love_letter_daisy
Eie stories

Marcelle Hayden van Sasolburg, skryf:

Ek skryf vir jou ‘n liefdesbriefie vir die mooiste tye en saamlag-dae vol plesier.

Vandag voel vol nuwe lewe. Gister is vergete.

Jy het vertel jy droom van my. My hart het bokgespring, my asem was skoon weggeslaan. Toe vra jy my om met jou te trou. En vandag, ná 10 jaar, is ons steeds getrou aan mekaar. En al is daar silwer hare en jou jare wys, wil ek elke dag langs jou wees, en onder sterre oor ons drome waak. 

Soms kan ek in stilte net na jou kyk, dan weet ek jy is van Bo gestuur. Ons lewenspad is uitgelê en niemand kan dit keer nie.

My Lief, dankie vir al die mooi tye saam.