phyllis_167_
Eie stories

‘n Tas vol verrassings

Van die eerste dae van ons getroude lewe het my man se werk vereis dat hy moet reis. Eers binnelands, later jare oorsee. Ek onthou altyd die opgewondenheid wanneer hy teruggekom het huis toe.

Die uitsien saam met ons twee dogters: “Ek wonder wat het Pappa dié keer saamgebring.” Klein goedjies om ons ’n idee te gee van hoe dinge daar ver oor die waters lyk. En dan . . . ons almal saam op die bed wanneer die tas uitgepak word.

Dis nou 21 jaar later, en my liewe man reis steeds. Ons bly nou ook “ver oor die waters”. ’n Week gelede neem die werk hom terug na Suid-Afrika. Hy kom huis toe en ons drie vroumense is weer opgewonde oor wat in die tas gaan wees.

Dié keer is dit Maltabella-pap, Liquorice Allsorts en Safari-vrugterolle. Hoe verander ’n mens se uitkyk nie as jy uit die bekende verplaas word nie!
Hannelie Bester, Abu Dhabi

  • Deirdre Van Heerden

    So waar, ons geniet ook die lekker goedjies uit SA, om nie eers te praat van Afrikaanse tydskrifte nie.
    Deirdre van Heerden, Abu Dhabi