Eie stories

Michelle Els blog: Hoe dra ek die groot trends?


Dít is, voel ek persoonlik, vir die loopplanke bedoel. Soos met Suzaan Heyns se reeks by die Johannesburg Modeweek 2011, waar sy haar eie interpretasie van die Black Swan op die loopplank uitgeleef het.

Maar hoe dra jy nou eintlik die Black Swan-tendens sonder om die mense om jou skrik te maak?

‘n Trend is nie net die klere nie, dis van jou kroontjie tot jou toontjie. Dis jou grimering, jou hare, jou klere, jou bykomstighede en, natuurlik, jou skoene!

Ek vertel jou hoe:

UITRUSTING

 

Omdat die voorkoms baie maklik hard kan lyk is dit belangrik om vroulike elemente in te bring. Soos die swart mini in lae sagte materiaal (links). Dra dit saam met ‘n eenvoudige swart of wit tenktop. Kyk ook uit vir rokkies – soos die swart-en-wit een hier links – wat styf sit teen die bo-lyf maar onder ’n bietjie meer uitskop.

Vir juweliersware is diamanté en silwer die perfekte keuse om die BS-voorkoms te versag. Pienk en swart juweliersware, soos die ringe op die foto links, is ook ‘n wenner by dié voorkoms.

Skoene: Kies hoëhakskoene vir ‘n formele geleentheid en plat skoene, soos dansskoene, vir ‘n meer informele styl. Hou by swart  of natuurlike kleure soos bruin en grys skoene en onthou dat jou skoene die voorkoms kan maak of breek.

foto’s facebook.com

of the-fashion-library.com

GRIMERING

 

Algemeen: Kies ‘n onderlaag-skakering so na moontlik aan jou eie velkleur. (Onderlaag moet dus altyd natuurlik aangewend word.)
Lippe:  Vir die Black Swan-voorkoms is ‘n natuurlike lipkleur die beste. Jy kan selfs ‘n tikkie onderlaag oor jou lippe sit om ‘n naakte (nude) voorkoms te kry, met glans bo-oor vir lewe.
Oë: ‘n Swart, rokerige kat-oog is die perfekte keuse vir ooggrimering. Met maskara vir afronding.
Wange: Wend tikkies ligpienk blosser op die bol van jou wange aan.

HARE

Vir die Black Swan-voorkoms kan jy jou hare in ‘n kantpaadjie kam en in ‘n bolla vasmaak, of die vlegsel bo-oor die voorkop dra, soos die model in die advertensie vir Narciso Rodriguez for her-parfuum.
foto:narciscorodeiguez.com
  • EMAUMy bhooylhqbybz, [url=http://idbosowkpkrc.com/]idbosowkpkrc[/url], [link=http://qippcxedhsrc.com/]qippcxedhsrc[/link], http://jaoywpmltali.com/