sr1008nedinesus01
Eie stories

Sangeres Nedine Blom oor haar skok-kinderjare

Nedine Blom se pa, Freddie Brown, was haar held. Maar haar lewe het aan skerwe  gespat toe sy op 13-jarige ouderdom uitvind hy het haar suster, Elmi, gemolesteer sedert dié drie was. Nedine kon so maklik dieselfde pad gestap het . . . Sy was sewe toe haar ouers geskei is en op nege, tydens ’n naweekbesoek, het haar pa haar met ’n oop mond gesoen.

“Ek het gevoel iets is nie reg nie,” sê sy. Sy het haar ma, Julie, vertel dat sy ongemaklik oor die soen gevoel het. Haar ma het dadelik haar eksman gekonfronteer,maar hy het dit ontken. Met ’n volgende kuier het hy vir Nedine gesê: “Mamma sê dit voel vir jou asof ek ‘iets aan jou wil doen’, maar ek sal nooit iets doen om jou seer te maak nie.”

Omdat Nedine gepraat het oor haar ongemak, het sy waarskynlik gekeer dat sy ook ’n slagoffer sou word.

***
Ons gesels met koppies warm koffie in die hande. Nedine het pas by die Laerskool Handhawer in Vereeniging opgetree. Honderde kinders het die vlamkop-tannie van die kinder-CD’s Supercool en Supercool vir Jesus jillend begroet.

Sy sê sy word meer deur dié kinders geraak as deur die glanslewe – soos toe sy in 2006 Mev. Verenigde Nasies Suid-Afrika en in dieselfde jaar in Los Angeles as eerste prinses van Mev. Verenigde Nasies Internasionaal aangewys is.

Dis weliswaar hierna dat dié opgeleide prokureur se sangloopbaan afgeskop het. Sy  het as sopraan al die verhoog met Jannie Moolman en Sibongile Ngoma gedeel, maar die punt van haar hart bly haar kinderbediening deur sang.

Laasgenoemde is ’n belewenis, spog haar man, Bertie Blom, ’n voormalige advokaat wat sy vrou nou heeltyds in haar bediening bystaan.

“Die trane vloei as die kinders uitreik na Jesus,” sê hy. Nedine vertel die Here het dit lankal op haar hart gelê om met kinders oor molestering en ook verwerping deur ’n ouer te praat. “Hoe meer ek praat, hoe gesonder word ek.” Nedine het ook al met ’n kenner oor molestering gepraat.

“Ek wou verstaan wat in molesteerders se kop aangaan. Sy het verduidelik  molesteerders soos my pa groom hul prooi.”

Ná die soen het haar pa niks weer aan haar gedoen nie. Maar toe sy nege jaar gelede swanger was met haar seun en sy van rugpyn gekla het, het hy aangebied om haar rug te masseer. Bertie was by.

“Hy het sy hande onder my bloes ingedruk en net hier op my lae rug gedruk. Toe gly  sy hand skielik op en oor die kant van my bors.” Sy het geskrik en haar ongemak ná die tyd met Bertie bespreek. Hulle het besluit dit was nie ’n ongeluk nie.

“Ek het vir my pa ’n brief geskryf en hom gevra om vir hulp te gaan. Ons kon nie ons kind aan so ’n oupa blootstel nie.”

Sy het haar pa nooit weer gesien nie. “Mense vra dalk hoekom nou eers praat.  Ongelukkig het die geding tussen ons en ons stiefma, Gerda Brown, oor my pa se erfporsie ons gedwing om die agtergrond te vertel. Ons het mekaar jare lank hierteen probeer beskerm.”

Sy en Elmi betwis die testament en voel hulle is geregtig op’n deel van die erfporsie omdat hul pa in hul kinderjare nie altyd finansieel sy verantwoordelikheid nagekomhet nie. Voor die molestering bekend geword het, het hy ook vir lang tye geen kontak gemaak nie,al het hulle probeer uitreik na hom.

Nedine het as kind gevoel haar pa en Elmi het ’n hegter verhouding.

“Miskien kon ek die intimiteit van die molestering aanvoel.” Sy onthou wel dat haar pa Elmi baie pak gegee het.

“Dan sluit hy Mamma in die kamer toe en vir Elmi buite om alleen klaar te huil.” Toe Elmi in matriek was, het hul ma aangevoel iets is verkeerd en haar na ’n sielkundige geneem. “Die dag toe my ma my vertel wat gebeur het, het ek dit geglo, want ek het daardie soen onthou,” sê Nedine.

As sy nou terugdink aan hul kinderjare, onthou sy Elmi se toe kamerdeur.

“Partykeer het sy my gevra om by haar te kom slaap. Asof sy uitgereik het na my,maar eintlik het ons lank ’n slegte verhouding gehad. Dalk was sy onbewustelik kwaad omdat ons pa dit nie met my ook gedoen het nie.”

Nadat alles uitgekom het, het Nedine haar pa gekonfronteer.

“Maar hy was vol verskonings dat Elmi sy liefde verkeerd geïnterpreteer het.” Die twee susters het daarna kontak met hul pa verbreek. Nedine het haar pa tien jaar lank nie gesien nie voordat sy hom toevallig een oggend in ’n kerk in Pretoria raakgeloop het.
“Ek het ná die tyd na hom gestap en hy het begin huil.”

Sy het Elmi gevra of sy omgee as sy met hul pa kontak het, want sy het in daardie stadium gevoel dit is wat sy nodig het.

“Hy was by my gradeplegtigheid en my troue. (Hoewel ek daarop aangedring het dat my ma my moes inbring.) Ek en my pa het mekaar nie gereeld gesien nie.Toe gebeur die ding toe ek swanger was . . .” Dit het Nedine lank geneem om haar pa te vergewe.

“Ek het ’n pyn in my hart gekry as ek oor hom praat. ’n Geestelike berader het my met die vergifnisproses gehelp. Ek moes hardop bely dat ek my pa vergewe en hom vryspreek. Dit het my bevry.” Sy glo haar bedieningswerk met kinders is deel van die manier waarop sy haar kinderjare verwerk. Sy het vir lank opgeboude aggressie teenoor mans gekoester weens die verwerping deur haar pa.

Ek wou mans seermaak en het dit met Bertie ook probeer, maar hy het vasgebyt. Hy het die vaderlike wysheid wat ek nooit van ’n eie pa gekry het nie,maar hy is ook vir my ’n man en beskermer.” Sy sê haar pa was eintlik twee mense. Hy was ook ’n kunstige, slim man. Hy het sy lewe lank tussen werke as sekerheidskonsultant gewissel, en op Boegoeberg, naby Prieska in die Noord-Kaap, ’n winkel en slaghuis bedryf.

Die ironie is dat hy vir sy meestersgraad in kriminologie ’n tesis oor seksuele misdrywe teenoor vroue geskryf het. “My pa is drie jaar gelede aan ’n hartaanval dood. Ek het in duie gestort. Hy was steeds my pa.”

Elmi se verhaal…

Een van my vroegste herinneringe is dat ek my broekie in die bed gesoek het ná ’n ‘middagslapie’ saam met my pa.

Ek onthou ek wou nie hê my ma moes dit kry nie. Ek was drie.

Hy het my nooit seergemaak nie en was liefdevol. Dit was verwarrend. Hy het my liggaam laat reageer soos dié van ’n volwassene. Ek het gedink dit moet so wees.

Hy het gesê: ‘Dis ons geheim, ek liefie jou.’

Ek het altyd bang in my bed gelê en wag dat hy kom. Ek was angsbevange dat iemand sou uitvind.

Eendag het ek hom gevra om dit nie met my kleuter-sussie, Nedine, te doen nie.

Toe ek op twaalf begin menstrueer, het ek vir hom gesê dit moet nou stop, want ek wil nie swanger word nie. Hoewel daar nooit penetrasie was nie, het ek in my onskuld gedink ek kan swanger word.

My geheue van tydperke in my kinderlewe is deurmekaar, maar sover ek kan onthou, het dit nie weer gebeur nie.

My pa is in my twaalfde jaar met tannie Gerda getroud. Hulle het later Boegoeberg toe getrek en ons het saam met ons ma op Bronkhorstspruit gewoon.

Ons het ons pa daarna min gesien, maar ons het altyd lekker by hom en tannie Gerda gekuier. Tog onthou ek ek was altyd bang dit gebeur weer.

Eendag het ek as tiener op my bed gesit en dagdroom oor ’n seun en soen. Toe begin die vreeslike herinneringe soos ’n film in my kop afspeel. Heen en weer het ek gesit en wieg terwyl ek saggies vir myself gesê het: Dis verby, vergeet . . .

Elmi en haar kinders Elmi en haar kinders

Die kuiersessies by my pa het gestop nadat die molestering in my matriekjaar uitgekom het. Toe ek en my ma die eerste keer sielkundige toe gery het, het ek besluit: Vandag gaan ek praat.

My ma se hartseer was onbeskryflik. As ma besef ek hoe sy steeds voel. Sy het nie geweet nie en ek verwyt haar nie. Ek was bang om my pa persoonlik te konfronteer en het eers ’n jaar later, op universiteit, ’n brief aan hom geskryf.

Dit het my maande van angssweet geneem. Ek onthou hoe ek in Huis Vrolike Lied op die Tuks-kampus met sy antwoord op my brief gesit het. My hande het gebewe. Wat sou hy sê? In my drome sou hy die waarheid vertel, jammer sê en sou ek nie meer die
gevoel hê dat ek alles uitdink nie.

Maar my drome het in duisend trane op die vloer gespat. Sy brief was saaklik en koud. Net dat ek hom moet kom sien dat ons kan praat. Ek het teruggeskryf dat ek hom nooit weer wou sien nie.

Drie maande ná my 21ste verjaardag het ek besluit om ’n einde aan my lewe te maak. My ma kon aanvoel iets is verkeerd en het die sielkundige gebel. Vars uit die kliniek was ek vol moed, maar gou was die depressie terug.

Ek wou wegkom en het au pairwerk in België gaan doen. Ek het my man daar ontmoet, maar ons nagmerrie het reeds op ons wittebrood begin. Die seksuele ervarings het soveel herinneringe in my opgewek.

Ek het selfhelpboeke gelees en ’n nommer van ’n ondersteuningsgroep gekry by wie ek terapie gekry het. Ons het ’n bakkery begin en die druk het my teruggedryf na depressie.

Ek het ses weke lank nie opgestaan nie. My man het geskreeu en mooigepraat. Een aand het ek pille gesluk. Nie genoeg nie.

Een oggend het ’n vriendin my uit die bed kom haal. Sy het my hare gewas en mooigepraat. Ek is terug bakkery toe. Ná my seun se geboorte het ons besluit om Suid-Afrika toe te trek. Ons dogtertjie is hier gebore. Maar ons onderneming het misluk en my man wou terug België toe en ek nie. Een oggend het ek my dokter gebel en gesê hy moet iets doen of ek gaan van ’n brug afry. In die kliniek het ek besluit om dit nooit weer so ver te laat gaan nie.

Ons is geskei en my man is terug België toe. Ná ’n jaar het ek hom gevolg, maar dit het weer nie gewerk nie. Ek het besluit om in België te bly.

Ek het gehuil toe ek hoor my pa is dood. Die man met twee gesigte. Vriendelik,  behulpsaam. Die ander kant van hom het hy vir sy gesin bewaar. Hy kon ontplof sonder rede.

Agter toe deure het sy sielkundige teistering en terreur gewoed. Ek het in België gerou. Eendag het ek ’n seuntjie in ‘n kerk op sy ma se skoot gesien. My pa was ook eens klein…

 

Ek het gehuil toe ek hoor my pa is dood. Die man met twee gesigte. Vriendelik,  behulpsaam. Die ander kant van hom het hy vir sy gesin bewaar. Hy kon ontplof sonder rede.” – Elmi

My trane het geloop.Wat het met hom gebeur dat hy so geword het? Wat hy gedoen het, het my lewe en huwelik beïnvloed. Ek het ’n man gekies wat soos my pa is, wispelturig, gou kwaad, maar ook liefdevol.

Ek het geskei voor ons mekaar vernietig het. Dit was my keuse. Ek is onlangs met fibromialgie gediagnoseer. (Dit behels onder meer spierpyne en moegheid en word met depressie verbind.) Maar ek is nie meer ’n slagoffer nie, ek is ’n hulpbron.

As gekwalifiseerde berader staan ek ’n outistiese jong man by en doen vrywilligerwerk vir OXFAM (Oxford Committee for Famine Relief ), ’n wêreldwye organisasie, om ’n verskil in die lyding van ander te maak.

Die boodskap wat ek en Nedine wil oordra, is dat daar ’n lewe ná molestering en ongelukkige kinderjare is. Ons het albei beroepe waarin ons mense ondersteun en het hard gewerk om ons verlede te konfronteer.

Die mens wat die sleutel gehou het om die waarheid te vertel is dood sonder om my uit my gevangenis vry te laat, maar ek het myself bevry en is nie meer bang nie.

Ek het vergewe.

Nedine en Elmi se raad

  “Misbruik is nie die kind se skuld nie. ’n Groot deel van heling is dat ’n kind die skuldgevoel en skaamte oorwin,” sê Elmi.

Nedine is betrokke by Timios Homes (Timios beteken “kosbare skat” in Grieks), ’n organisasie wat veilige huise vir gemolesteerde kinders vind.

Wees bedag op:

1.    Skielike abnormale gedrag soos bangheid, bed natmaak of ekstreme eetgewoontes

2.    Verandering in sosiale gedrag.

3.    Isolasie.

4.    Opgehewe, rooi genitalieë.

5.    Gemolesteerde kinders kla gereeld van pyn, hoewel dit nie altyd fisiek is nie. Dis ‘n hulpkreet.

 

  • Lizelle Botha

    Nadine & Elmi,
    Die storie het my laat huil dat my neus bloei ! En weer ou wonde oopgekrap.
    Ons kan niks aan die verlede doen nie … buiten soos julle alreeds deur ‘n vergifnis proses gaan – maar dit is ‘n aanhoudende proses wat nie net eenkeer gedoen word nie… die lewe gaan aan – met hoogte & laagte punte en dan voel dit soms jy is net weer waar jy was en dan moet jy maar weer vergewe & "afwas" van vooraf…

    Ons is trots & geinspireerd deur julle en hoe ver julle gekom het.

    Daar is baie mense wat opkyk & lief is vir julle.

    Die Grootste is God met sy Engele wat julle sal troos & beskerm.

    Maak jou riller kinderlewe JOU sukses – deur om mense in te lig!!!

    Baie liefde en met baie begrip,
    Lizelle Botha
    xxx
    (ook ‘n kinder slagoffer van molestering deur haar stief familie)

  • Elmi Brown

    Beste Lizelle,

    Dankie vir jou eerlike en heerlike boodskap. Ik hou bietjie my asem op vir die reaksies van mense. Ik weet hoe seer dit vir my is om oor ander mense se molestering te lees, dit krap inderdaad wonde oop. Dit is dan weer seer en dit het my opgeval dat elke keer as die wond weer oop was daar weer minder kwaad in hom oor is. Soos ‘n puisie wat jy moet uitdruk tot jy by die oorsaak uitgekom het. Dit vat jare en trane en liefde en veral liefde en geduld met jouself en vir jouself. Ek bid dat God die liefde waarmee ons hiermee na buite gekom het sal laat uitstraal. My pa was my pa. Ek wens hy kon vir my gesorg het. Ek aanvaar dat hy nie kon nie en vergewe hom daarvoor. Die Vader in die hemel sorg nou vir ons. Heel veel liefde.

  • Teresa

    Sjoe, dis goeie werk wat julle doen. Ek is ook gemolesteer deur my pa en dis aaklig. Dis baie moeilik om daardeur te werk al is dit jare daarna. God is die enigste een wat mens kan help en weer sin gee in die lewe.

  • Mariana

    Nadine & Elmi, dit is ‘n baie hartseer storie, ek het simpatie met wat gebeur het. Graag wil ek vir julle net vra, dink julle as julle geld kry van die man wat julle so seer gemaak het, dit gaan enigsins vertroosting bring? Wat gaan julle doen met dit? As julle dit enigsins gebruik vir wat ookal, word dit verbind aan die man wat julle seer gemaak het. Ek sou eerder niks wil he nie, en aangaan want voor die geld het julle aangegaan en hom vergewe, maar hy het nie die moeite gedoen om julle omverskoning te vra nie, dit gaan net geld kos om sy testament te bestry en a.g.v van alles het julle alreeds julle geheim aan die wereld vertel en ek dink julle het al baie negatiewe reaksie gekry , maar dink net aan die : gaan die geld wat julle van hom af kry julle pyn en ”vernedering’ weg vat. Al sit julle dit in ‘n trust vir julle kinders of molesterings trust om kinders te help is dit geld van ‘n baie siek man wat nie genees het nie.
    Sterkte vir julle, ek HET SIMPATIE, maar ek noem maar net fyte op. Mariana

  • http://www.timios-homes.co.za Tania Combrink

    Nedine is beskermvrou van Timios Homes en werk saam met ons aan bewusmaking.
    Ons werk daagliks met kinders wat uit sulke omstandighede verwyder word. GEEN persoon of kind WIL daaroor praat nie, maar genesing kom slegs as daar terapie gedoen word en OPENLIK daaroor gepraat kan word. So ‘n persoon sal na baie jare nog "triggers" ervaar as hul bv by dieselfde huis verbyry of iets ruik soos kos wat op daardie oomblik gemaak was. Ek kan dit nie genoeg beklemtoon dat kinders wat dit so lank wegbêre in hul onderbewussyn gewoonlik baie langer neem om te herstel as die wat dadelik daaroor praat. Wat my die meeste verstom is mammas wat hulle kinders nie glo nie en by die "oortreder" bly. Ek wil vir dogters en mammas sê: praat daaroor en vertrou mekaar! Nedine julle doen wonderlike werk! As beskermvrou van Timios Homes, sê ons vir jou dankie dat jy ons taak vergemaklik deur so openlik te wees. Sterkte vir jou Sus!

  • Lizelle Botha

    Sarie Tydskrif,
    Graag wil ek net vir julle dankie se vir die artikel – dit was die eerste keer wat ek Nedine & Elmi se storie gelees het (al het so baie mense daarbuite dit al raak gelees) – Ek dink die bewusmaaking & heling & support in ons land het nog ‘n ver pad om te gaan – dit is ‘n EPIDEMIE wat soveel lewens vernietig … wat liefs liggies aangeraak word en dan vergeet of toegesmeer word. Dit is om soos aan die tippie van ‘n ysberg te raak… – gesond word moet in ons huise gebeur… want dit gebeur elke dag met kinders, vrouens & mans – met mense wat ons ken, ons familie…JOU dogtertjie, Jou Seuntjie???) – (maar nee jy hoor of weet dalk net van stories van celebs of van die Crisis Centres vir extreme gevalle !!)
    Nedine & Elmi, Dankie vir wat jy & jou sussie doen vir die bewusmaking van molestering… as jy net EEN mens kon help… het jy dalk jou purpose in die lewe bereik… maar ek weet jy is Baie meer ambisieus & passionate as dit..!!! (het jy al ooit gewonder hoekom dit met jou & suster laat gebeur het… want Hy (GOD) het ‘n groter plan gehad… om julle JUIS as mondstukke te gebruik vir die mensdom ?!!! DIT is deel van jou lewens les… Gaan GROOT my Mens

    ps – SARIE Tydskrif> hoekom het julle die artikel van die Facebook afgehaal – oor die negatiewe menings ??? hmmm… ??
    Die lesershet juis die inligting nodig van julle (SARIE) af om die mensdom intelig
    Ek wonder hoekom word mense so warm onder die kraag oor die "topic" !!! Dit gebeur meer as wat ons besef !! Word Wakker SA!!!

    Baie liefde,
    Lizelle Botha
    Lighthouse LifeSkills4kids & Mighty Parenting
    ek fasiliteer werkswinkels vir Kinders (6-12jaar) & ouers
    (ook Heavy dinge soos molestering onder andere…)

  • Suzie van Rensburg 5 Nadia laan Edleen Kempton Park 1619

    Ek geniet Sarie elke maand en elke artikel is interresant en boeiend.
    Ek het Augustus Sarie by Woolies geggryp terwyl die stem in tou "NEXT CUSTOMER PLEASE" en was nuuskierig om die "sexy knip-sakkie" te sien.

    Ek was so teleurgestel toe ek by huis eers sien dat daar nie ‘n sakkie
    in is nie maar twee koekies seep. Ag wat, miskien is ek volgende keer
    gelukkig.

  • Hannah Wentzel

    Liewe Elmi en Nedine, ek sit vanoggend hier met pyn in my hele wese wat onbeskryflik groot is, hierdie hartseer verhale van seer gemaakte mensies, maak baie harte oop en inspireer vele meer siele as wat julle ooit van bewus is of van kan droom!!dankie vir julle dapperheid!! En ook vir die geleenheid,om ‘n paar sinne teskryf oor hoe ek as Mamma voel wie se enigste kind en geliefde dogter ook ‘n slagoffer was van ‘n “Kindermolesteering”Nooit!! het ek kon droom dat dit ooit met my kind sou kon gebeur het nie ! Maar hoe as Mamma hanteer jy die hartseer, pyn, en skuld gevoelens, oor “as ek dit maar net geweet het”! dit is ‘n terleurstelling in jou medemens wat jy vir ‘n leeftyd verloor het langs die lewenspad wat nou vol skerwe is … Daar is nie ‘n groter seer vir ‘n ouer om te hoor dat jou kind seer gemaak is deur ‘n gewetenlose monster en kindermolesteerder soos die wat weerlose kinders beroof van hulle onskuld,rynheid en skoonheid nie! Ek is Lizelle Botha se Moeder,wie reeds haar kommetaar gelewer op die website,lees dit gerus weer. En saam het ons al ‘n moeilike pad geloop deur die jare heen agv hierdie trauma in ons lewens.. wat nie maklik is nie…. ,gelukkig het ons Here haar geskape met wonderlike Talente,sy is ook vandag ‘n pragtige Mamma van twee pragtige blink oog Rooikop kindertjies “Ons Godgegewe Passelatjies “ Hoe dankbaar is ons net nie vir hierdie “miracle” nie ! Lizelle is ook self vandag die trotse eienaar van “ LIGHTHOUSE Life Skills4Kids” waar sy kinders ook bystaan wie self deur sulke traumas gaan in hulle lewens, besoek haar gerus op facebook. My liewe kind, jou Moeder wil net dit vir jou voor die hele wye wereld sê,en ek hoop daar is baie wat dit sal lees…,ek is trots op jou!want jy is ‘n dapper Mamma,kind,en vriendin, en ek is dankbaar,en so bly dat jy my kind is, dit is vir my ‘n voorreg om jou te ken in my lewe,ek kan nie my lewe indink sonder jou nie, ek is so oneindig baie lief vir jou … ek is net so baie jammer dat ek nie hierdie oneindige seer van jou nie kon keer nie… vergewe my asb..

    Ek wil net afsluit met hierdie spesiale boodskap,mag dit iets vir julle beteken…

    Ons is almal skulpe wat deur die Vaderhand gemaak is. Tóé was ons perfek. Sonder letsel. Sonder blootstelling aan die lewe. Sonder om te ken van reg en verkeerd, van pas en nie pas nie.
    So met die jare saam het ons maar elkeen ons gate gekry. Stampe en stote het ons plek-plek nerfaf gelaat. En ja, sommige van ons het by tye ook sommer ‘n stuk van onsself verloor. Ouma sou gesê het, die koppie is dalk goed “gechip”, maar hy is nog bruikbaar.. En op ‘n manier het ek vandag besef dat daardie skulpe wat deur die natuur geboelie en gepoets en gepoleer is, uniek is.Hulle is Heel anders as die ander outjies wat heelhuids anderkant uitgekom het. En miskien is dit die les van ons Lewens storie. Dalk moet ons elkeen gaan soek na ‘n skulp wat sy eie storie het. Hulle sal jou ‘n leeftyd gelukkig hou, want hulle het ‘n rypheid wat met moeite verkry is…

    Ek gun julle almal net groot sukses toe vir die toekoms,wantons God het julle vir ‘n rede hier geplaas om as voorgangers en ‘n "Lighthouse" en beskermings Engele tewees vir julle medemens… dankie so baie vir Julle !!

  • Hannah Wentzel

    Liewe Elmi en Nedine, ek sit vanoggend hier met pyn in my hele wese wat onbeskryflik groot is, hierdie hartseer verhale van seer gemaakte mensies, maak baie harte oop en inspireer vele meer siele as wat julle ooit van bewus is of van kan droom!!dankie vir julle dapperheid!! En ook vir die geleenheid,om ‘n paar sinne teskryf oor hoe ek as Mamma voel wie se enigste kind en geliefde dogter ook ‘n slagoffer was van ‘n “Kindermolesteering”Nooit!! het ek kon droom dat dit ooit met my kind sou kon gebeur het nie ! Maar hoe as Mamma hanteer jy die hartseer, pyn, en skuld gevoelens, oor “as ek dit maar net geweet het”! dit is ‘n terleurstelling in jou medemens wat jy vir ‘n leeftyd verloor het langs die lewenspad wat nou vol skerwe is … Daar is nie ‘n groter seer vir ‘n ouer om te hoor dat jou kind seer gemaak is deur ‘n gewetenlose monster en kindermolesteerder soos die wat weerlose kinders beroof van hulle onskuld,rynheid en skoonheid nie! Ek is Lizelle Botha se Moeder,wie reeds haar kommetaar gelewer op die website,lees dit gerus weer. En saam het ons al ‘n moeilike pad geloop deur die jare heen agv hierdie trauma in ons lewens.. wat nie maklik is nie…. ,gelukkig het ons Here haar geskape met wonderlike Talente,sy is ook vandag ‘n pragtige Mamma van twee pragtige blink oog Rooikop kindertjies “Ons Godgegewe Passelatjies “ Hoe dankbaar is ons net nie vir hierdie “miracle” nie ! Lizelle is ook self vandag die trotse eienaar van “ LIGHTHOUSE Life Skills4Kids” waar sy kinders ook bystaan wie self deur sulke traumas gaan in hulle lewens, besoek haar gerus op facebook. My liewe kind, jou Moeder wil net dit vir jou voor die hele wye wereld sê,en ek hoop daar is baie wat dit sal lees…,ek is trots op jou!want jy is ‘n dapper Mamma,kind,en vriendin, en ek is dankbaar,en so bly dat jy my kind is, dit is vir my ‘n voorreg om jou te ken in my lewe,ek kan nie my lewe indink sonder jou nie, ek is so oneindig baie lief vir jou … ek is net so baie jammer dat ek nie hierdie oneindige seer van jou nie kon keer nie… vergewe my asb.. Ek wil net afsluit met hierdie spesiale boodskap,mag dit iets vir julle beteken… Ons is almal skulpe wat deur die Vaderhand gemaak is. Tóé was ons perfek. Sonder letsel. Sonder blootstelling aan die lewe. Sonder om te ken van reg en verkeerd, van pas en nie pas nie. So met die jare saam het ons maar elkeen ons gate gekry. Stampe en stote het ons plek-plek nerfaf gelaat. En ja, sommige van ons het by tye ook sommer ‘n stuk van onsself verloor. Ouma sou gesê het, die koppie is dalk goed “gechip”, maar hy is nog bruikbaar.. En op ‘n manier het ek vandag besef dat daardie skulpe wat deur die natuur geboelie en gepoets en gepoleer is, uniek is.Hulle is Heel anders as die ander outjies wat heelhuids anderkant uitgekom het. En miskien is dit die les van ons Lewens storie. Dalk moet ons elkeen gaan soek na ‘n skulp wat sy eie storie het. Hulle sal jou ‘n leeftyd gelukkig hou, want hulle het ‘n rypheid wat met moeite verkry is… Ek gun julle almal net groot sukses toe vir die toekoms,wantons God het julle vir ‘n rede hier geplaas om as voorgangers en ‘n "Lighthouse" en beskermings Engele tewees vir julle medemens… dankie so baie vir Julle !!

  • Elmi Brown

    Mariana, baie dankie vir ook jou eerlike reaksie! Die gedagtes wat jy neergeskryf het is gedagtes waarmee ek en my sus ook worstel. Moenie vir een oomblik dink dat dit vir ons oor die geld gaan nie. Ons hofsaak sal ‘n president stel vir kinders wat na ‘n egskeiding nie aanspraak kan maak op die boedel van hulle oorlede ouer nie. In my opinie is en bly jy ‘n ouer en dit beteken dat jy vir jou kind sorg. Financieël en emosioneel. My pa het vandat ek hom gekonfronteer het met die molestering, opgehou om onderhoudsgeld te betaal en het ook nie sy belofte nagekom om te help met my studies nie. Ek verseker jou as ek smartgeld wou vra sou ek dit gedoen het toe hy nog gelewe het. ‘n Ouer moet verantwoordelikheid neem vir sy kind. Dis al wat ons vra.

  • http://www.sarie.com Susan

    Hi.. Wel ek is maar net 16.. En ek vermoed dat ek deur my pa as kind gemolesteer is.. al die tekens is daar.. Ek het al het al met 3 onderwysers gepraat en volgens hul moet ek n sielkundige aan sien.. ek vermoed ook dat hy met my half sussies gedoen het. Ons het nie dieselfde pa nie. Ek het n ander pa as hul.. Ek weet nie wat om te doen nie.. party keer wil ek nie meer lewe nie.. my pa het ook al aan my vriendine gevat of wel probeer vat.. Dit breek my in 10000000000 stukkies.. Soms probeer hy (in my tiener jare) aan my vat maar ek ruk vanself weg en raak benoud.. Ek kan nie alleen saam hom in n kar ry nie nog minder alleen saam hom in n vertrek wees! Help asb :(

  • hjdxhynv

    uaGcLx jmeutalatzry, [url=http://ejupmovdwvgr.com/]ejupmovdwvgr[/url], [link=http://lavaswpigpym.com/]lavaswpigpym[/link], http://qtpqsmnozdgj.com/

  • Erin

    i :) you