edwin van der walt
Eie stories

Kyk wie is ons nuwe blogger!

Dis lankal tyd dat ons ’n man op ons geliefde kuierplek toelaat, een wat oorloop van energie en talent, en een wat, nes ons, met bekendes oor hul lewe en hul pad vorentoe praat en hul inspirasie deel …

In SARIE se Januarie 2015-uitgawe het ons die akteur Edwin van der Walt genoem as iemand om dop te hou (nes hierdie sterre van 2017), en sedertdien het hy nog nie ’n oomblik stilgesit nie. Inteendeel, hy het net nóg meer werk vir homself geskep.

Edwin het verlede jaar die inspirerende Rock What You Got (lees die artikel hier) geskep. Dis ’n plek waar hy onderhoude voer met akteurs, musikante, sportsterre, politici en ander buitengewone “doeners”. Hy gesels met hulle oor hul suksesse en struikelblokke en vra hul raad. Dan deel hy hierdie gesprekke in die vorm van ’n potgooi (podcast) op iTunes of Soundcloud.

Hoekom hierdie medium? “Want dit het ’n groot invloed op my lewe gehad op stil tye sonder werk of net tye wat ek emosioneel swak gevoel het. Deur podcasts te luister het ek myself met positiewe, kreatiewe en amazing mense en hul stories omring. Dis ook ’n manier om in besige tye positief te bly omdat dit so mobile is. Jy kan jou oorfone opsit en na ’n episode luister terwyl jy draf, gim, in die verkeer sit of op jou rekenaar werk. Dit is innoverend en gemaklik en maak die wêreld se verskil, letterlik.”

edwin van der walt

FOTO Verskaf

Vir die tweede reeks van Rock What You Got het Edwin groot planne. Episode ná episode gaan Edwin vir SARIE.com blog oor wat uitgestaan het van die gesprek en wat hom inspireer van dié interessante dromers en doeners. Op sy splinternuwe webtuiste sal jy ook sien dat jy nou hierdie gesprekke op YouTube kan kyk.

Edwin het die nuwe seisoen gister op Vrouedag bekendgestel en laat die klem in die eerste episode op vroue val. Hy moedig kykers aan om te dink oor hoekom Vrouedag gevier word en wat vroue spesiaal maak. Dit is geen wonder dat ons by Edwin aanklank vind nie – iemand wat vroue vier is beslis in ons goeie boekies!

Raai wie is eerste in die gesprekstoel vir seisoen 2? Leandie du Randt-Bosch!

edwin van der walt

Die manier hoe sy haar hart oopmaak, rou en eerlik haar hart deel, gaan baie vroue (en mans) se lewe raak en beïnvloed glo ek. Die moeilikste seisoen in haar lewe is by minuut 42. Sy het twee wat sy noem en dit is ongelooflik om te luister hoe sy deur hierdie tye gekom het. Ek glo dis iets wat min mense geweet het van haar maar baie mense gaan kan vereenselwig en leer daaruit. – Edwin

Kyk Leandie du Randt-Bosch se opname hier

Jy kan uitsien na nog praatjies met Neels van Jaarsveld, Amalia Uys, rugbyspeler Frans Malherbe, aktrise Erica Wessels, akteur Bennie Fourie en vele meer!

Lees nou

Ons is opgewonde oor De Klerk Oelofse

Brendan Peyper: ‘Ek wil net real wees’

Leandie deel haar gunstelinge