amerika

FOTO Unsplash / Frank Köhntopp

Eie stories

’n Afrikaanse brief uit Amerika

Hoe maak jy sin van ’n verkiesing wat nie verloop soos jy gehoop het dit sal nie? Oftewel, hoe maak jy sin van ’n president wat deur die helfte van die bevolking verkies is en wat oor en oor negatiewe aanmerkings teen jou as vrou en jou as immigrant gemaak het? Ons het een Afrikaanse vrou in Amerika gevra om ’n paar gevoelens neer te pen en die atmosfeer vas te vang.

Vanoggend kies ons nie kant nie en ons praat ook nie van reg of verkeerd nie. Ons deel net ’n blik op die werklikheid soos geskryf uit Amerika en uit die oogpunt van ’n ma en immigrant. Ons is nie daar nie en sien en hoor net wat op TV-skerms verskyn of op sosiale media gedeel word.

Hier is wat Marié Bosman uit New York aan ons geskryf het

Liewe SARIE,

Vandag voel ek verslae dat ’n mens soos Trump die leier van ons land geword het. Ek het die hoogste respek vir die demokratiese proses en “the people have spoken”. Maar my teleurstelling is verlammend.

Hier is ’n mens wat oor en oor teen alles opgetree het waarvoor ek gedink het Amerika staan. En die helfte van almal wat die moeite doen om te stem, stem saam met hom.

Hy is gekant teen Moslems en mense van Mexiko terwyl Amerika gebou is op godsdiensvryheid en die harde werk van immigrante. Hy praat oor vroue asof hulle objekte is terwyl gelykheid en emansipasie van vroue lankal nasionale waardes is.

Hy weet bitter min oor wat in die wêreld aangaan, maar wil die president wees van ’n land wat die hele wêreld raak (goed of sleg).

Hierdie mense wat vir hom stem, verstom my. Hy tree op uit pure selfsug met geen uitdrukking van naasteliefde of, volgens my, Christelike waardes nie. Hoe hulle die Christelike geloof en hul bewondering vir hierdie mens bymekaarbring, is vir my ’n reuse-raaisel.

Ek is vandag hartseer. Hierdie man verteenwoordig nie vir my as vrou of vir my en my gesin as immigrante nie. Hy stel ’n slegte voorbeeld aan ons kinders. Hy buit die emosies van mense wat deur die sisteem agtergelaat voel, uit. Hy is ’n rassis en ’n seksis.

Ek en ’n paar vriendinne het vandag oor middagete bymekaargekom om te gesels. Mekaar moed in te praat. Sin te probeer maak van dit alles. Ons glo in die demokratiese sisteem. En hoop beskaam nie. En ons sal hard werk in ons gemeenskappe en betrokke bly. Maar vandag is ons verslae.

Ons is Amerikaners, daarom sal ons opstaan en hard werk en die toekoms probeer beter maak. Maar dit voel asof dekades se harde werk in een politieke seisoen vernietig is. Pleks van werk om die omgewing te bewaar, universiteite meer bekostigbaar te maak, swart jong mans veilig te hou, vuurwapengeweld stop te sit, armoede uit te wis, en vir eens en vir altyd te probeer om nooit weer oorlog te maak nie, moet ons nou van voor af vir basiese menseregte en burgerlike vryhede veg.

Oor ’n paar dae voel ons dalk beter. Hierdie paar woorde is te min om al die nuanses van hierdie uiters interessante, komplekse situasie te bedink. Dit sal tyd neem om te verstaan wat op aarde dié helfte wat vandag feesvier, regtig gedink het toe hulle vir Trump as president gestem het.

Marié Bosman

New York

  • Lana

    Om te dink daar dat daar so baie mense is wat dink “die mesias” is hier,
    Die Trompet gaan hulle red van die bose Moslems,
    hy gaan vir hulle, sy mense, werk gee,
    hy gaan die Mexikane inhok deur almal in ‘n hok, wat hy ‘n muur noem te gooi,
    hy gaan die African Americans terugstuur na die moederskip- Afrika,
    In sy land sal daar geen gays met regte wees nie,
    hy gaan vroue leer wat hul plek is, en soveel meer!

    the best for last

    hy weet ook hoe om Afrika te red van Mugabe…

    Goodluck to you mr President!

  • Christina Bekker

    Goeie Genugtig – gee die man ‘n kans. Hy het immers bewys hy is ‘n besigheidspersoon van formaat.

    Ronald Reagan was een van die beste Amerikaanse presidente, en het GEEN politieke agtergrond gehad nie –

    Wat die politiese agtergrond van Obama was vooor sy bewinds tydperk weet ek nie, maar glo ek ook nie hy het so wonderlik gedoen vir Amerika nie.

    Hillary Clinton is myns insiens onbetroubaar, as gevolg van haar noue bande met haar assistant Huma Mahmood Abedin waaroor ek ‘n groot vraagteken sal plaas, en ook die e-pos debakel.

    10/10 vir ‘n man wat nie aanspraak maak op sy presidensiële salaris nie . . .
    10/10 vir ‘n man wat hom uitspreek teen aborsie, en gelukkig vir almal wat pro-aborsie is dat hulle moeders nie hul aborsie regte uitgeoefen het nie
    10/10 vir ‘n man wat sy mede amerikaners die voordeel van poste gee met die beplande werkskepping (Charity begins at home)

    Nee wat, ek glo mnr. Trump kan ‘n merkwaardige verskil maak. Baie sterkte aan hom, en ek hoop die demokrate wat so ondemokraties optree hou nou op om teen die prikkels te skop en steun hom eerder in sy termyn as President van Amerkika. Sterkte mnr. Trump, ek eer en respekteer u.

    • Meri

      Christina ek stem 100% saam met jou !!