phyllis_401_
Eie stories

Namibië ná ‘n reënbui …

Donderweer in Namibië …

Dis heerlik aan die ander kant van so ’n reënbui. Die warm, dors aarde is weer ’n slag versadig. Die voëltjie se geklets ná die opgewondenheid van die storm word ver gehoor. Ons was netnou almal hier vasgekeer, elkeen in sy skuiling – mense, voël, geitjie.

Dit laat my dink aan my ouers se skeisaak, ’n nuwe begin, angs oor die onsekerheid, selfs woede oor die hardheid van die lewe wat dreig om jou bestaan te vernietig. Net soos donderweer.

Dis universiteitsvakansie, maar ek weet nie wat om te doen nie, waarheen en na wie toe om te gaan. Miskien moet ek maar net op die stoep bly sit, wag en kyk hoe lyk dit aan die ander kant van die reënbui.

Anoniem, Windhoek