Eie stories

Lettie Conway van Warner Beach, skryf:

“Ek het jou lief”

Saggies luister ek na jou woorde

jou sagte stem verlam my binneste

“Ek het jou lief” in verskillende akkoorde.

Verlore en gelukkig in my drome,

soos die ego van jou stem

weerklink tussen boom en

glinsterende waterstrome.

Verwondering verlam my liggaam.

My hart hou op klop.

My arms word gevoelloos.

My bene kan nie beweeg.

Alles word stil in my

soos ’n skildery van liefde

in my hart geraam.

As ek my oë sluit …

net ’n oomblik, ’n sekonde

hoor ek geen geluid.

Net die woorde: “Ek het jou lief”.