sr1108cover02final03
Eie stories

Milan blog: “My Otter-droom hang aan ‘n draadjie”

Ek vermoed dis die verlede wat my nou inhaal. Ek onthou dat ek so 10 jaar gelede met my Vespa geval het. Ek was op pad huis toe ná ‘n dag op stel van die kykNET-reeks Dit wat stom is. Akteur Steven van Niekerk het nog aangebied om agter my aan te ry omdat dit al skemer was. Ek het oor die los gruis gegly en ek moet erken ek was meer bekommerd oor die skraap aan my ego as die skraap aan my knie.

Dis moeilik om vir jou te verduidelik hoekom hierdie wedloop vir my so belangrik is. Jy argumenteer dalk: Die fondse is ingesamel en danksy hierdie projek is soveel meer mense nou van die Tygerberg Kinderhospitaal bewus. Ek weet dit is so, maar my persoonlike uitdaging lê tussen die bergpieke van die Tsitsikamma. Dis dáár waar ek myself wou wys wie ek is en waarvan ek gemaak is.

Môre is presies ‘n maand voor die wedloop. Ek sou Sondag vir oulaas vir 5 ure oor en om Tafelberg gaan hol het, met net ’n paar korter afstande in die volgende drie weke. Maar ek moet nou eers die oefenprogram halt roep. Die ortopeed het my met ’n waarskuwende wenkbrou laat belowe dat ek nie sal hardloop tot ons die uitslag volgende week het nie. Ek mag fietsry en swem. Ai tog. Net gister giggel ek vir hierdie aanhaling:”Let’s have a moment of silence for all those who are stuck in traffic on their way to the gym to ride stationary bicycles”. Nou gaan ek die een wees wat 5 ure in die gimnasium deurbring! Want dis hier waar my hardegatgeit inskop. Oefen sal ek vir 5 ure oefen.

Ek hou angstig asem op om te hoor wat die dokter se. Tog, diep in my binneste weet ek dat ek op 15 Oktober by daai wegspringpunt gaan staan met ‘n sak op my rug en ‘n wil in my hart. Hoe ver my bene my gaan dra, is ’n saak vir die gode …

Groete van huis tot huis,

Milan

  • Annie

    Sterkte, ek hoop van harte jy sal die wedloop kan hardloop. Indien nie, was jy steeds n inspirasie vir baie, selfs ek het my Nikes afgestof en weer begin hardloop, want as Milan dit in haar besige skedule kan inpas, kan ek ook!

  • Milan Murray

    Danke Annie!! Dis darem n immerse stryd wat ons almal het! As ons net eers oor daai eerste hekkie is, dan geniet ons die oefen. Maar jinne, om daar te kom!! En is mal oor die aanhaling: The only thing worse than running, is not running. Net n hardloper sal my glo!! Groete.

  • Elize

    Ag dit is jammer man, baie sterkte met die besering!

  • Mariëtta Coetsee

    Jy moet net vasbyt girl, ons almal cheer vir jou!!

  • Lorraine Redpath

    Sterkte en bid vir jou! Hoop jy kan gaan hardloop want jy is "n inspirasie.

  • ILANA EHLERS

    STERKTE DINK AAN JOU.

  • Hermina Minnie Milushev

    Sterkte as jy nie kan hardloop nie…loop dit. Op die einde is dit die wil wat tel. Net n opinie…jou dokter sal defnitief nie saam met my stem nie.

  • René Engelbrecht

    Jy bly nog altyd een van die pragtigste meisiemense wat ek ken – en talentvol daarby. Jammer van die knie. As dit jou kniehalter (pun intended), moet jy maar vrede maak daarmee en dink aan al die ander dinge waarmee jy geseën is. Baie liefde. Juf. René

  • karien

    Ek volg nie gereeld jou blog nie, maar ek swem die Midmar myl nou al vir 3 jaar en het ook maar my persoonlike uitdagings (paniek in die oop water, skouer, nek wat pla, ens – het eers op 50 begin swem!) …. maar ek haal my hoed vir jou af – wat jy aanpak, is nie vir sissies nie …. ek weet jy wil nie nouu fiksheid verloor nie, maar pas jou op … doen wat die dr se …. jy sal wel weet wat jy moet doen … bewonder jou moed …

  • Milan Murray

    Dankie almal! Karien, ek bewonder jou guts. Die enigste rede hoekom ek nie die Ironman wil waag nie is daai oop water. Ek sal verseker versuip! Groete!

  • Mari Maree

    Ek en my man ry baie fiets. Hy het voorberei vir die Cape Pioneer hierdie jaar toe hy sy rug ernstig beseer het. Hy het intussen ‘n operasie gehad en sy fietsry is nou verby vir ‘n jaar. Ons is deur die hele spekrtum van emosies maar die slotsom is dit: alles gebeur met ‘n doel, wat ‘n mens nie dadelik kan insien of wil raaksien nie. Verder leer mens so baie van jouself en van die lewe daardeur. Sterkte en hoop jy kan nogsteeds jou doel bereik want dit gaan oor ander mense en nie jouself nie. Ek bewonder jou!!

  • Lagrenux

    - generic cialis
    [url=http://buycialisusa.com/#mwww.sarie.com]buy generic cialis online
    [/url] Erectile dysfunction (ED) or at times it is referred to as masculine ineffectiveness is the carnal unrest when the man is not talented to attest to the penis erection benefit of the aid of enough everything fact of bodily activity.

  • Dorothil

    ???? ??????! ????? ??????? ? ???? ?????? ???? ????? ???? ??? ?????? ???? ???? ?????, ? ??????? ????????? ??????? ?? ? ???? ????, ????????? ????????? ? ??????????? ??????? ???????????, ?????? ???-???? ??????? ?????? ???????? ????????? ???? ?????????? ??, ??????? ? ???? ? ????? ?????? ????? ????? ????? ? ??????, ????????????? ?????????, ??????? ????? ?????? ??????? ???????? ??????? ???????? ? ??, ? ???? ????? ??????? ???? ? ?????? ???, ?? http://x-hack.ru ?????? ?????, ?? ????? ????????, ??????????? ??????? ?? ??????? ???????? ? ??????, ??????.

  • toptops

    Ytz535 Been a busy weekend, but I took a little time to refill the ?Gun Death?? magazine as it ran dry with this morning?s post. Was talking about a few of the upcoming stories that I?m particularly impressed with, and she

  • vasiaasf