Eie stories

Marion Holm se beste foute

Ek was ’n emosionele ‘baba’. Ná vyftien jaar het ek teruggekeer. Ek het gou besef ek het baie gegroei in al die jare buite die bedryf. Ek kyk met dankbaarheid terug, al is ek nou ‘agter’.

Toe ander hul loopbane gebou het, was ek onder meer museum-assistent en skakelbord-operateur.Maar ek het myself leer ken.My identiteit hang nie van my beroep af nie. My ‘fout’ het my tyd gegee om groot te word. Ek staan fier in dié kritiese,mededingende bedryf. Ek hét ’n loopbaan, juis omdat ek al die jare die bedryf verlaat het.

Plus: Ek het in vyftien jaar sóveel stories bymekaar gemaak dat ek nóg sewentig vertonings kan doen!”