik en familie, ons gebede is met julle. Mag God julle dra in hierdie moeilike tyd!!

  • Rene

    My naam is René, ek is Jo-ann se kleinsussie(27…sy was 29)en ai…ons harte is soooo seer en ons mis haar ongelooflik baie. Dis so ‘n sweet-bitterness want mens kan nie help om te glimlag as mens aan haar dink nie…ai…dankie aan Sarie wat die pragtige gedig gepubliseer het wat vir ons en Hendrik(of Sam soos ons hom ken) vertroosting bring…alhoewel haar ou plekkie in ons harte nooit ooit gevul sal word nie. Dankie aan almal wat vir haar soooooo lief was en deel in ons pyn..elke gebed dra ons deur.

  • Annelize Schoultz

    My naam is Annelize, ek is Hendrik(Sam)se suster. Baie dankie aan almal vir die mooi boodskappe.Ons gaan vir Jo-ann baie mis. Sy het diep in ons almal se harte geklim maar veral in my kinders sn. Sy het die beste in hendrik ook uitgebring. Jo-ann ons is baie lief vir jou.

  • http://www.sarie.com Marie du Plessis

    Jo-Ann, ek was so onsteld toe ek die nuus vroeg Sondag oggend per sms van Hanlie af gekry het! Dit spook al by my van toe af. Ek is vreeslik jammer dat jy so vroeg van jou gesin en jou man af weggevat is. Ek onthou nog by die skool reunie het jy my aan Sam voorgestel. En julle het so gelukkig gelyk. Maar ons almal weet waar jy nou is. Aan Desire, Rene, Tannie Rene en Oom Harry (ek weet nie of julle my sal ontou nie), my gedagtes is by julle en elke dag in my gebede. En aan Sam, wat ek netvinnig ontmoet het, weet net die Here is by julle almal. Tyd maak die seer beter, maar dit sal nooit weggaan nie! Baie baie sterkte vir julle!

  • Erika Claasen

    Jo!!! My ma het altyd van Joy gepraat en dan’t ek verergelik haar tereggewys op die verkeerde gebruik van jou naam. Jy was net 2 jaar deel van ons personeel, maar dit was so goed. Jy het my lewe VERRYK. Jy het vir my JOY gebring.

  • Mariëtte Greyling

    Jo-Ann:Glo my,jy het diep spore agtergelaat oral waar jy gekom het. Jy is nou veilig by ons Heer, Hy sal ook ons trane afdroog met die mooiste en kosbaarste herinneringe.Aan jou liewe man, en familie, mag jul getrros word deur ons Heer.Ek brand n kers vir jou.

  • Helen van Staden

    Jo Jare het verby gegaan sonder enige kontak, maar glo my jy was altyd my droom skoon dogter net jammer dinge het nie uitgewerk nie maar aan Sam jy hetdie mees wonderlikste vrou in die wereld gehad ons dank an Ons hemelse VADER dat sy nie gely het nie…. baie sterte vir jou en weet gerus sy laat diep, diep spore in elk van ons se harte…. aan Jo se ouers en Renee dit het altyd gevoel asof ons familie was so goed het ek haar geken… Jo jou plek is leeg ons mis jou baie Tannie Helen (Werner se ma)

  • Ezelna

    Die maande loop verby en die dae sonder jou in die wereld gaan aan soos hulle se dit moet. Maar my hart bly seer en ek mis jou so baie. Ek dink aan die dae by jou huis van planne beraam teen die seuns wat ons mal gemaak het. Die drome, die pyn op my maag van al die lag. Die kerk, die skool, daar is nie n herinnering of gedagte wat jou lag nie by is nie. Jou tyd saam met ons was te kort, jy het soveel vir so baie mense beteken. Ek wonder of jy weet? Ek mis jou so baie Jo, jou hart en jou liefde vir die lewe. x

  • Car Hire Alicante

    Thank you for the work you have done into the article, this helps clear up a few questions I had.

  • Rene

    Dis al amper weer Kersfees en ek kan nie glo dis ons 3e Kersfees sonder die pragtige sprankelende Jo-Ann nie…die wat hierdie gedig gelees het…mag jy ook so ware liefde en sielsgenoot in jou lewe vind…ons mis jou steeds sussie.