Eie stories

Mathys Roets se eerste TV-onderhoud op Kwêla

Op 6 April vanjaar het Mathys Roets se lewe onherroeplik verander toe hy ná ‘n motorfietsongeluk die gebruik van sy bene verloor het. Sy eerste TV-onderhoud hierna was met Coenie de Villiers op Kwêla, vanuit die rehabilitasiesentrum waar hy terapie ondergaan. Hy vertel vir Coenie wat tydens die ongeluk gebeur het en hoe hy stadig, maar seker besig is om te herstel. Hy meen dis die ondersteuning van sy vriende en familie wat hom deur sy beproewing dra.

Coenie gesels ook met sy seuns en Mathys vertel van die ongelooflike ervaring toe hy sy verskyning by die konsert vir Mathys in die Aula-teater, Pretoria, gemaak het.

Klik hier vir die Kwêla-insetsels.

Lees ook oor Coenie de Villiers se onlangse prestasies.

  • Mathys, hou aan sing….. Leonard Cohen is ons favourite songs van jou….
    Hou aan sing vir ons!!!!!! Tata Suzette Laten