anton_de_beer
Eie stories

Lesersbrief: Die skoolsnoepie

Ek is ’n jong onderwyseres, en skoolhou is my passie, saam met oefen en gesond eet. Maar met vandag se snoepwinkels is dit vir my so moeilik om positief te bly oor ons skoolstelsel.

Gedurende ’n kind se skoolloopbaan word soveel klem geplaas op prestasie en om die beste te wees dat ons leerders se gesondheid in die gedrang plaas.

Snoepwinkels by skole verkoop gewoonlik net gaskoeldrank, sjokolade, pasteie, oliebolle, fudge en ander soetgoed. Hoe verwag ons om suksesvolle leerders te kweek as ons hulle nie basiese gesonde eetgewoontes kan leer nie?

Hoe kan ons van leerders verwag om te presteer as hul lyf skree van al die gemorskos wat hulle bedags by ons skole koop? Ek wil graag help om ons kinders van ’n ongesonde leefwyse te red.
Juffrou, Lynnwood