Eie stories

Nie spyt oor borsvergroting

“Groter borste: ’n las of lus?” in SARIE se Maart 2009–uitgawe was baie interessant met lesers se uiteenlopende menings omtrent borsvergroting.

Ek het in 2005 so ’n operasie ondergaan omdat my borste oneweredig gegroei het. My linkerbors wat so plat soos ’n seun s’n en my regterbors het aanhou groei. Ek moes my bra’s opstop. Ek het nooit voor ander mense uitgetrek of geswem nie, en ek wou ook nie ’n kêrel hê nie. My selfvertroue was sleg.

Ná die operasie het ek baie ongemak verduur en my liggaam het in skok gegaan. Toe eindig ek met tipe 1-diabetes en moes dadelik insulien begin gebruik. Maar ek is nie spyt oor die operasie of die suikersiekte nie, want ek het my geld bestee om vroulik te lyk.

Ek het dit vir myself gedoen. Ek loop nie met laehals-klere rond om my “nuwe” borste te wys nie. Al wat tel, is dat die stem in my kop vir my sê ek het ewe groot rondings soos baie ander vroue.

Voel soos ’n vrou, Welkom

 

 

  • Sindi

    Ek wil graag weet ek is 27 jaar oud en het al twee keer fibroadenome in my regter kantste bors laat uit sny , ek wil weet of ek eerder maar vir my moet n ander bors laat opsit want die dr se dit gaan keer op keer weer terug kom en daar is niks wat hul kan doen nie en dat hul moet uitsny .