sr1203clarins
Eie stories

‘Nóú maak ons ‘n verskil’ – Most Dynamic Woman-wenner

(’n Uittreksel uit Angela se blog)

“Dis die einde van my oorsese besoek en ek sit kruisbeen op die bed uit my kinderjare en tik so vinnig as wat ek kan. Die trane stroom oor my gesig en ek dink: ‘Ek het nou uiteindelik die kluts kwytgeraak. Ek kan dit nie meer doen nie.’

“Dis net te moeilik om van die een uiterste na die ander te gaan en ek dink: ‘Sien enigiemand dit raak? Gee enigiemand regtig om?’ Hulle sê 5 mense sterf elke minuut aan vigs. Elke minuut dink ons daaraan dat ons nie meer Ziploc-sakkies het nie, dat ons nie vandag so baie moet eet nie, dat die motoris by die verkeerslig ’n padvark is. Dié tweeledigheid is moeilik. En wanneer Thanda se fondse elke maand opdroog, is ek nie seker dat wat ons doen steeds die moeite werd is nie.

“Dan gaan ek na die gemeenskap waar ons aan die werk is en ek kyk. En wat ek daar sien laat my my lip vasbyt en huil. Twaalf Thanda-onderwysers wat net ’n paar jaar gelede nog werkloos was, is nou besig om programme te ontwerp wat hul leerlinge se lewens sal verander. Programme wat gaan motiveer, opvoed
en die leemtes vul wat gelaat is deur te veel ouers wat nie meer daar is nie. Wanneer ek staan in die biblioteek wat ons besig is om vir die gemeenskap te bou.

“Wanneer ons basketbal-afrigter Melusi op Facebook skryf:

‘My generasie sal ’n verandering maak… Elke keer dat ek ’n bal bons besef ek dat basketbal nie net ’n sport is nie, dis ’n manier om daardie eensame harte sonder ouers te heel, om as ’n span/familie te werk, om buite die boks te dink, om opvoeding nader aan hul hande en hart te bring, basketbal is ’n manier om te wys hoe jy ’n oplossing vir enige lewensituasie kan vind. Basketbal is soveel meer as net ’n sport, so laat ons die liefde vir basketbal in landelike gebiede versprei.’

“Dan weet ek ons maak ’n verskil.”