tanya_o_connor
Eie stories

Nóg ‘n sarie.com-blogger se boek verskyn

Tanya O’Connor (42) se blog vertel van ’n vrolike vrou wat weet hoe om te oorleef. Haar eerste man is in haar arms dood ná ’n motorfietsongeluk. Sy het weer liefde gevind, het swanger geword ná ’n miskraam en is nou die trotse ma van klein Rory. Só het sy in die Julie-uitgawe 2010 van SARIE haar lewenspaadjie gedeel:

“In September 2003 wag ek by die renbaan vir Tony, my man, wat ook my grootste ondersteuner as aspirant-renjaer is. Toe kom die oproep: ‘Kom dadelik, Tony het met sy motorfiets geval.’
Ek stop by die toneel. Hy lê in ’n donga. Ek hardloop na hom toe, druk deur die paramedici. Omhels hom en hou hom versigtig vas. Hy sterf in my arms.

’n Week ná sy dood gaan ek sy as haal. Ek is alleen. Ek stap deur die tuin, vee my hande oor die laventel wat hy geplant het.

My trane proe sout op my tong. Ek kyk in die spieël: Is dit ek? Tony sou gesê het: ‘Ag nee, ou girl, verf jou gesig.’ Ek besluit om my gesig te verf vir die lewe. Rooi lipstiek, maskara, onderlaag . . .

Ná Tony se dood waai ek koebaai vir die mynhope. Wildernis se ongerepte strand sal my hart heel maak. Ek skryf my hartskeur neer met ’n inkpen. Ek skryf my stukkende siel heel. Ek kan weer lag as ek aan Tony dink.

Drie jaar later ontmoet ek Paddy O’Connor, ’n Ier. Die Desert Run, ’n harde tog deur die Namib op veldmotorfietse, bring ons bymekaar. Ons het dit albei voltooi.

Maande later trou ons in ’n klipkatedraal. Ek word elke dag omarm met onvoorwaardelike liefde. Toe kom die wonderwerk op ’n skerm, ’n klein kolletjie hartklop-lewe. Die hartjie klop vir net agt weke. Die pyn is ongekend. Ek en Paddy huil saam. Onlangs gaan ek dokter toe met griep. Ek is weer swanger! Klein Rory raak meer mens met elke sonarfoto en word op
14 September verwag – dieselfde dag in 2003 toe Tony dood is.

Ek skryf ook nou aan ’n boek – Hallo, Lewe – waarin ek alles oor my hartseer en geluk deel. Ek het nooit hoop verloor in die lewe en in liefde nie.” – Tanya.

…………………………………………………………………..

Haar boek, Hallo, lewe!, is ook aan haar seuntjie opgedra. In haar boek skryf sy oor wat vir haar van dag-tot-dag werk. Hoe sy elke dag vir die lewe sê: Hallo, lewe, ek gaan vandag leef en lewe! Sy het juis begin blog om die inspirasie wat elke dag oor haar lewenspad kom te deel met ander. Haar blogs op ‘n groot Sondagkoerant se webblad is die mees gelese. Só word tussen 500 en 1 000 gebruikers élke dag geïnspireer. 

Bestel jou kopie nou by On The Dot by 0861 668 368.

Prys: R139.00

Só het Tanya gevoel toe sy haar boek vir die eerste keer in haar hande vashou!

Hallo Lewe!

Die boek word uitgegee deur Naledi.

* Tallie, ook ‘n sarie.com-blogger, het ook pas haar boek uitgegee.

  • http://xyqtlnatqrqu.com/ gnljvolp

    Fs1buq cvuyugzytita, [url=http://zitupytqanqw.com/]zitupytqanqw[/url], [link=http://tzhtizeynpyp.com/]tzhtizeynpyp[/link], http://jcgfykkqsvyd.com/

  • Vanity

    Dem gibt es sicher noch etwas hiuzuznffcgen:Ich hab aus diesem Beitrag direkt neue Ideen ffcr den Wahlkampf gezogen. Buttons, Aufkleber, etc. Es ist diese Ebene, auf der wir uns dem Bfcrger stellen kf6nnen. Einfache Antworten ffcr komplexe Fragen.Weiter so. Mit solchen Piraten mache ich gern Politik.

  • Lindi

    Beste Tanya

    Ek het sopas jou boekie Hallo, lewe klaar gelees en wil vir jou baie dankie se dat jy jou emosies en raad met ons as lesers gedeel het. Ek het 24jr gelede my een tweelingdogtertjie (amper 8jr oud) in n trap en tref ongeluk aan die dood afgestaan en die afgelope 7jr my Ma, Pa en my Man ook aan die dood afgestaan. (My Man het verongeluk oppad werktoe terwyl ek in n vliegtuig gesit het terug van n 3wke vakansie saam met 10 vroue) My oudste dogter is n "cocaine" verslaafde en was in die mode wereld en kon net nie cope met haar man (Diabeet tipe 1), veeleisende werk en 2 kindertjies nie. Dis n baie moeilike pad omdat my kind altyd onder 10 beste akademiese presteerders, Jaarliks Sportvrou van die Jaar en het ons nooit enige erge probleme met haar ondervind nie alhoewel sy baie stil en teruggetrokke is – wou nooit oor haar ander helfde (tweelingsussie) praat nie. Haar man het haar geskei 2 weke na haar Pa se dood. Die kinders van 5 en 3jr woon by hul Pa. Ek as Ma het haar vir n jaar finansieel onderhou en haar gehelp om weer nuwe werk te kry, maar binne n maand was die verslawing weer terug en weet ek nie waar my kind is nie en het geen kontak met haar nie. Ek kon net nie meer nie en het my huis in Melkbosstrand verkoop en teruggetrek Oudtshoorn toe waar ek as kind opgegroei het. Hier in Oudtshoorn le my kind, Ma, Pa en Man begrawe en voel ek het die regte besluit geneem om van slegte herinneringe te vlug. Sjoe dis BAIE moeilik, maar glo en vertrou ek ons Skepper se wil sal geskied en ken Hy my asook almal se seer en diepste behoeftes.

    Laastens – ek het ook n paar jaar gelede n boek geskryf – n lewensverhaal wat ek later vernietig het en was dit goed vir my. Ek het ook byna elke aand na my Man se dood vir hom n brief geskryf in my mooi "butterfly" dagboek.

    Weereens dankie Tanya en mag jul huwelik en Rory vir jul baie vreugde en liefde besorg.
    lindi