fifty-shades-300
Eie stories

Melanie Griffith se dogter in Fifty Shades of Grey-fliek

Ná maande van bespiegeling en kopkrappery oor die perfekte hoofkarakters is die soektog uiteindelik verby en het die Briste skrywer van die boek, E.L. James, bekend gemaak dis Dakota Johnson en Charlie Hunnam.

Fifty Shades of Grey groter as Harry Potter en Dan Brown

Dakota (23) is die dogter van die Miama Vice- en Nash Bridges-akteur, Don Johnson, en die aktrise Melanie Griffith. Sy het in die Facebook-fliek The Social Network gespeel, waar sy in ‘n liefdestoneel teenoor Justin Timberlake te sien was, en het ook kleiner rolle in 21 Jump Street, The Five-Year Engagement en Beastly gehad.

Dakota Johnson

Die vervaardigers van die filmweergawe van Fifty Shades of Grey het op Dakota besluit omdat hulle ‘n jong, opwindende aktrise wou hê om die rol van die maagdelike Anastasia te speel, wat haar in ‘n intense seksuele ontdekkingsreis met haar baas Christian begewe.

Regisseur van Fifty Shades of Grey-fliek aangekondig

Ma Melanie, wat vreeslik trots is, het dit selfs op Twitter aangekondig:

Charlie Hunnam het die rol losgeslaan nadat gerugte lank die ronde gedoen het dat Robert Pattinson (Twilight) die rol van Christian Grey sal speel. Charlie is bekend as die rowwe motorfietsryer Jax in die reeks Sons of Anarchy. Hy het ook al in ‘n reeks ander flieks gespeel soos Green Street Hooligans en Deadfall.

Charlie Hunnam

WAT DINK JY VAN DIÉ KEUSES?