nelsonmandelaphoto
Eie stories

Mandela-dag 18 Julie – gee van jouself!

“Ons het saam geveg vir vryheid en geregtigheid. Mandela-dag is geensins anders nie. Dit is in julle hande om ‘n beter wêreld vir almal wat daarin woon te skep.”

Dit was Madiba se woorde tydens ‘n video-onderhoud vir Mandela-dag, berig die Mail & Guardian.

“Ons hoop dat mense hulle tyd sal afstaan om ander mense in hul gemeenskap se lewens beter te maak.”

Oud-president Bill Clinton het Dinsdagaand ‘n gala-ete ter ere van Madiba in die Vanderbilt-saal in New York gehou. Madiba se vrou Graça Machel, wat die geleentheid bygewoon het, het gesê dat Mandela-dag ons daaraan herinner dat as ons regtig wil, ons wonderlike dinge kan verrig.

Die wêreld hou k’sert!

Die Mandela-dag-konsert op Saterdag 18 Julie by die Radio Music City Hall in New York beloof om een groot opskop te wees, met van die wêreld se bestes agter die mikrofoon – Stevie Wonder, Cyndi Lauper, Josh Groben, Carla Bruni-Sarkozy, Gloria Gaynor, Alicia Keys, Queen Latifah en Will.i.am, om maar ‘n paar te noem. Whoopi Goldberg is die gasvrou vir die aand.

En uit SA is die beste kunstenaars ingevoer om Madiba se hart warm te laat klop:

  • Yvonne Chaka Chaka
  • Chris Chameleon
  • Freshly Ground
  • Loyiso Bala
  • Vusi Mahlasela
  • Jesse Clegg
  • Soweto Gospel Choir

Wat gaan húlle op Mandela-dag doen?


Die LP’s?

Hulle gaan grotendeels gemeenskapswerk doen – skole, klinieke en hospitale verf en opknap, klere vir arm kinders gee, groentetuine by skole begin, pasiënte in hospitale besoek, boeke en tydskrifte vir biblioteke versamel en help met kos-skemas vir skole.
President Jacob Zuma
Hy gaan sy dag in Ivory Park saam met senior burgers deurbring.

Pieter Koen
“Ek gaan Saterdag 67 minute vat om my klerekas uit te pak en al die klere wat ek lanklaas gedra het, selfs die sentimentele items, in ‘n boks sit en by Genadeplaas (‘n hawe vir armes) in Pretoria aflaai.”

Amor Vittone
Sy, Joost en die kinders gaan na ‘n kinderhuis in Johannesburg waar hulle vir die kinders gaan stories lees en lekkers uitdeel.

Liezel van der Westhuizen
Sy gaan by die Abraham Kriel-kinderhuis sorg dat die kleintjies gebad en aangetrek word vir die aand.

- Die Burger


‘n Paar idees…
  • Besoek jou naaste kinderhuis, hospitaal, ouetehuis of gemeenskapsentrum en bestee ‘n uur van jou tyd daar.
  • Vind uit of skole in jou omgewing skryfbehoeftes nodig het
  • Kook ‘n pot sop of berei ‘n maaltyd voor en neem dit na jou naaste nagskuiling
  • Reik uit na vriende en familielede wat jou ondersteuning nodig het

So, wat gaan jy op Mandela-dag doen? Vertel vir ons (vul die kommentaarboks hieronder in).

Of maak jou eie video – klik hier

  • Racel Smith HOD Grondslagfase Winburg Hoerskool

    Ons Grondslagfaseleerders gaan op mandela dag die hospitaal, 2 klinieke en die Mooiuitsig sentrum vir bejaardes besoek. Ons gaan vir hul kaartjies maak en sjokolade uitdeel en sommer vir hulle lekker sing. Ons sien baie uit daarna