ss0109blomme2
Eie stories

My spesiale leerders in Hong Kong

Hulle is anders, maar spesiaal, skryf Celia in Desember 2008:

“Ek het voorheen nog net gehoor van en gelees oor outisme, en nou is hier drie outistiese seuntjies in my gr.1- en 2-klasse. Die outjie in gr.2 se naam is Tony. Sy pa is baie betrokke by die skool en ek sien hom gereeld by die skoolgesellighede. Met Kersfees het hy Kersliedere vir die leerders op sy kitaar gespeel. Soveel talent, die Kavalier en Trevor Nassar kan kom kers opsteek by hom. Ek moes myself bedwing om nie in ’n klipharde frommelgesig-tjank oor te gaan nie. Dit was immers my eerste Kersfees in ’n vreemde land en die kindertjies het “Kom herwaarts, getroues” (in Engels) gesing.

Tony het óf sy pa se musiektalent geërf óf hy is geïnspireer deur sy pa se liefde vir musiek, want hy kan nie behoorlik lees of skryf nie, maar hy’s ’n tromslaner van formaat. Die skoolorkes, wat uit volwassenes en kinders bestaan, spog met saxofone, trompette, klarinette, en Tony het sy volledige stel tromme. Perfekte ritme … en hy’s net in gr.2.

In die klaskamer druk hy soms sy ore met albei hande toe as die lawaai te veel word. Soms slaan hy homself met die vuis en sy gesig vertrek van ingehoue (wat vir my lyk soos frustrasie). Maar as hy die tromme slaan, is sy gesig ernstig maar tevrede, want dis nie lawaai nie, dis ritme. 

Peter, in gr.1, is ook outisties, maar briljant. Hy skryf en lees vlot en vra vrae wat te intelligent is vir ’n kind van sy ouderdom. Maar die geringste dingetjie kan hom laat ontplof. Hy sal opspring en huilend en skreeuend weghardloop. En om dan met hom te probeer redeneer of om hom te kalmeer is ’n verlore stryd. As hy ontplof, klim en klou woede en rou frustrasie op sy gesiggie vas. Daarom is almal maar versigtig en probeer om in sy goeie boekies te bly. Selfs in sy kalm oomblikke, is ek bang vir Peter, baie bang vir die volgende intelligente vraag wat hy gaan vra, wat my vir nog ’n nag gaan wakker hou, tastend in die donker na ’n intelligente antwoord!

Dan is daar Dick, met ’n brilletjie en vet lyfie en 70% van die tyd in sy eie wêreld. Party dae kan hy byhou met die res van die klas. As daar ’n glimlag is, weet ons hy is hier. Maar net so skielik begin hy sy kop ronddraai en dan kan jy maar met hom praat, hy hoor jou nie, want hy is op planeet Dick.

Een dag tydens een van sy helder oomblikke, maak die res van sy klas maskers, en moet hulle dit uitknip. Ek merk dat Dick in die lug sit en knip met albei sy hande. Ek vat sy pofferige vingertjies, druk hulle op die regte plekke in die skêr en wys vir hom hoe om dit oop en toe te maak, terwyl die klasonderwyseres aandag aan die res van die leerders gee. Ná groot inspanning en ’n lang gesukkel besef Dick hy het self geknip – sy glimlag is breed, en my blydskap is groot (veral omdat ons albei se vingers nog bloedvry was, want die skêr het kort-kort na my vingers gehap). “Wow Dick, you’ve cut this out yourself, now you can stick it.”  “Dick, Dick!”… maar Dick staar al weer teen die dak vas, en ek plak maar self die papiertjie vas.     

Sy is twaalf jaar oud en haar naam is Wing. Ek kan nie besluit of dit ’n engel se vlerk of ’n afvlerk-voëltjie is waaraan die naam my herinner nie.  Goueraam-bril, twee jaar terug se mode. Growwer gebou en langer as die gemiddelde Chinese meisie van haar ouderdom. Die haarstyl en skoolskoene was ook ’n paar jaar gelede nog ín.  Skewe voortande en uitstaan-onderkaak. 

Sy is binne in mens se gesig wanneer sy met jou praat. Party dae met ’n baie breë glimlag wat nie wyk nie en sommige dae met net ’n direkte blik wat jou vasspyker, maar geen reaksie nie, net verwagting, en al wat ek kan wonder, is: ”Wat?!”  Vasbeslote is die woord wat haar beskryf.

Die kleintjies mag in kortpouse vrywillig na die Engelse klas kom vir stories, speletjies, DVD’s en musiek en sing (op Vrydae). Elke dag met kortpouse staan Wing eerste daar, afwagtend voor my en dit maak nie saak of die aktiwiteite vervelig is nie. Wing is vasbeslote om dit elke dag deur te voer. Haar Engels is van so ’n aard dat mens min of meer met haar kan kommunikeer, meer as wat jy van die meeste van die kinders kan sê.

Wanneer Vrydag aanbreek, besef ek dis eintlik die rede waarom sy elke dag kom, net om seker te maak dat ons nie dalk op ’n ander dag ook sing en sy dit dan mis nie. Dis wat haar gelukkig maak – musiek. Sy’s een van die skool se sosiale uitgeworpenes, vandaar dat ek aan haar dink as die afvlerk-voëltjie. Maar gee sy ’n duiwel om dat niemand met haar wil speel of praat nie, of dat almal lag as sy kortpouse saam met die kleintjies na die Engelse klas kom? Nee, sy gee ’n skewetand-glimlag, sprei haar engelvlerk en sing saam.”

 

  • Daleen Terblanche

    Baie geluk Celia, dit bring sielsgenot……lekker kersfees,

  • http://Yahoo.com Rosa Boshoff

    Celia, Dit het vir my gevoel of ek nou saam met jou in die klassie is, so pragtig geskryf dat ek my nou so ingeleef het in jou pragtige onbaatsigtige werk. Mag jy nog baie sulke briewe aan die mensdom lewer.
    Ek wat so gesond is en party dae so kla het nou so skaam gekry. Dankie dat jy my terug geruk het in die lewe.

  • Melinda van Zyl

    Hoe bly is ek dat jou inspirerende, wonderlike skryf talent nou ook vir ander mense tot beskikking is dmv Sarie! WEL GEDAAN en Hou so aan my liefste vriendin

  • Marlies de beer

    Celia, jy kon nog altyd iets so vertel dat dit voel of jy daar is.
    Kinders was maar nog altyd jou lewe, en die werk wat jy daar doen verg baie geduld en toewyding. Jy is die mees saggeaardste mens, en wat jy vir die kinders daar doen beteken soveel vir hulle families.
    Hou so aan, jou briewe is aangenaam.

  • Lizette Pienaa

    Ek sluk en ek sluk, maar die knop in my keel wil nie weg nie. Nou vloei die trane maar oor my wange. Dit voel asof ek saam Celia in die klaskamer was toe Dick oor die skêr getriomfeer het. En saam Tony voel ek die ritme van die tromme en dis ‘n simfonie. Die uitdaging om ‘n antwoord vir Peter se vraag te hê sit nie in enige-een se broek nie, maar juffrou Celia lê in die nag wakker en wonder. Wing is onder Celia se vlerk, die veiligste plek vir haar. Jy, Celia is gestuur om daardie kinders se lewe te verryk net sos jy ons kinders se lewens verryk het. Mag julle almal geseen word tot in lengte van dae.

  • Karen Herman

    Celia, ek werk nie elke dag met kindertjies nie, maar met die brief het jy my laat besef wat n roeping dit is om met hierdie wonderlike skeppings van die Here kan werk. Jy is n seën vir hulle. Wat n voorreg is dit nie vir hulle om iemand soos jy hier uit die verre Suid Afrika te he nie. Hou so aan! Jou brief is so pragtig. Al die beste vir die jaar wat voorle.

  • MARIE W0LF

    …… ek krap so bietjie rond op Sarie se webtuiste ek kom toe af op jou briefie daar uit die vreemde ……..ek glo elkeen sal sy eie ervarings anders beskryf maar jou beskrywing van jou klassie en sy "spesiale leerders" het my diep aangeraak……
    kinders is baie meer opreg as volwassenes en ek glo by kinders kan jy baie meer leer as by volwassenes. Kinders verskil soos die smarties in ‘n smartie boksie….alle geure en kleure en elkeen sy eie opregte geaardheid en elkeen geskape na God se beeld…en hy het almal lief met hul te kortkomminge en al…..doen so voort met die goeie werk en verryk hulle met jou kennis, geduld en sagtheid……..hulle waardeer jou en ek glo hulle kan nie wag dat dit elke dag tyd word vir hulle "spesiale skooldag"……jy laat hulle weer waardig voel….deel asb meer van jou ervarings…….ek deel graag iets met jou wat my aan jou briefie laat dink…..HERE oral waar ek gaan, laat ek vingeradrukke na – op die handjies wat ek aanraak….waar ek vat plaas ek ‘n teken van my identiteit…..

  • Marianna van Niekerk

    Celia, soos jou vorige stukkie is hierdie so eerlik, onopgesmuk en "real". Ek kan die kinders "sien" en jou liefde en toewyding aan jou kinders is tasbaar! Baie dankie vir jou inspirasiestories en vir die dinge wat jy doen, die goed wat jy in ander raaksien en die verskil wat jy maak. Hoop om nog talle stukkies van jou te lees op die Sarie blog!!

  • Christine Van Rensburg

    Christine van Rensburg het gese:
    Ek wens ek het so n juffrou gehad soos jy! Ek wens ek kon by jou geleer het, hoe om die mensies te verstaan en om hulle, op hulle elkeen se besonderse manier lief te he. Mag jy net elke dag vreugde ken en onthou dat net die ‘heel bestes’ kan doen wat jy doen , en nog daaroor te kan skryf , dis n baie spesiale talent.
    Ons wag in spanning vir jou volgende ‘verslagbriefie’ dis soos n maandlikse ‘fix’
    Voorspoed en liefde vir 2010 in daai besonderse Hong Kong

  • Ronel Genis

    Vandag voel ek ongelooflik trots daarop om ook n Suid-Afrikaner te wees!Dit blyk duidelik dat die wereld weet watter skitterende onderwysers ons het,want hulle raap hulle daagliks op! Celia is die perfekte voorbeeld daarvan.

    Wel gedaan!

  • http://getthelag.info/www.sarie.com/ www.sarie.com

    Www sarie.. Keen :)

  • db1x porno 3wtc

    Www sarie.. Bang-up :)