img_2760
Eie stories

Ma wat oorsee werk skryf aan haar SA-dogters

My selfoon lui en my twee oudste spruite lig my in dat hulle die oueraand by hul jongste sussie se skool op Stellenbosch bygewoon het. Hulle speel ma.

Dankie vir drie pragtige dogters, bid ek. Dankie dat hulle my toelaat om in die buiteland te werk sodat ek ons gesin finansieel bymekaar kan hou, en my waardigheid weer kon terugkry nadat ‘n pa uitgestap het op ‘n ongelooflike gesin.

Die hartseer is by rukke groot, die trane baie, maar ons bande is heg. Dit is ‘n voorreg om ma te wees van drie dinamiese jong dames.

Helene van Schalkwyk
Kaïro, Egipte

Foto (van links): Hendrien, 25 jaar (Matie M-student), Emily, 23 jaar (Kriminologie en Sielkunde-student by UNISA) en Jacome, 16 jaar (Bloemhof-koshuisganger).

  • Zenobia Swart

    Dis ‘n ongelooflik inspirerende brief! Welgedaan aan die mamma wat nie terugdeins van hierdie verantwoordelikheid nie. Juis omdat sy so ‘n voorbeeld is, wat sy dan ook sulke wyse dogters het. Hulle volg haar voorbeeld en sal verseker net so sterk anderkant uitkom.

  • Marina Bester

    Ongelooflik !! Ek weet hoe dit voel – my seun gaan ook in Kaapstad skool, terwyl ons in Zambia woon ! Gelukkig het ek daar ‘n engel, my dierbare sussie wat na hom omsien. Sy vervul maar al my pligte as ek nie daar kan wees nie, alhoewel ek darem probeer om een keer ‘n kwartaal te gaan. Baie dankie aan wonderlike mense soos sy. Ons kinders leer net om op ‘n baie vroee ouderdom volwasse te wees !!! Sterkte Helene – ek bewonder jou !!

  • Marianne Willemse

    Welgedaan mamma, eks is in dieselfde omstandighede, woon in Dubai nadat my man selfmoord gepleeg het. Ek het ook 3 fantasiese dogters in SA en geen mens wat nie self hier deurgaan nie kan moontlik verstaan waaroor dit regtig gaan nie. Die opofferings en verlange wat ons liefde noem. Die 2de kans wat ons met ons dogters se aanvaarding vir ons self skep,hul is so braaf en selfstandig daar ver, kyk so mooi na mekaar. Vir ons is dit ook ‘n finansiele uitkoms, maar nie maklik nie, baie trane. Ja mamma, ek verstaan maar te goed……………. jy is in my gebede.

  • Ilona Schreuder

    Ek bid vir jou vir krag and moed en is seker dat jy omring is deur kinders van die Here wat oneinding lief is vir jou!

  • Estelle Taljaardt

    Ek is ook van Stellenbosch in self opgelegde ballingskap Suid Korea. My seun is in matriek in Paul Roos en my dogter in gr 9 in Bloemhof. Gelukkig het hulle ‘n ongelooflike pa, wat sy werk en my werk doen – ek is so dankbaar daarvoor. En vir my wonderlike kinders wat sterk staan en hulself ten volle uitleef.

  • Dawne

    Dit is wonderlik om te hoor dat familie bande op so afstand so sterk is. Ons is in Bahrain, my seuns is 21 en 22 en in Suid Afrika. Ek verlang my dood na hulle en ons pragtige land. Groot mag die seuns wees maar nie selfstandig nie. Gelukkig is daar ‘n ouma wat nog werk en hulle kan bystaan. Sy is ‘n engel. Sonder my Ma sou my lewe, my seuns se lewe, die wereld ‘n armer plek wees. Dankie Moeks dat jy ons bystaan in die tyd!

  • Emmarie Butler

    Aan die ma’s en dogters wat in die Ooste werk…. ek haal my hoed af en salueer julle. My dogter werk in Abudhabi en die kultuurskok was erg, die impak van die woestyn op die klimaat, die stofstorms, die ewige aircons wat almal daar alewig siek maak, en dan natuurlik die afstand. Maaaar dankietog vir Facebook en tegnologie! Dit maak alles uithoubaar.

  • Lianne Venter

    Ek is trots op VROUENS! Ons staan ons plek vol, met of sonder mans aan ons sye. Die wereld is oop vir ons – luister net na waar almal werk en lewe! Ek is self getroud en ons werk ook in die buiteland, sentraal Mosambiek. Ons wonderlike , selfstandige kinders is ook altwee in SA en die verlange is vir ons ook erg. Ek sit nou net en wonder…. se nou net al die energie van al die dinamiese vroue, wat om watter rede ookal, hul heil elders moes loop soek, kon weer teruggeploeg word in ons eie geliefde SA. En se ook nou net, al die mans bring alles wat Angus Buchan vir hulle leer tot uitvoer, wat sou die situasie dan kon gewees het?

  • http://www.sarie.com Angelique

    Ek is n dogter wat weg is van die huis, in Kuwait. Nadat my man uitendelik werk gekry het, het ons besef ons kon nie huis toe gaan vir die sommer vakansie. Baie teleurgesteeld, het ons maar planne gemaak om my ma’le hierna toe te bring. Dit is definitief nie die beste tyd om familie oeste toe te bring nie, maar niks sal die verlang tussen ons keer nie. Ek het besef dat daardie omblikke meer kosbaar is.

  • Zollverein

    Ek haal my hoed af vir almal wat vrou is, wens net ek kon ook my goed oppak en oorsee gaan werk vir ‘n beter toekoms vir my en my kinders. Ongelukkig het ek nie die finansies om dit te doen nie en wie wil nou ‘n sekretaresse uit SA hê as daar een in hulle land is? Wel, sterkte aan Helen en haar kinders en ook die ander wat so ‘n besluit kon neem en uitvoer. Julle is merkwaardig!

  • mienkie

    Kan iemand my dalk help om ‘n agent te kry om my seun te help om werk te kry oorsee? baie dankie

  • Daleen Pretorius

    Ons woon in Prescott Arizona, semi-woestyn. Weg van Somerset Wes en die see waar ons dogter Thandi steeds woon. Sy is 23 en weier om in die VSA te kom bly. Ons mis haar en dit is baie moeilik en die trane-krane werk oortyd maar ons was bevoorreg om haar hier te gehad het vir ‘n white Christmas. Sy het haarself gate uitgeniet maar was bly om te kon teruggaan na son, see en braaivleis. (en natuurlik die jongetjie wat haar hart vashou). Dankie vir my liewe broer wat haar help, haar vashou as die verlang te erg word en maak nie saak wat gebeur nie hy is altyd die steunpilaar wat sy nodig het. Hy is familie. Dankie broer. Ons waardeer dit. Pretorius-gesin.

  • Piet van Vuuren

    Ek haal my hoed af vir n vrou wat so alleen oorsee kom werk,kyk ek is n getroude man wat in Saudi Arabia werk gaan 3 keer n jaar huistoe,gelukkig is my twee seuns al groot en werk maar dis erg mense ek is nou al n jaar en half hier en elke keer as ek terug kom na n vakansie is dit erger nou hoe moet dit voel vir n alleen vrou met kinders by die huis.Vrou ek glo jy moet krag van bo kry want alleen kan mens dit nie doen nie

  • FRANNIE TEL 0823163350

    EK DINK HUL HET WONDERLIKE ONDERSTEUNING VAN HUL KINDERS EN FAMILIE. MY SEUN IS TANS IN MATRIEK EN WIL GRAAG 2011 OORSEE GAAN WERK, MAAR EK AS ENKELOUER HET NIE DIE FINANSIES OM SY DROOM TOT UITVOER TE BRING NIE. AS EK KON SOU EK HOM MET N GERUSTE HART STUUR WANT EK WEET SY WORTELS IS IN SA EN DAT HY N KIND VAN GOD IS ,MAW HY SAL ALTYD WEET WAARHEEN AS HY VERLANG OF MOEDELOOS VOEL. STERKTE VIR JUL WERK OORSEE! EN GENIET DIT, DIT GAAN ALTYD N KOSBARE HERINNERING OP JUL OUDAG WEES!

  • http://ovjpzfhlkcfz.com/ iwwqjnwq

    9aU8Da grrollwsvdfa, [url=http://wpxylkjovxyc.com/]wpxylkjovxyc[/url], [link=http://puzhabiohphd.com/]puzhabiohphd[/link], http://iqglrvtauayx.com/

  • Hannes Rudolph

    Ek self is ‘n 64 jarige man wat nie vir my oudag gesorg het nie. Die Here is goed vir ons, ek werk vir ‘n baie klein salaris kan nie eers deur die maand kom nie. Soek werk oorsee en bid en hoop om dit te kry.
    Aan Helene wil ek net sê, byd vas. God is met jou.

  • Nellie

    Kan iemand ‘n agent aanbeveel om ons te help met werk oorsee vir my seun. Hy is besig met sy honeursgraad deur IMM (International Marketing Management). Baie dankie.