sr0809melanie01white
Eie stories

Melanie du Bois se boodskap aan SARIE-lesers

 En ‘n baie spesiale dankie aan elke liewe leser wat haar hart vir my oopgemaak het, en saam met my gehuil het. Die oorweldigende reaksie het my pyn ‘n doel gegee, en vir vroue wat sukkel met onvrugbaarheid het dit ‘n stem gegee. Soveel vroue het my voorgekeer om hul eie storie met my te deel, of die storie van ‘n geliefde.

Ek het nog altyd alleen gevoel en om hierdie dagboek te doen was regtig vreesaanjaend. ‘n Mens weet nooit hoe mense sal reageer nie. Aan al daardie vroue wat, soos ek, daarna smag om ‘n baba te hê – ek wens jou moed en sterkte toe om te hanteer wat ookal oor jou pad kom.

God se seën”

Melanie

In die Augustus-uitgawe van SARIE skryf Melanie haar laaste dagboek-inskrywing. Nóú te koop!

Lees haar ander inskrywings:

Deel 1

Deel 2

Deel 3

Deel 4

  • Riana Sinden

    Baie sterkte, Melanie. Ek en my man (na baie lang besprekings) het ouers geword danksy die ICSI roete (emotional rollercoaster!). My babadogtertjie is nou 6 maande oud. Ek dank die Liewe Vader elke dag vir ons pragtige geskenkie en wens ek kon vir haar ‘n maatjie gee. Ons het daarteen besluit om weer swanger te word; die eina/terleurstellings, die hoop en trane van terleurstelling en blydskap sal ons altyd by bly. Cara was deel van ‘n tweeling, maar agv komplikasies het ons haar boetie/sussie verloor. Aan alle mammas wat smag vir ‘n bondeltjie liefde, ek wens julle alle sterkte! ‘n BAIE GROOT dankie aan Ginomed en Wilgeheuwel wat ons droom verwesenlik het. En ‘n innige, onstettende groot dankie aan ons Hemelse Vader …

    Vriendelike groete,
    Riana
    Johannesburg

  • Denise Levendal

    Hi Melanie

    Ek het vir jare,vanaf 1994 die proses om ‘n eie baba te he,deurgegaan.ICSI,Invitro-bevrugting en vroedvrou rate.Dit was ‘n tydperk van trane,ek huil as iemand ‘n kind leed aandoen,ek huil as ‘n kind huil,ek huil as die toets negatief is,ek huil as ek weereens vir sonar toetse en inspuitings moet gaan.Ek moes elke keer ‘n rit van 400km aanpak om die proses deur te gaan.In 2002 het weereens ‘n brief vir Prof.Tinus Kruger gestuur,waarin ek hom inlig dat ons weer gereed is om die proses deur te gaan,dit was Januarie 2002.Einde Mei 2002 kom die brief onafgelewer terug.Op 17 Junie voel ek verskriklik siek,sinusontsteking alweer,Dr gee my medikasie daarvoor.Na ‘n pr dae is ek terug om vir Dr. te se,nee man die medikasie het niks beteken nie,ek voel nog steeds siek.Oudergewoonte soos my Dr. al oor die jare doen,’n swangerskaptoets.Toe hy weer in die deur verskyn wys Dr.my sy arm,"kyk hier se hy my arms is vol hoendervleis."Hoekom vra ek,jou swangerskaptoets is positief,se hy.Ek dink nie ek het hom geantwoord nie,want al wat ek kan onthou was dat ek die heelpad huistoe gehuil het.Ek kon my man eers die aand 12h meedeel,want hy het in die buiteland gewerk.Wat ek hiermee wil se is,God het ‘n tyd vir alles,alles gebeur op sy tyd.My pragtige seun is op 4 Februarie 2003 met ‘n keisersnit in die lewe gebring en sy boeta op 23 Desember 2004 sonder enige mediese hulp.Hulle herinner my elke dag daaraan dat God goed is en elkeen se hartsbegeerte ken.Ek dank God elke dag vir my twee pragtige seuns.

  • Eldridge

    Hi my naam is Eldridge en wil graag met Corne vitor in verbinding tree is daar moontlik email address van haar dis inverband met die inviro trust wil graag weet hoe dit werk en wat moet mens doen om aansoek te doen, Ek en my vrou probeer nou al vir 9 jaar maar niks werk nie en geld is daar ook nie vir behandeling nie HELP VIR ONS ASB email address is ecreeding@gmail.com

  • http://wnscdnpmhsnu.com/ jhupgysro

    TLWsqM xjdrjploquzn, [url=http://vpbtyyidswuj.com/]vpbtyyidswuj[/url], [link=http://itmqxixcgqfm.com/]itmqxixcgqfm[/link], http://lmexizcbridl.com/