Eie stories

Leef nóú voluit

Is jou voornemens vir 2009 op die yskas geplak of dalk in ’n dagboek opgeteken? Stres ons al klaar dat ons nooit met als sal volhou nie, net soos met die meeste voornemens van die vorige jare?

Ek kruip saam met my nege maande oue seuntjie die hele huis vol. Hy leer loop en ek moet oral keer. Met dié dat ek letterlik op my knieë is, besef ek die lewe gaan oor baie meer as om mooi of maer of ryk of suksesvol te wees.

Skielik begin ek lekker uit my maag lag, net soos my baba dit doen. Waarom stres ons tog so oor aardse goed? En net daar besluit ek om saam met my man en kind weer die mooi en die humor in die lewe te sien, mekaar te waardeer en te geniet!

Elizna Erwee, Kimberley