Eie stories

Michelle Els se modehoekie-blog: Kate en Kate in die kollig

Die Britte is in die kollig. As dit nie Colin Firth en Christian Bale is wat albei Golden Globe-toekennings opgeraap het nie, is dit Kate Middleton en Kate Moss wat die kollig steel. Oor hulle twee word gepráát op die mode-front! Dis Kate Middleton se trourok, en dis Kate Moss deur die kameralens van Mario Testino in Testino se tiende boek; Kate Moss by Mario Testino.

(So terloops, Testino het ook die boek Diana, Princess of Wales by Mario Testino at the Kensington Palace (in 2005) gepubliseer en was ook die gelukkige fotograaf wat Kate en Harry se verlowingsfoto’s kon neem.

Die mees onlangse hoofopskrif is: Moss verjaar (lees hoe oud) en Middleton kies trourok-ontwerper!

Ten spyte van wat hulle sê oor ouderdom en modelwerk, het Kate Moss se loopbaan allesbehalwe agteruitgegaan met die jare. Sy is op 14 ontdek, en toe het Testino vir haar gesê sy’s parfuum, wat sal hou! “I met Kate very early on. Shortly after her first Galliano show I went backstage to congratulate her, only to find her crying: she was disappointed that she had only been given one outfit to model in the show. My answer to her was this: In life there are perfumes and colognes. You need to use lots of cologne as the scent fades away; with a perfume you just use a drop and it lasts all night. You are a perfume, you will go on and on. Little did I know just how true that would become! And that I had made a friend for life.” 

Behalwe vir haar eie parfuum, Kate, wat in 2007 bekendgestel is, het sy ook Kate Moss for Topshop label (‘n klerereeks) begin en haar mees onlangse versameling van dié handelsmerk is herfs/winter 2010/11. Sy het ook reeds 8 reekse advertensies vir Longchamp gemaak, en in 2010 ‘n reeks handsakke vir hulle ontwikkel.

En ja, die legendariese mode-ikoon van die dekade (volgens Vogue 2010), het Kate Moss Sondag, 16 Januarie haar 37ste verjaarsdag in Parys saam met haar kêrel, Jamie Hince, gevier.

Kate en Jamie in die strate van Parys op haar verjaarsdag

Moss het al op 30 Britse Vogue-voorblaaie verskyn, meer as enige ander model. Met haar eerste Vogue-voorblad in 1993:

Kate Moss se eerste Vogue-voorblad

 2 Van my gunsteling Vogue-voorblaaie van Kate Moss:

Desember 2000-met Moss se silouhetteVoorblad van Maart 2005

“Die, Golden Issue, Des ’00 se voorblad, waarop slegs die silhoeët van Moss se gesig wys is my gunsteling. Dit is juis Moss se misterie wat vir my haar so mooi en interessant maak.Dit hou vir my soveel simboliek; ons sien die sterre elke dag, maar ons ken eintlik maar net hulle silhoeët.

Dan is daar ook Maart 2005 se voorblad. Die bekende Patrick Demarchelie, wat ook nou die nuutste Dior-veldtog met Charlize Theron gesnap het, het díé voorbladfoto geneem. Ek is mal oor die uitdagende houding van Moss en die Britse-vlag-kleure wat so helder is, maar tog nie die blompatroon-rok, wat elke jaar ‘n terugkeer maak, oorskadu nie. “

Kyk gerus op vogue.co.uk se webblad watter een jou gunsteling is.

 
Maar vir eers genoeg oor Moss. Kate Middleton het volgens die Yorkshirepost.co.uk op ‘n ontwerper vir haar troue besluit. Die keuse kon nie ‘n maklike een gewees het nie, met ontwerpers regoor die wereld wat wat sou gee om die “trourok van die jaar” te maak. Die reusetaak (en eer) rus op modeontwerper Bruce Oldfield se skouers, volgens die gerugte, maar volgens Kate moet die ontwerper van haaar rok ‘n  geheim wees tot op haar troudag op 29 April.

Hier is twee rokke wat deur Bruce Oldfield ontwerp is: