Eie stories

Om ‘n affair te hê – twee vroue vertel openhartig

Brief Nr.1 (op SARIE-forum)

Hoe begin mens so ’n storie? Ek het hierdie storie al so baie gebieg – en tog bly dit deel van my en dit sal seker vir die res van my lewe in my gene verweef wees. Dalk nie so ’n slegte ding nie, want tog, ten spyte van alles wat gebeur het, kan ek terugstaan en sê: “Dit het gebeur en ek het so ongelooflik baie daaruit geleer.”

Ek raap gewoonlik die boeke op en lees vinnig as daar oor affairs geskryf word. Soos nou weer in die nuutste uitgawe van SARIE, “SA mans en affairs ... die storie lees net anders, eintlik heel anders in my geval. Kom ons noem dit “’n SA vrou en haar affair.” O ja, vir soveel mans wat affairs aanknoop, moet daar tog net soveel vroue wees, nie waar nie? Die meeste inligting en artikels wat ek egter daaroor raakloop, is altyd die verhaal van die man wat rondloop en die arme vrou wat die slagoffer daarvan is.

Vir lank het hierdie weergawe my ook om koffietafels, teetafels, bidure, skoolkonserte agter my hand laat geskinder saam met mede-vroue. Dinge soos die duiwel, kan jy glo … hy loop rond, het sy vrou met sy sekretaresse verneuk, is met beste vriendin betrap, weggeloop saam met ’n jong blaar … bla-bla-bla. Tot ek ook tot ’n groot mate stadig maar seker binne die konteks van hierdie lewe van buite-egtelikheid ingelaat is en met soveel meer begrip daar uitgestap het as wat ek in my wildste drome sou kon droom.

Ek’s getroud (ja, steeds) met ’n ongelooflike nice man. ’n Varsity-liefde uit die boonste gestoeltes. Die hofmaak-tydperk was uit die boeke, die verhoudings met die skoonfamilie was perfek, die verlowingstydperk was ’n diepe besinning oor die groot stap wat ons sou neem en die voorbereiding getrou. Ek kan nou terugkyk en sien hoekom dinge só vir ons gebeur het, en tog weet ek niks sou ooit anders gewees het nie. Ek sal heel waarskynlik dinge wéér so doen. Die enigste verskil sou wees, die invloed en voorskrifte van die lewe daarbuite sou nie nou so ’n groot invloed op my gehad het nie (en die redes waarom ek wou trou, sou deurdag gewees het). Maar ek weet ook ek sou die druk van buite steeds nie op 23 kon hanteer nie. Ek sou weer geswig het voor alles soos wat ek toe reeds gedoen het. Ons lewe – hoe lyk dit?

Twee kinders, ’n man wat goed is, ons kan lekker baklei, mekaar verkriklik slegsê en weer opmaak met wonderlike passie en goeie seks. Ons beplan saam, maak saam groot aan ons kinders en dink na oor ons oudag. Ons is al deur diep waters in terme van finansies, werk en geloof – alles in die normale beloop van ’n volwasse lewe. Ware surbuban bliss, ’n doodgewone week van Maandag tot Maandag, dans, gaan kerk toe, werk, begroot, beplan, leef, kyk TV, gaan kamp, doen die Kersfees-ding saam met familie, doen die verjaardag-ding, doen die kuier-saam-met-pelle. Wat kan die probleem tog wees?

Ons het elkeen ons eie lewe begin lei. Hy kyk naweek ná naweek, vir ure aaneen rugby, krieket, gholf. Sy wêreld draai om sy werk. Hy is gek oor kamp en die buitelewe, lees dikke boeke deur en geniet kuiers om ’n vuur.  Ek daarenteen word eensaam sonder mense om my. Ek hou nie werklik van sport nie en sukkel om vatplek aan die kampeerdery te kry (maar ek doen dit in elk geval). Ek moet erken, êrens op hierdie reis het ek my eie identiteit verloor – iets soos die runaway bride wat nie eers geweet het hoe sy haar eiers eet nie. Ek het die konneksie met my man verloor. Ek is steeds lief vir hom, miskien ’n gewoonte-liefde. Die passie was nie meer daar nie. Die stomende verliefdheid het plek gemaak vir gemak en gerief, als wat gewoond en bekend is.

Maar ek verstaan dit is mos veronderstel om so te wees. Wie is nou so stuitig verlief op 40? Wie druk, soen en vry in die openbaar? Ek het baie die behoefte gehad om dit te doen, my man tot wilde, stomende seks in ’n hyser te verlei of op die strand liefde te maak soos toe ons studente was. Om weg te loop en te gaan dans regdeur die nag. Sy antwoord dan altyd: “Genade, ons is mos nie meer kinders nie. Hoekom jou so loop stuitig hou?” My vriendinne se reaksie: “Ag, nee wat, dis bog! Liefde is diep en ge-settle op ons ouderdom.”

Ek het nie so gevoel nie. Ek was gereeld besig om planne te maak vir avontuur en verliefdheid met wegbreeknaweke in eksotiese hotelle, passievolle seks en wonderlike intieme oomblikke. En my man? Hy het altyd eerste vasgestel of daar ’n DStv-skottel is, hoe ver die gholfbaan was en of daar ’n nice braaiplek onder by die parkeerarea van die hotel was. Dit was ’n doodsteek en my alleenheid het bly groei.

Êrens het ek gewonder oor die lewe. Genade, het ek gedink, is dit die lewe? Vir altyd? Nie dat dit sleg was nie, maar die eentonigheid, die voorspelbaarheid en die saai gemak het tog in my onbewuste lê en prut.

Een oggend, ná 15 jaar van getroude lewe, het daar ’n man by my kantoor ingestap en met sy skamerige glimlag vir ’n splitsekonde met my oogkontak gemaak. Dit het iets in my wakker gemaak wat dinge vir altyd sou verander. Ek kan argumenteer dat ek kwesbaar, eensaam en alleen was, midde-in ’n identiteitskrisis. Ja, alles is waar, maar ook nie. Hy het met my ge-connect, en op daardie oomblik was daar, sonder dat ek dit wou hê, ’n fladdering in my maag. Hy was getroud, ek was getroud en ons het geen grense vir twee jaar oorskry nie. Ons het net lekker gesels, baie lag en stadig maar seker meer drome, ideale, gedagtes, gebeure, versugtings en frustrasies begin deel.

Dinge waarvoor my man nie lus was of nie tyd voor gehad het nie, hiervoor het die kollega tyd en begrip gehad. Nog nooit het ’n verhouding my gedagtes vertroebel nie – ek het nie gedink aan seks met my kollega nie. Hy was net ’n nice pêl. Eintlik, as ek nou terugkyk, het dit stadig maar seker in ’n emosionele verhouding verander. Ek was te skaam om aan my kollega enigiets te erken, ek’t dit net in my kop gedink. Ek’t gedink dis dalk net ek wat so voel en ek sal nie die vernedering staan as ek so iets aan hom laat blyk en dan voel hy nie dieselfde nie. 

Toe word my kollega verplaas na ’n ander provinsie, weg uit my lewe. Aanvanklik was dit sleg, ek het sy companionship gemis, maar gebid dat dit moet weggaan. Dit het nie. Hoe langer hy weg was, hoe meer het ek na hom begin verlang. Ek het in die nag oor hom gedroom. Ek het via die grapevine gehoor dat hy en sy vrou geskei is. Ek het hom ge-SMS om vir hom te sê ek dink aan hom. En toe? Toe is die poorte oop. Die intensiteit van ons vriendskapsverhouding het toegeneem. Dit het in ’n emosionele verbintenis en ’n verhouding ontaard.

Ons het gesorg dat ons tyd saam begin spandeer, al het ons duisende kilometers van mekaar gebly. Die avontuur, die opwinding, die nagte van gesels en drome droom het begin. Ons het op strande geloop, ure aanmekaar soos verliefde tieners gaan dans in vreemde stede waar niemand ons geken het nie. Ons het kaalvoet in die reën gehardloop, hy het my onophoudelik en aanmekaar gesoen. Hy het vir my gesing, gedigte geskryf, dinge onthou wat my man gedink het simpel is. Hy het oogkontak gemaak, my hare gestreel, my rug gekielie en my voete masseer. Ek weet hy het die grond aanbid waarop ek loop, ek kon dit in sy oë sien.

Die realiteit van hierdie buite-egtelike verhouding was ongelooflik. Ek het geweet dat dit net een ding beteken – baie pyn en lyding vir my man en kinders, ons familie en vriende. Hy het dit beëindig. 

Hy was (en is steeds) ’n wonderlike man. Die verhouding het vir vier maande aangegaan. Hoekom dan nou uitklim daaruit? Bloot omdat ek nie vir hom kon sê dat ek bereid sou wees om my man vir hom te los nie. Die realiteit wat ons gedeel het, was nie die volle realiteit van my lewe nie. Ek was stééds lief vir my man, en malverlief op hierdie ander man. Hy het ’n iets vervul wat my man nie gedoen het nie. Hy’t uiteindelik gesê dat hy my man se vuilwerk doen en dat hy nie bereid is om dit vir die res van sy lewe te doen nie. Hy was sterk genoeg om uit te klim. 

My brood was aan albei kante gebotter. Die einde was seer en bitter, bitter alleen, maar ek dank die Here daarvoor. Ek het besef dat ek die reguit pad met my man moes loop, hoe seer, hartseer en pynlik-vernietigend dit ookal mag wees. Ek het hom nie vertel van die verhouding nie, maar wel begin om hom van my te vertel. Ek’t my identiteit, die ware ek vir hom gewys. Dit was baie pynlik en hy voel dat ek vir 20 jaar ’n leuen geleef het. Ek luister wat my man oor my te sê het, hoe hy my ervaar. Dan vertel ek hom wat ek beleef, soms tot sy groot skok. Hy sien nou ’n deel van my wat hy nie geweet het bestaan nie. Ons is in ’n krisis, oor ons verbintenis en oor hoe ons dit bestuur, nie oor die buite-egtelike verhouding wat daar was nie.

Dit is nou drie maande ná die verhouding verbreek is. In my kop is ek op ’n goeie plek. Ek werk bitter hard aan my huwelik, ek het moed en ek sien uit na die pad vorentoe. Of ek op ’n punt vir my man daarvan sal vertel? Heel waarskynlik wanneer die tyd reg is en ons verhouding op ’n plek is waar dit die situasie binne konteks kan hanteer.

Wat ek hieruit geleer het:

  • Ek sal geen mens ooit weer veroordeel wat deur so ’n situasie gaan nie – nie ’n man of ’n vrou nie. 
  • ’n Mens word nie een in ’n huwelik nie, dis bog! ’n Mens is dalk ’n eenheid, maar daar is ’n ongelooflike groot verskil tussen eenword en eenheid.
  • Twee mense moet connect, nie fuse nie.
  • Geen mens kan al jou realiteite vir jou vervul nie, daar moet ruimte in ’n verhouding wees om jou identiteit ten alle kostes te behou.

Dit moes met my gebeur anders het ek ’n vals lewe gelei en heel waarskynlik in ’n verbitterde, neurotiese middeljare vrou verander met duisende hang-ups en klagtes.

Ek is baie gelukkig dat my storie in hierdie stadium so uitgedraai het. Dit is die grootste lewensles wat ek tot dusver in my 41-jarige bestaan geleer het. Die beste deel is dat ek in die lig loop, ek het gekies om nou myself te wees en ek hoop my man en almal rondom my sal hou van wie ek werklik is.

SARIE-forumgebruiker


Brief Nr. 2

As Amor steeds in Joost se onskuld glo, is sy selfs meer goedgelowig as ek. Ek twyfel geen oomblik daaraan dat Joost skuldig is nie, want ek weet hoe dit voel om verraai te word deur die persoon vir wie jy die liefste is, deur die persoon vir wie jy vertrou het met jou diepste vreugde, vrese, hoop en drome. Vir 6 ½ jaar was ek onder die indruk dat ek dol gelukkig getroud is.  Dit het egter sowat 8 maande terug verander nadat my man een aand gebieg het – omdat die Here hom tot inkeer gebring het. 

Hy het my vertel van al sy buite-egtelike verhoudings, voor en tydens ons huwelik.  Sy laaste (en op daardie stadium huidige verhouding) het begin terwyl ek hoog swanger was met ons jongste. Toe was dit al vir 2 jaar aan die gang. Slegs iemand wat al hierdeur is, sal die skok en ontnugtering verstaan. En die allesoorheersende, allesvernietigende pyn! My hart was een bloederige massa.  Ek was op ‘n plek waar alle vertroue, hoop, drome, liefde en my selfbeeld vernietig was deur die koue lem van verraad.

Ek kon en wou dit nie glo nie, en sou dit ook nóóit geglo het as ek dit nie uit sy eie mond gehoor het nie. Wanneer jy iemand met alles in jou liefhet en 200 % vertrou, kom dit as ‘n skok wat jou hele lewe tot stilstand bring. Ek het besef dat alles wat ek omtrent my man geglo het, ‘n leuen was. Hy was ‘n vreemdeling wat ek nie geken het nie.

Ek het nooit enigiets vermoed nie, en daar was geen, maar géén tekens van ontrou nie. Inteendeel, ek het die Here elke dag gedank vir al die seën in my lewe, vir my wonderlike man en pragtige kinders. Ons was dan só gelukkig? Ek het vir hom briefies geskryf waarin ek hom bedank het dat ek nooit hoef te wonder oor waar hy is nie, en dat hy elke aand huis toe kom na my toe. Op sy beurt het hy my gereeld bederf met geskenke, en ook vir my die mooiste briefies geskryf oor hoe gelukkig ek hom maak, en hoe ek sy beste maatjie en minnares is. 

Vandag weet ek dat daar geen waarborg vir ‘n gelukkige huwelik is nie. Selfs al doen jy alles wat die slim mense voorskryf: Versorg jouself, beoefen gereelde seks, komplimenteer hom, wees sy beste maat… dit waarborg niks. My man erken self dat niks wat ek gedoen het dit veroorsaak het nie, en dat ek niks kon doen om sy ontrou te keer nie.

Ek reken mans wat hul vrouens verkul, dit almal om verskillende redes doen. Een voel afgeskeep, ‘n ander worstel met wellus, ‘n derde een het ‘n swak selfbeeld en soek die bevestiging dat hulle ‘n man is in seks, ‘n vierde een is verslaaf aan seks, ens. 

Dis 8 maande later en ek huil steeds byna elke dag. Ek worstel met dinge soos vergifnis en hoe om die stukke van my lewe op te tel en aan te gaan. Die een ding wat my staande hou, is God wat my dra wanneer ek self nie kan loop nie. Vir diegene wat in ‘n buite-egtelike verhouding betrokke is, of dit oorweeg, dink twee keer. Die pyn wat jy jou eggenoot aandoen is een van die seerste dinge ooit en ek weet nie of mens ooit heeltemal van so iets herstel nie.

Iemand wat weet, Vrystaat

  • ANNIE PRINSLOO

    brief nr 2 kon netsowel my eie verhaal gewees het.ek is daardeur en so gaan duisende vrouens deur dieselfde ding.Jy kry net eenvoudig n man wat nie aan een vrou alleen getrou kan bly nie.Ek het dit opgesom as n swakselfbeeld en sommer pure wellus.wel ek kon nie daarmee saamleef nie al het ek jare lank probeer verskonings soek vir homen uitgehou en aangehou tot ek net n senuwrak was en by die dood omgedraai het en al het ek hom ook hoe lief gehad het ek op n dag net besluit ek moet gaan en my lewe en die van my kinders probeer red.My kinders het die meeste daaronder gely want hulle wou hulle pa en hulle ma he.Tot vandag toe nog meer as 20 jaar later kan my dogters nie net verlief raak en trou nie,want hulle wil nie n man soos hulle pa he nie en hulle wil nie ly soos hulle ma nie.Ons is almal genees en selfstandig maar daardie rou wond van man en eggenoot wat nie n ander vrou kan uitlos nie laat n wond seerder as seer

  • Peet Kok.

    Ons moet besef dat dit met enigiemand kan gebeur,en hoe dit daarna uitdraai is hoe ons daarop reageer.Niemand is perfek nie en ons moet nie so trots wees om te dink dat ons uniek is nie.Dit kan met jou gebeur.
    Wat ek wel kan se is dat ons moet doen wat reg is en nie met ons gevoelens reageer nie,hoe moeilik dit ookal is.
    Maak besluite volgens waardes en norme,al voel jy hoe.

  • Elsie du Toit

    Ek is na ‘n huwelik van 26 jaar gekonfronteer met die hartseer na my man begin rondloop het. Blykbaar sy eerste oortreding…. Hy het nooit gesê hy is jammer nie en sy woede teenoor my bly my na 4 jaar nog by. Hy’t my blameer, my verkleineer en belieg. Hy’t vir 2 jaar die verhouding ontken – dit terwyl hy saam met haar vakansie gaan hou het. Bid jou aan! Ek het geglo, gebid en vertrou dat hy tot sy sinne sou kom, maar heelaas het ek op ‘n dag opgestaan en besef dat ek lank genoeg gehuil het, genoeg gesmeek het, genoeg gebid het en lank genoeg alleen na ‘n berader toe gegaan het. Ek was uiteindelik sterk genoeg om halt te roep, my besittings te pak en ons huis van 25 jaar, te verlaat met ‘n skikkingsooreenkoms wat onvoldoende was. ‘n Gebrek aan visie, ‘n onwrikbare geloof in my huwelik en jarelange steun op my lewensmaat, het my sonder polisse, pensioen, mediesefonds en inkomste gelaat

    Hy is 6 weke na die skeisaak met die ander vrou getroud. Hy het die kinders 3 weke voor die troue daarvan gese. Sy’t in my huis ingetrek….. het genot van die tuin waarin ek so hard gewerk het en die finansiële voordele wat my moes versorg in my oudag

    Ek het 5 maande na die egskeiding borskanker gekry en nooit ‘n woord van hom gehoor nie. Geen bemoedigende woord nie. Geen inkomste en op my eie…

    Vandag kan ek met selfvertroue en ‘n oop gemoed verklaar dat ek hom vergewe het. Dit was ‘n opdraende stryd, maar ek het dit ter wille van myself gedoen. ‘n Mens drink tevergeefs aan gif wat jy hoop iemand anders sal doodmaak. Ek het ‘n nuwe lewe gebou, op my eie voete leer staan, het ‘n vaste werk en leef voluit! Ek het myself gevind. Ek is ‘n mens! Ek leef en ek is dankbaar vir die liefde van my familie, my jarelange vriende en al die nuwe vriende wat ek die geleentheid gekry het om te maak. Soms is die alleenheid daar, maar dít ervaar ‘n mens ook in jou huwelik.

    Die nadraai van die verraad wat ek binne my huwelik moes verduur, is ‘n beskermingsmeganisme wat my huidige en toekomstige verhoudings affekteer. Ek het nie eens my lewensmaat van 28 jaar goed genoeg geken nie…. Ek kan tot vandag toe nie glo dat dit die eerlike, toegewyde eggenoot is wat ons met soveel liefde versorg en beskerm het wat so gestruikel het nie. Die uitdrukkig ook maar mens……?

  • Lila Ross

    Brief no.1 laat my weereens besef dat my verhouding die redding van my huwelik en sielevrede is. Ek het as sterker, minder selfsugtige en meer geduldige vrou uit die verhouding getree. (Ek het dit beëindig omdat ek ook steeds my man lief gehad het as my lewensmaat.) ‘n Sielsgenoot in ‘n verhouding vervul ‘n wonderlike rol maar die realiteit is dat ons keuses het en nie onsself en ons eie geluk voorop moet stel nie. Ek is nie spyt oor die verhouding nie, maar bou nou my geluk op wat ek my man as vrou kan bied om hom gelukkig te maak. Ek bid elke dag steeds dat die Here my moet help sodat my lewe meer vir ander sal wees en minder vir myself.

  • Liesbet Kriel

    Ek kan identifiseer met brief no. 2. Dis om en by my ma se verhaal – net, ek moes my pa uit ‘n ander vrou se woonstel gaan haal en hom sleg se voor hy aan my ma kon erken wat hy besig was om te doen. Vandag 28 jaar later, vertrou ek steeds niemand nie. As die "god" op die troon in ons huis kon tuimel, kan enigeen. Al is ek gelukkig getroud, is my oe wawyd oop…..niemand gaan aan my doen wat my ma beleef het nie….En wat brief no. 1 betref – elkeen het ‘n keuse in elke situasie…..dinge gebeur nie sommer net nie – mens loop oop oe in situasies in met ‘n doel en ‘n plan.

  • Marlyn

    Sjoe …. albei briewe is naby tuis …. voor my huwelik het ek ook ‘n getroude kollega gehad, ons was en is nog baie goeie vriende, was elke dag saam en het baie gedeel. Na ek weg is by die maatskappy het hy sy liefde aan my verklaar, dit was so lekker want ek was nog alleen – iemand stel belang, maar ek en sy vrou was sulke goeie vriendinne – ek kon net nie dit aan haar doen nie. My besluit was NEE – nie aan jou vrou nie.

    Ek is 1jaar later getroud met ‘n wonderlike man – wat ek ook 200% vertrou het, na ‘n paar getroude jare wat ek gedink het alles is reg, staan hy op en se hy wil skei, ekt al die skuld op my geneem – dis my skuld ek moes dit nog ek moes dat nog , dalk dit dalk dat probeer het. Net om 2weke later uit te vind hy het al 8maande ‘n verhouding het! DIe verwerping was vreeslik …. ek haat hom nie die Here het my soveel vrede gegee na 3 jaar dink ek nogsteeds hys oulik (alhoewel hy weer getroud is). Baie keer wonder ek as ek vroeër geweet het van die verhouding sou die seer nie minder gewees het nie want dan kon ek hom haat.

    Ek dank die Here vir my sterk beginsels en sonder Hom sou ek nie die hartseer kon verwerk nie, en goeie besluite neem.

  • Tersia Harmse

    Ja wel, van seerkry kan niemand my iets vertel nie. Ek het ook ‘n man op ‘n troon gehad en gedink hy is die wonderlikste man in die wereld. Ek het hom verskriklik bederf en was bitter goed en lief vir hom. Dit is swaar om te erken dat ek my totaal en al misreken het met hom. Sy eerste verhouding (wel, seker die eerste een wat ek van weet) was tydens my swangerskap met ons tweede baba en ek het dit uitgevind twee weke voordat my seuntjie gebore is – dit was verpletterend. Ek kon eerstens nie verstaan hoe hy dit kon doen nie en nog minder verstaan hoe ‘n "ouer" vrou dit aan ‘n ander swanger vrou kon doen nie. Toe ek uitvind van die verhouding het hy dit onmidellik gestop. Net om ‘n paar maande later my vir sy sekretaresse te los. Nou leef ek en my kinders met die seer van ‘n gebroke gesin en die wete dat hul pa ‘n rondslaper is. Hoe verduidelik jy dit aan jou kinders en probeer iets goed daaruit kry. Dit is skrikwekkend om rond te kyk en al hierdie bose dinge te aanskou. Waar gaan ons mensdom eindig as alles maar aanvaarbaar is en dit maar deel word van ons samelewing. Wat gaan uiteindelik van ons kinders word? Ek is te bang om enige man te vertrou en dit bloot omdat een man sy gesin so onbeskryflike seer en onreg aangedoen het.

  • Patrick De Wet

    Ek wil graag verstaan wat briefskrywer no 1 bedoel wanneer sy sê dat sy die pad met haar man reguit moet loop en hom dan nie eers vertel van die verhouding nie.

    Toe ek haar brief lees, is dit ‘n toonbeeld van wat in my huwelik gebeur het. My vrou wat ontrou was en alles tot die bittereinde ontken het ten spyte van al die bewyse bv selfoon oproepe, sms’s, mms’s, mixit, haar afsydig en koudheid teenoor my asook die feit dat ek haar deurlopend gekonfronteer het om sy vir my iets wegsteek. Ge-itemiseerde rekeninge wat weggegooi word asook kodes op die selfoon sodat die teksboodskappe nie gesien mag word deur nie.

    Toe die pynlike ervaring toe sy uiteindelik bieg nadat ek so knaend was en sy nie met redes vorendag kom hoekom sy so kontak gemaak het nie. Dit was soos dolke wat iemand in my steek en nog draai ook. Toe is die regte skuldige volgens haar eintlik ek, as ek haar meer gesê het hoe lief ek haar het, as ek haar meer gekomplimenteer het, as ons meer intiem was. Verdere skokkende onthullings dat dit nie die eerste keer was nie.

    Nee, ek sal jou aanraai om sommer nou met alles vorendag te kom want die verdere leuens sal net soveel seerder maak. Moenie jouself so oorskat nie. Die verborge verhouding sal maak dat die volgende keer net makliker is omdat jy kwansuis nou nie uitgevang is nie. Dit is hoe my eggenote se brein gewerk het.

    Toe word ek verder met meneer perfek vergelyk asof hy in die nag 3uur daar is wanneer die kinders siek word, of hom bekommerd of die gras gesny is en of die honde kos gekry het, of die yskas wat skielik die gees gegee het reggemaak is en of jy die inhoud moet weggooi omdat die werkswinkel nie hul belofte nagekom het nie.

    Ek het my vrou ook bederf, haar selfs verder laat studeer alhoewel sy van ons oudste se geboorte so 10 jaar terug al ‘n huisvrou was.

    Ek hoop en bid dat jy jul huwelik sal kan laat werk. Ek het eintlik nie veel hoop vir myne nie aangesien my vrou my verneuk het met die mees "useless" meneer perfek wat jy kan kry en die verdere vernedering dat sy hom selfs in my huis gebring het toe ek uitstedig was. Nie eens respek vir my gehad nie.

    Dit word egter net moeiliker gemaak om te skei as jy sulke lieflike kinders soos ek het. Dit is slegs ter will van hulle wat ek daagliks aanhou. Omdat dit so ‘n geweldige besluit is en dit in elk geval teen my christelike oortuigings is, moet ek egter sover as moontlik geduldig wees aangesien ek nie na 2 of 3 jaar met die verwyte sit "as ek net maar ‘n bietjie langer uitgehou het, dan sou dinge anders uitgewerk het"

    Sterkte vir jou en alle hulde aan al die mans en vroue wat selfs in tye van versoeking en moeilikhede nog steeds aan hul metgeselle getrou kan bly. Dit vat niks moeite om ontrou te wees nie maar baie baie baie werk om ‘n huwelik en verhoudings te laat slaag.

  • Sharon

    Ek wil net bitter graag weet of om ‘n "affair" te hê of om jou man of vrou te verneuk dan ‘n mode geword het?. My pa het dit aan my ma gedoen( en sommer ‘n klomp keer ook) en tog was hy ‘n wonderlike man. My man het dit aan my gedoen(ook ‘n wonderlike man). Om my in ons dorp hoor jy van al die verhoudings, sien jy dit op die nuus en in die koerante. Ek soek nie ‘n sielkundige ontleding nie want daar is niks fout met my of my denke nie, net wat het dan van die 10 gebooie geword?. Of soek die meeste mense maar net ‘n verskoning om te kan of mag rondneuk? Het die waarde van die huwelik dan verdwyn tot min of niks nie?

  • Myra Pieters

    Julle kan verskonings maak net soos julle lus het. Daar is reels en wette en as jy jou nie daarby hou nie, dan verander jou huwelik in een groot gemors. Om die oorsaak te wees van jou egskeiding of om die lydende party te wees, dit bly n gemors. As kinders betrokke is, veel meer, die ouderdomme verander net die intensiteit van alles.
    Ek lees van die een wat haarself moes vind en daardie een wat dit nie so bedoel het nie, los die verskonings. n Huwelik word slegs gebind as twee persone saamstem en as twee persone ewe ernstig is oor hulle toekoms sal dit werk – liefde word nie aan en af gesit soos n lig nie, en vonke spat nie net as daar n affair betrokke is nie, dit is hoe jy die vonke wil raaksien om jouself te regverdig wat jou laat dink dit kos n affair om jou aan die gang te hou. Hou op om vir verskonings te soek, die rede vir hierdie rondlopery van mans en vroue is omdat dit lekker is!!!!!!!!!!!
    Ek praat dit nie goed nie, ek is net realisties. Dit is sleg om te weet jou man het met die hele dorp se losvroue geslaap terwyl jy sy vuil onderbroeke moes was. Dit is realisme. Ek weet, ek was daar, aan die ontvang kant. Is ek bitter – nee – ontnugter en realisties.

  • Weandrie de Kock

    Ek verstaan nie mense wat verkul nie. Brief 1 jy vertel hoe jou man min aandag aan jou gegee het toe vind jy dit maar by iemand anders. Hoekom het jy nie toe daar noot krete in jou huwelik was daaraan gewerk nie. Nee jy moet hom eers verneder en dan wil hard werk. Kom by besef jy nie hoe seer jou man en kinders kry nie. kon jy nie maar jous eksdrange vir jouself gehou het nie. My pa het ook rond geloop en het gesukkel om dit te verwerk. Noudat ek self getroud is weet ek hoe maklik jy in jou eie wéreld kan leef en verwyder word van jou man. Dit is wanneer dinge uitroep vir hulp nie wanneer ‘n ou met jou oog kontak maak nie.

  • Althea Meyer

    Wel hier is my storie. Van die begin van ons huwelik af was my man baie aggresief en vinnig van geaardheid, maar tog ‘n goeie man en pa vir sy kinders. Hy kon my vreeslik slegsê, die mees ondenkbare dinge my toevoeg net om later verskoning te vra, en o ja toe ek 40 word was hy twee weke lank kwaad vir my oor iets wat ek nie eers kan onthou nie, maar ek onthou hy het stilstuipe gehad. Toe hy 40 en 50 geword het het ek verrassingspartytjies vir hom gereel en hom baie spesiaal laat voel. Die aggressie en beledegings het aangehou totdat hy een aand ‘n hele vertrek stukkend gegooi het en my amper aangerand het en ek uit vrees amper die hele nag buite vertoef het. Net om die skuld op my te pak die volgende more en te maak asof dit niks is wat gebeur het nie. Ek het besluit ek wil hier uit!! Ek het by ‘n gym aangesluit en baie gewig verloor en daar ‘n man ontmoet, eintlik het ek hom al daar voorheen gesien en met hom gesels. Hy het my gebel en so het die verhouding begin. Ek kan nie verstaan wat my na hom toe aantrek nie, maar ek voel asof hy die liefde van my lewe is – maar hy gee baie om vir my en het my gesê hy is nie lief vir my nie en tog kon ek nie tot ander insigte kom nie. My man vermoed iets en konfronteer my baie maar ek ontken alles, want net soos al die ander wil ek nie skei nie, die ander man ook nie. Ek wil net hê my man moet verander in iemand sag en lief, iemand wat my bederf en spesiaal laat voel. Hy het verander, miskien nie heeltemal soos ek hom wil hê nie, maar dis beter. Tog kan ek nog nie die verhouding met die ander man verbreek nie, ek is lief vir hom en bly hoop dat die een of ander wonderwerk wil gebeur, ek weet nie wat en hoe nie, maar ek hoop dit sal gebeur. Ek het ook al gebid oor die saak, skuldig gevoel en baie trane gestort, maar niks kan my tot inkeer bring nie. Ek is nog steeds in die gemors en sal enigeiets gee om die hele saak opgelos te kry, want sien ek wil nie skelm vir die res van my lewe bly nie…..weet nie eintlik wat om te doen nie. Dis maklik om langs die kantlyn te sit en te veroordeel maar glo my as jy in so iets is is die uitkoms moeilik

  • Nicolette TerBlanche

    Dis tog so maklik om ‘n verhouding te regverdig met stories van hoe "sleg" jou man of vrou eintlik is, hoe "ongelukkig" jy diep binne gevoel het… Dit bly verpletterend vir ‘n gesin, en selfs die wyer familie. Word tog groot, en doen die regte ding – as jy ongelukkig is, soek die fout eerstens by jouself. Geluk kom van binne! En as jy dan werklik voel dìe man of vrou is nie vir jou nie, skei dan, EERS. Want sien skei is bittere pyn, en bitter moeilik, ek weet. Affairs, duidelik baie maklik. En as skei dan te veel moeite is, werk aan jou huwelik. Daar is meer mense as net jyself betrokke. En ‘n huwelik is ‘n ‘commitment’, ‘n volwasse mens neem die besluit om daaraan te werk. Dis nie bloot ‘n gevoel nie, want gevoelens wissel.

  • Ek sit met ‘n knop in my keel oor die twee briewe, as iets soos dit met my moet gebeur sal ek dit nie oorleef nie. Maar hoe gemaak met ‘n man wat jou selfbeeld afbreek en ander vrouens heeltyd goedpraat al doen, gee en is jy als wat sy hart kamtig begeer? Wat doen jy met ‘n man wat na ‘n paar doppe fisies raak met ander vrouens en dit na die tyd afmaak as ‘n "grap"? Is dit dan my skuld as my selfbeeld ten gronde is oor sulke goed? Moet ek dan maar die heeltyd aan die kortste end van die tou trek en afsien van my reg op begeerte, toenadering, respek en liefde?

  • Felix

    Maar hoe nou gemaak as jy nie meer ‘n gevoel het vir jou wederhelfte nie ,as die persoon jou so teleurgestel het deur optrede en hoe die persoon ons kinders behandel ????

    Is dit verkeerd om te bid vir ‘n ander lewens maat, want al die gesprekke hieroor kom tot niks nie. Ek kan tog nie glo dat God wil he dat mens ongelukkig getroud moet wees nie. Nie een van ons het buite egtelike verhoudings, of nog ooit gehad nie. Dit is huidiglik nog net die kinders wat my in die huis hou.

  • Wilhelm

    Die meeste kere die mans. Maar as ‘n ongetroude man wat saambly jou vrou so beindruk met sy praatjies haar soos ‘n slim vrou en nie soos ‘n dom blond laat voel soos die meeste mans nie. As jy haar ‘n keuse gee tussen hulle vriendskap of ons huwelik en sy sê daar is niks te kies nie. Daar is niks tussen hulle nie net vriendskap. Sy skryf SMS’se vir hom onder ‘n skuilnaam omdat haar man nie die ander man ‘n kans wil gee en hom beter wil leer ken nie. Veral as haar man haar onder oê kry en vra oor die SMS’se ontken en belowe sy dis iemand anders sy huil eintlik dat ek haar man haar moet glo. As die ander man haar ‘n troetel naam gee in sy SMS. Dan is ek nog die vark in die verhaal omdat ek hom nie beter wou leer ken nie. Ja Pieter weet jou meisie van alles.

  • Sandy

    Hoe nou gemaak, mens kan nie alleen aan ‘n huwelik werk nie!!

    My storie is ‘n laaang een. Jare van macho-man, verhouding met jou beste vriendin. Op die ou end tot bekering gekom, nou ‘n laatlammetjie saam. Ek is ‘n vasbyter, is afgebreek deur "verbal abuse". Kry nooit komplimente nie. Ek kyk baie mooi na myself, want ek het trots. Ek het in 21jr nog nooit erkenning gekry vir wat ek doen nie. Ek is baie lief vir hom, of WAS ek? Ek het net nie meer lus om te baklei en ‘n alleen-stryd te voer nie. Seksueel is daar niks meer nie, want hy stres te veel oor al wat ‘n ding is. Se ook seks is nie belangrik nie. Ek is en was nog nooit ‘n koue vrou nie. Van teerheid en liefde is daar jare al nie sprake van sy kant nie. Ek hoor net altyd "as jy nie van my hou soos ek is nie, kry vir jou ‘n ander man". Ons dogtertjie is so verskriklik lief vir haar pa, aanbid die grond waarop hy loop. Nou vra ek net een vraag "Hoe gaan mens aan sonder dat jy liefde kry"? Ek wil nie skei nie, wil nie iemand anders he nie, al wat ek vra is liefde. Ek kan ‘n huwelik nie alleen maak werk nie. Wanneer hy weg van die huis werk, is hy lief vir my, maar nie wanneer hy by my is nie. Dan blameer mans hul vrouens as hul aandag kry van ander mans en dit geniet. Ons kan ook nie komunikeer nie, want dan stry ons, so uitpraat is ook nie raad nie.

  • Marie Louw

    As jou man ‘n ander vrou bo jou verkies sal die seer vir ‘n baie lang tyd daar wees. Ek sou dit beter verwerk het as hy dood was en nie by ‘n ander vrou was nie. Die Here het my daardeur gedra tot hy vir my weer iemand op my pad gestuur het na 3 jaar. 1 November verlede jaar is ek met ‘n wonderlike man getroud en weer gelukkig. Ek kan nie glo ek het so oor hom gehuil nie. Ek het opgestaan en aangegaan met my lewe. Daarvoor sê ek baie dankie aan ons wonderlike Vader in die Hemel.

  • linda

    hoe gaan jy aan na ‘n lewe van 18jaar, jy glo hom glad nie meer nie, vertrou hom nog minder, geen kommunikasie nie kan nie besluit of jy wil skei nie, jou lewe is ook nie meer interesant nie, nie eers die kinders en kleinkinders kan dit meer opbeur nie, wat nou gemaak

  • Maryna

    Nog een van vele wat deur my man verkul is. dis vir my so vreemd dat in baie gevalle dit gebeur wanneer die vrou met die 2de kind swanger is. Ek was ook. Ek voel ‘n man wil nie gebind wees nie hy wil ‘n vrou en ‘n kind he maar die ogies hou nooit op dwaal nie. Hul sal saam met enigeiemand in die bed spring sonder om ‘n oog te verroer, hul wil egter nog steeds ‘n vrou by die huis he – brood aan albei kante gebotter?? Ek voel ook ek het in ‘n siniese mens verander vandat ek dit uitgevind het, my vertroue in die mensdom is bitter baie min. Ek is nog steeds met my man getroud. Dis nou 2 jaar later. Ek moes eendag vir iemand verduidelik hoe ek voel. Ek kon dit nie verduidelik nie, ek het vir haar gese die huwelik is soos ;n baie baie dik tou as daardie tou middeldeur gesny word kan jy dit knoop, jy kan dit met die sterkste gom probeer plak maar dit sal nooit weer so sterk en betroubaar wees soos wat dit voor die tyd was nie. Dis hoe ek oor my huwelik voel. Baie sterkte aan al die vroue daarbuite ek weet nie of daar nog ‘n huwelik bestaan waar daar nog nie ‘n buiteegtelike verhouding was of gaan wees nie.

  • Lizbe

    Die einde van die maand sou ons tien jaar getroud gewees het. Ek het twee pragtige dogters. 9/11 het ek ‘n oproep gekry van ‘n onbekende vrou om te vra of ek bewus is van my man se verhouding met die buurvrou. Ek was verpletter en het hom gekonfronteer. Natuurlik het hy dit ontken – twee dae later het hy my meegedeel dat hy al lankal nie meer lief is vir my nie. Wel – ons het nog ‘n normale huwelik gehad. Daar was baie konflik oor sy kuiery by die buurman – sy beste vriend! Hy’t my gedagvaar vir ‘n egskeiding en die buurvrou het twee weke voor ek van sy buite egtelike verhouding uitgevind het haar man vir ‘n egskeiding gedagvaar. Die uiteinde – hy bly nou langsaan by haar (ons is nog getroud)- sy ook. Waar hy my aanvanklik as leunaar uitgemaak het en as iemand wat my ore aan stories uitleen – doen my liewe dierbare man en die buurvrou met haar twee kinders alles saam as een gelukkige "happy family".Ek moes verneem hulle het al vier jaar lank ‘n verhouding (Hoe blind kan mens nie wees nie!)Hulle
    het selfs die Desember vakansie saam gaan kamp. En hoe voel ek oor alles – wel ek is stukkend en so rou. Ja my familie en vriende ondersteun my en met die Here se genade is ek besig om stadig een tree op ‘n slag te gee in my donker tonnel.Ek stem saam met die vorige leser – dit sou makliker gewees het as hy dood was. Dan kon ek treur oor hom en weet hy het my ten minste nie verwerp nie. Nou moet ek sien hoe hy met sy lewe aangaan asof niks fout is nie.Hulle sal nie eens daaraan dink om my gevoelens te spaar nie. Ek het my man verloor en al weet ek dit is satan se toedoen en dat die Here my hierdeur gaan dra – is dit nogmaals nie maklik nie. Ek sou nooit gedink het dat dit met my sou gebeur nie. My man het vir 4 jaar lank so wonderlik goed toneel gespeel. Die vertrouensverhouding is vir altyd geskaad. Sal ek ooit weer ‘n man kan vertrou?

  • Ek verstaan

    Aan briefskrywer 1: Dis seker een van die beste, meees eerlike briewe wat ek nog ooit gelees het. Ek sal n lang pad saam met jou kan loop!! Ek weet jy sal die kommentare lees, en van hulle kan jy sien kom uit sekere hoeke – geloof, wette, die duiwel en wat nog. Dis alles net pogings om "onaanvaarbare" gedrag te rasionaliseer/kategoriseer, seer to verwerk en die "duiwel" te bestraf.

    Ek was self in my eerste huwelik in n buitegtelike verhouding betrokke, en ek het dit gestop ter wille van my vrou, my familie, die manier waarop ek grootgeword het en die moerse skuldgevoel in my. Ek het nooit my vrou daarvan gese nie was die beste man wat jy kan kry. En weet jy wat? Ons is in elk geval uit mekaar want ons het bymekaar verbygelewe, verskillende belangstellings gehad en op die ou einde van die dag nie meer kans gesien om aan te gaan nie. So dit het toe in elk geval nie gewerk nie. Ek het lank daaroor gedink – en besef ons is wat ons is, dis hoe God my aanmekaar gesit het, en ophou skuldig voel.

    Ons raak in langtermynverhoudings betrokke vir die verkeerde redes – omgewingsdruk, moeg vir alleen wees, geoorloofde seks, geld. En ja, omdat ons gewoonlik baie lief is vir die ander persoon. Maar dan kom "real life" en dinge verander soms – en dis nie regtig iemand se skuld nie! It takes two to tango – die een party het dalk n verhouding maar die ander een werk dalk heeeldag of is apaties of kuier altyd saam met sy pelle of is koud – so hy of sy is net so "skuldig", indien nie meer nie.

    Ek dink nie daar is n regte antwoord nie, behalwe om a) jouself te aanvaar soos jy is, ek dink jy het – well done! b) nooit iemand anders opsetlik seer te maak nie – jy het nie c) altyd eerlik te probeer wees – jy is d) to bid daai "connect" bly daar en dat jy werklik by een maat kan bly wat werklik by jou pas – anners lieg ons mos maar net vir onsself!

  • Riana

    Ek het 2 weke terug uitgevind my man het ‘n affair met sy 26-jarige PA – dit het vir 2 maande aangegaan. Vir 19 jaar het ek gedink ons het die beste verhouding, dat hy nooit so iets sal doen nie – hy het dan so baie te se gehad oor mans wat affairs het met hulle PA’s ens. ens. Wat ‘n skok. Hy het dit beeindig, haar uitgeskuif na ‘n ander afdeling, wil homself uitsorteer want volgens hom weet hy nie hoe het hy hierin beland nie, dis nie die tipe persoon wat hy is nie. Het ‘n afspraak met ‘n berader gemaak en sodra hy homself uitgesorteer het, wil hy he ons moet ‘n berader gaan sien en dinge probeer regmaak. Hy het al die skuld op homself gepak. Maar wat doen ek oor die seer in my hart, hoe kan ek hom ooit weer vertrou. Selfs as hy winkel toe gaan wonder ek of hy nie vir haar gaan sien nie. Hy is die liefde van my lewe, en ek het ons nooit op hierdie plek gesien nie. Ek vind dat ek nou alles ontleed in ons huwelik, wonder of dit werklik die eerste keer was, wonder selfs of hy nog werklik vir my lief is.

  • Thea le Roux

    brief nr.1 – ek is waar jy was – en dis so ‘n ongelooflike goeie plek op die oomblik! Net vir nou het ek nodig om geliefd te voel, sexy, begeerlik….cute. Ek bewonder jou eerlikheid met jouself, jou dapperheid om weg te loop, jou deursettingsvermoee om te werk aan jou huwelik…ek weet ek sal die harde doringpad terug moet begin stap…maar dis moeilik as jy iemand gevind het met wie jy kan lag – met oorgawe, kan gesels, soos ‘n godin voel…en dan terug huis toe, met ‘n negatiewe man wat nie regtig belangstel om saam met my te groei – of te ontdek wie ek is nie….

  • Rene

    My man het in 2009 ‘n verhouding met sy vriend se suster gehad. Hy het dit ‘n jaar vir my weg gesteek. Toe ek dit uitvind het hy dit erken en ook gese dat sy nou swanger is met sy kind. Die verhouding is beeindig, maar wat nou? Hoe bou jy weer aan so ‘n huwerlik waar daar ‘n buite-egtelike kind in die huwerlik is? Ons het 2 dogters (5/10) Hulle weet dat hul pa ‘n ander vrou ‘ge-entertain’het, en dat daar oor ‘n paar maande ‘n baba gaan wees. Vra jy my nou hoe ek voel dan sal ek jou antwoord "leeg". Ek wonder hoekom ‘n vrou betrokke raak by ‘n getroude man waar sy deeglik bewus is dat hy nie van sy vrou gaan skei nie. Wat bereik sy deur so ‘n verhouding?

  • Anneli

    Sjoe, ek voel of ek heeltyd in ‘n kas lewe. Ek is een van die vroue wat met iemand wat getroud is n affair het. Ons sien mekaar nie gereeld, maar is meer in kontak met mekaar as wat sy vrou is. Ek wonder soms hoe het dit gebeur? Hoe kan ek ‘n ander vrou so seer maak! Maar dan dink ek aan hoe sy hom behandel, na soveel jare saam is hy haar smeerlap. Om so ‘n dierbare man te ontmoet (onthou ons ken mekaar al 9 jaar en het eers betrokke geraak 1 jaar terug!!!) en uiteindelik jou pot se deksel te kry is iets wat net eenmal in ‘n leeftyd gebeur.
    Gaan ons ‘n lewe saam kan voer? Ek hoop so, want hy is my alles. Voel ek sleg dat ek dit aan ‘n ander vrou doen? Ja, baie! Maar weer ‘n keer moet ek se, ons is mekaar se deksels. Albei is nie meer jonk nie, ek in my 40 en hy in sy 50.

  • Marsell

    Ek het sopas uitgevind dat my Liefie ‘n eenmalige "fling" met ‘n ou vriendin gehad het en dat die kind ‘n paar weke gelede gebore is. Ek is verby stukkend. Ek weet nie wat my tedoen staan, wat ek mag doen of sê daaroor nie. Het met ‘n draai uitgevind en hom direk daaroor gevra, wat hy nie ontken het nie. Ek het natuurlik afgegaan soos iemand wat EKself nie eers ken nie. Die liefde van my lewe, en soos ek glo is ek ook die liefde van sy lewe, het toe die 3e persoon geword. Ek is die een wat sal aanvaar, dink ek, en nog kan aangaan, maar nie as ek moet wag dat die ander party besluit of hy in of uit hulle lewe moet wees nie. Ek is ook nie seker of sy van my weet, of liewer wat my posisie in sy lewe is nie. Hy sê wel dat hy haar nou vertel het van ons verhouding en dat ek lief is vir hom.

    Ek weet nie of dit vertroosting of versekering is wat ek soek nie. Wat my die meeste opvreet, ons verhouding word 2jaar en 9maande oud, die baba word ‘n maand oud. Is daar iemand wat dalk ook in so situasie was of is, moet ek met haar kontak of wag dat hulle besluite neem waarby ek nie betrokke is nie.?

  • Jolanda

    Ai, my hart is so seer terwyl ek die artikels en die kommentaar lees. Ek is ook stukkend oor sy affair van die verlede. Ons is steeds bymekaar, die verlede is verby, huweliksberading het goed gewerk, anti-depressante help dat ek nie heeldag huil nie, hy werk bitter hard aan ons verhouding, ek ook. Daar is geen waarborge in enige huwelik nie. Ek is REALISTIES positief oor die toekoms, maar ons altwee weet verseker dat as daar ‘n herhaling van ‘n verhouding aan sy kant is, is ons huwelik van 17 jaar verby. EK het geleer dat NIEMAND jou kan voorskryf hoe om so ‘n situasie te hanteer nie. Moenie eers iemand anders oordeel nie, daar is te veel dimensies en faktore in elke huwelik wat jy as buitestaander nie kan sien nie. So in plaas van oordeel, ondersteun. Daar is so baie van ons wat gebreek en stukkend en plat op die grond is na so ‘n ondervinding. Kom ons ondersteun mekaar en help mekaar op sodat ons almal weer die lewe in die oe kan kyk. Voorspoed en liefde vir julle almal, maak nie saak wat jou situasie is nie. Ek dink aan jou, al ken ek nie jou naam nie!

  • beth

    hoekom hoegenaamd nog trou…. bring ander wetgewing in wat biologiese vaders verplig om onderhoud te betaal vir hulle kinders, en laat almal maar met almal verkeer soos diere… dis in elk geval soos dit deesdae gaan en soos ek dit sien gaan niks verander nie… en verskonings en kammakastige redes waarom dit gebeur, is daar mos genoeg van. ek lees hier van al die ‘wonderlike goeie mans en vrouens’ wat almal die kat in die donker knyp. almal met hulle ‘redes’.
    nou vra ek jou hoe kan n mens nie sinies wees in so n deurmekaar en morsige wereld soos die huidige nie?

  • Nadine

    Ek is maar 26 jaar oud en het ‘n verhouding begin met ‘n baie aantreklike en wonderlike man. Hy was vir 10jaar getroud met 2 kinders toe hy uitvind dat sy vrou ‘n affair het met ‘n ander man! Ek het die seer in hom en in sy kinders gesien en sal dit nooit aan iemand kan doen nie! Niks in die lewe is maklik of kom verniet nie, selfs nie liefde nie. ‘n Mens moet daaraan werk! ‘n Mens moet vir/aan als werk, gewig, geld, loopbaan en liefde. Vir die wat dink hulle sal nooit weer kan vertrou of lief raak nie, bytvas. Die man in my lewe het dieselfde gese en nou begin ons ‘n nuwe lewe saam en weet dat daar nie plek is vir leuens en wantrou in ‘n verhouding nie. Net altyd snaaks, dat mense hulle self laat goed voel oor ‘n affair deur te se sy/hy behandel my sleg, die liefde is dood ens. Maar ek verstaan nie hoe ‘n affair dit kan regmaak nie? mense wat affairs het is selfsugtig en dink net aan hulle eie belang en dink die lewe skuld hulle ietsies en plesiertjies!

  • Maria

    Michelle: Ek kan nie verstaan hoe kan ‘n ma (getroude vrou) ‘n ontrouheid aan haar man doen nie. Dit skok my tot in my diepste wese. Ek is getroud en het twee seuntjies (2 en 4) en my man is seker die grootste leuenaar wat ek ken. Van kuiertjies in kroeë tot baie laat aand (sê vir my hy werk) en sit in stripclub (sê dit was ook die eerste keer). Ag, sy leuens maak my so moeg want vir 7 jaar gaan dit nou al so aan. Wanneer kan hy besef dat dit my en die kinders so seer maak. Die ergste is dat hy my die skuld gee vir al sy leuens en ek is nie meer so ‘mooi’ nie. Ek besef ‘n paar kilogramme na die kinders se geboorte moet aandag kry maar ek doen alles vir hom en het hom nog nooit seks geweier nie. Ek gym en draf en leer verder. Ons het al so veel kere ‘n berader gaan sien maar sy leuens hou nooit op nie. Ek weet tot vandag toe nie of daar ‘n ander vrou ook betrokke is nie want hy lewe ‘n ‘dark’ lewe so geheimsinnig en dit lyk nie eens of hy omgee of dit my seermaak nie. Hy staan elke oggend op en alles is mos ‘back to normal’. Weet julle mans nie wat julle aan ons vrouens doen nie? Leuens is Satan se kos. Dit is so sleg om altyd op die rand te sit en besluit, skei ons of moet ek terwille van die kinders bly – julle tipe mans maak ons vrouens dood!

  • Maria

    Michelle: Ek kan nie verstaan hoe kan ‘n ma (getroude vrou) ‘n ontrouheid aan haar man doen nie. Dit skok my tot in my diepste wese. Ek is getroud en het twee seuntjies (2 en 4) en my man is seker die grootste leuenaar wat ek ken. Van kuiertjies in kroeë tot baie laat aand (sê vir my hy werk) en sit in stripclub (sê dit was ook die eerste keer). Ag, sy leuens maak my so moeg want vir 7 jaar gaan dit nou al so aan. Wanneer kan hy besef dat dit my en die kinders so seer maak. Die ergste is dat hy my die skuld gee vir al sy leuens en ek is nie meer so ‘mooi’ nie. Ek besef ‘n paar kilogramme na die kinders se geboorte moet aandag kry maar ek doen alles vir hom en het hom nog nooit seks geweier nie. Ek gym en draf en leer verder. Ons het al so veel kere ‘n berader gaan sien maar sy leuens hou nooit op nie. Ek weet tot vandag toe nie of daar ‘n ander vrou ook betrokke is nie want hy lewe ‘n ‘dark’ lewe so geheimsinnig en dit lyk nie eens of hy omgee of dit my seermaak nie. Hy staan elke oggend op en alles is mos ‘back to normal’. Weet julle mans nie wat julle aan ons vrouens doen nie? Leuens is Satan se kos. Dit is so sleg om altyd op die rand te sit en besluit, skei ons of moet ek terwille van die kinders bly – julle tipe mans maak ons vrouens dood!

  • Mara

    Die eie ekke siekte

    My persoonlike mening oor mense wat buite egte verhoudings aanknoop het die eie ekke siekte. Geen maar geen rede wat gegee word vir so ‘n daad regverdig enige verskonings nie, mens hoor altyd die een doen aan hom of haar. Snert! Jou huweliksmaat kan jou nie innerlik gelukkig maak nie, dit begin by jouself. Rondloop verklap dat jy nie betroubaar is nie, geen morele standaarde het nie. Die skuld altyd op iemand anders pak, al is dit jou skuld. Jou behoeftes moet bevredig word, jy wil he ander mense moet jou laat goedvoel oor jouself. En briefskrywewr 1 praat van daar is nie so iets soos 1 word met jou huweliksmaat nie, wel dan is my Bybel seker verkeerd gedruk want dit staan daar dat julle een word. Ek wonder net hoe sou hierdie vrou gevoel het as die rolle omgekeerd was? Klink my sy waardeer niks goeds in die lewe nie, haar man klink na ‘n goeie rustige siel. Mag jy tot jou sinne kom en so ook alle vroue en mans wat se verstand nie in hul koppe is nie maar ondertoe. Dit kan nie die moeite werd wees om ‘n goeie huwelik op die spel te plaas deur net goed te voel oor jouself en om ‘n paar sekondes se genot te he nie. Ek glo ook nie skuldgevoel, dws as jy so iets het soos ‘n gewete, is lekker nie.
    Ek was ook verneuk, nie eers met dieselfde rasgroep as ons nie, sy het vigs gehad en hul het nie kondome gebruik nie. Als net vir lus. (en vir ‘n man wat se seksuele behoeftes daagliks soms 2 keer per dag vervul word, is die probleem duidelik) Sy is ‘n vuilvrou, een wat net permanente verblyfreg in ons land gesoek het, wat my huis wou gehad het. Seks was toe nie so goed met haar nie en sy is koebaai gese. Ook het dit toe als op die lappe gekom dat prostitute ‘n paar maal besoek is. Nou is hierdie goedgelowige goeie vrou wat haar man se behoeftes nog altyd eerste gestel het weer goed genoeg. En vir my is dit genoeg, dis nie my kop wat gestamp is nie. Gaan daar ‘n volgende keer wees? Nee nooit want sy oe het oopgegaan! Hy het sy hart vir die Here gegee, ek glo hom. Sou dit wel gebeur weet hy ook daar sal nie weer ‘n kans wees nie en hy is al by die 50. Geloof, hoop en liefde hou my staande!
    Mara

  • Alta

    Mara ek haal my hoed vir jou af! Ek sukkel om my man weer te vertrou… Ons huwelik is ook deur diep waters die afgelope 20 jaar. Hy het ‘n prostituur besoek om my te straf nadat hy uitgevind het ek is nog bevriend met ‘n ou liefde… in dieselfde tyd was hy nie onskuldig nie. Ag lang stories, feit is… hy het ‘n verhouding met ‘n kollega aangeknoop, ek het dit vermoed en hy het dit telkemale ontken. Selfs nadag ek briewe swart op wit van haar gekry het, het hy dit nog steeds ontken!! Hy het my gekies. OF so se hy. Ek glo hom nie. Hy sien haar nog elke dag by die werk. Is ek verkeerd om te verwag hy moet my duisende vrae beantwoord? Hy word kwaad en weier om daaroor te praat (Hy het my al heelwat vertel) Ek het al gesmeek dat ons vir berading gaan….. hy maak of hy nie hoor nie. Ek het net so nare gevoel dat die verhouding nie rerig verby is nie. Ek bid baie, daagliks, smeek die Here om die pyn in my hart weg te neem en my te help vertrou. Dalk is ek te haastig? Dis nou maar 5 maande nadat ek hom uitgevang het.

  • Lorinda

    DIS UITSTEKEND.WEL DIS PRESIES WAT MY VERMOEDENS BEWAARHEID HET.MY MAN HET N AFFAIR MET N VRIENDIN VAN MY.DIT WIL SE NA EK EN MY MAN 10 JAAR GETROUD IS EN DRIE DOGTERS LATER.EK WIL NET WEET HOEKOM.SY IS OOK GETROUD EN HET DRIE KINDERS.EK DOEN ALS.MAAR NIKS IS MEER GOED GENOEG NIE.SOEK VOUT MET ALS.SE MY SLEG AGTER MY RUG.EK WAS SO SEER GEMAAK.HET SOVEEL HAAT.EK HET NOG NIE OOR DIE SKOK GEKOM VAN MY MAN HET N AFFAIR MET ANDER VROUENS.DIT HET NOU AL N PAAR JAAR WAT DIT SO AANGAAN.EK IS AFHANKLIK VAN HOM.HET NIE N WERK NIE.HY IS DIE EEN WAT GESE HET EK MOET BY DIE HUIS BLY,KINDERS GROOT MAAK EN HUISVROU SPEEL.HY MAG DOEN EN GAAN SOOS HY LUS KRY.MAAR EK MAG NIE NET DOEN EN BREEK SOOS EK LUS KRY NIE.MOET ALTYD GAT LEK VIR GELD.ALTYD IS DAAR NET BEKLEIRERY OOR ALS.EK KAN NIE MEER NIE.

  • Amanda

    Ja, na amper 9 jaar is die pyn nog daar, my man het ook halsoorkop op na ander getroude vrou verlief geraak en sommer na net 2 weke uitgetrek, hy is al haar 3de man. Gevoelloos, ek ken haar nie eers nie,wil haar ook nie ken nie, vandag is hy spyt en het aan my erken dat dit wat hy gedoen het nie die moeite werd was nie, weet jy wat, dit is te laat. Ek is benadeel deur hul selfsugtigheid, is vandag n eensame vrou want ek is bang vir weer seerkry, vetrou ook niemand meer nie. Aan alle ontroue mans en vroue, julle is net pure selfsugtig en moenie dink julle sal ooit werklik gelukkig wees nie, die Vader keur dit beslis nie goed nie.My dogter is 25 jaar oud, vertrou nie mans nie want haar held haar wonderlike pappa het haar ook in die steek gelaat, het nie onderhoud betaal nie en mama moes opsnork.Ek is nie bitter nie, my lewe is net verwoes en glo my ek huil nog elke naweek. Ek haat naweke wanneer almal om jou gelukkig is en jy is alleen.

  • vbniyx

    oMeXwR vhnexcjxrzre, [url=http://kxbpjonthwya.com/]kxbpjonthwya[/url], [link=http://ommtvbnhnzuv.com/]ommtvbnhnzuv[/link], http://sepjnytgntln.com/

  • Piet V

    Na 22 jaar kon ek uiteindelik aan my vrou erken dat ek niks meer vir haar voel nie. Dat daar iemand anders was. ‘n Ou skool vriendin wat ek na jare weer ontmoet het. Wat opgewonde kon praat oor haar lewe, dit wat mooi is vir haar kon sê. Iemand wat ek kon leer ken het.

    Hoekom sou ek haar bo my vrou en kinders wou verkies? Want anders as die stereotipe beeld van mans, soek ek nie na ‘n beter selfbeeld nie, soek ek nie seks nie, soek ek nie my jeug terug nie. Al waarna ek gesmag het vir jare was iemand wat ek kon leer ken. Ek weet nie hoe voel my vrou oor dinge nie. Ek weet nie wat is haar gunsteling kleur nie. My skuld dalk? Maar om elke vraag met ‘n enkele kort sin beantwoord te kry, om net ‘n "goed" te kry as ek oor die dag wil gesels, om dinge neer te sit en die vertrek uit te loop, sonder om te weet hoekom of waarheen, elke dag, het my gevoel vir ons doodgemaak.

    Hardegatgeid aan albei kante.

    Ek weet my vrou sal my nie meer vertrou nie. Ons het beide probeer om harder te werk aan die huwelik. Vir haar is stilbly oor iets natuurliks, vir my ‘n oordeel, die onderstreping van my liefdelose gevoel van vooraf.

    Waar los dit my?

    My gedagtes, my liefde, ly toekoms lê by die ander vrou. My realiteit in ons huwelik. My vrou praat nog steeds nie. Ek kan haar nog steeds nie leer ken nie. Alle kontak met die ander vrou is verbreek. Ons sien beraders. Maar pille maak mens nie lief vir iemand wat nie meer wil liefde wys nie.

    Ek wil nie aan my dogters ‘n beeld gee van ‘n liefdelose pa nie. Ek wil hulle nie deur die pyn en hartseer sit nie. Maar dit is nie glad nie maklik om weer lief te word vir iemand waarvoor mens net niks voel nie. Nie haat nie, nie afkeer nie. Net bloot niks. Want ek glo liefde vra dat mens jouself oopstel vir die ander een. Sodat mense deel kan voel van die ander een se lewe. Anders bly mens twee aparte siele. Onder een dak.

  • Piet V

    Na 22 jaar kon ek uiteindelik aan my vrou erken dat ek niks meer vir haar voel nie. Dat daar iemand anders was. ‘n Ou skool vriendin wat ek na jare weer ontmoet het. Wat opgewonde kon praat oor haar lewe, dit wat mooi is vir haar kon sê. Iemand wat ek kon leer ken het.

    Hoekom sou ek haar bo my vrou en kinders wou verkies? Want anders as die stereotipe beeld van mans, soek ek nie na ‘n beter selfbeeld nie, soek ek nie seks nie, soek ek nie my jeug terug nie. Al waarna ek gesmag het vir jare was iemand wat ek kon leer ken. Ek weet nie hoe voel my vrou oor dinge nie. Ek weet nie wat is haar gunsteling kleur nie. My skuld dalk? Maar om elke vraag met ‘n enkele kort sin beantwoord te kry, om net ‘n "goed" te kry as ek oor die dag wil gesels, om dinge neer te sit en die vertrek uit te loop, sonder om te weet hoekom of waarheen, elke dag, het my gevoel vir ons doodgemaak.

    Hardegatgeid aan albei kante.

    Ek weet my vrou sal my nie meer vertrou nie. Ons het beide probeer om harder te werk aan die huwelik. Vir haar is stilbly oor iets natuurliks, vir my ‘n oordeel, die onderstreping van my liefdelose gevoel van vooraf.

    Waar los dit my?

    My gedagtes, my liefde, ly toekoms lê by die ander vrou. My realiteit in ons huwelik. My vrou praat nog steeds nie. Ek kan haar nog steeds nie leer ken nie. Alle kontak met die ander vrou is verbreek. Ons sien beraders. Maar pille maak mens nie lief vir iemand wat nie meer wil liefde wys nie.

    Ek wil nie aan my dogters ‘n beeld gee van ‘n liefdelose pa nie. Ek wil hulle nie deur die pyn en hartseer sit nie. Maar dit is nie glad nie maklik om weer lief te word vir iemand waarvoor mens net niks voel nie. Nie haat nie, nie afkeer nie. Net bloot niks. Want ek glo liefde vra dat mens jouself oopstel vir die ander een. Sodat mense deel kan voel van die ander een se lewe. Anders bly mens twee aparte siele. Onder een dak.

  • Piet V

    Na 22 jaar kon ek uiteindelik aan my vrou erken dat ek niks meer vir haar voel nie. Dat daar iemand anders was. ‘n Ou skool vriendin wat ek na jare weer ontmoet het. Wat opgewonde kon praat oor haar lewe, dit wat mooi is vir haar kon sê. Iemand wat ek kon leer ken het.

    Hoekom sou ek haar bo my vrou en kinders wou verkies? Want anders as die stereotipe beeld van mans, soek ek nie na ‘n beter selfbeeld nie, soek ek nie seks nie, soek ek nie my jeug terug nie. Al waarna ek gesmag het vir jare was iemand wat ek kon leer ken. Ek weet nie hoe voel my vrou oor dinge nie. Ek weet nie wat is haar gunsteling kleur nie. My skuld dalk? Maar om elke vraag met ‘n enkele kort sin beantwoord te kry, om net ‘n "goed" te kry as ek oor die dag wil gesels, om dinge neer te sit en die vertrek uit te loop, sonder om te weet hoekom of waarheen, elke dag, het my gevoel vir ons doodgemaak.

    Hardegatgeid aan albei kante.

    Ek weet my vrou sal my nie meer vertrou nie. Ons het beide probeer om harder te werk aan die huwelik. Vir haar is stilbly oor iets natuurliks, vir my ‘n oordeel, die onderstreping van my liefdelose gevoel van vooraf.

    Waar los dit my?

    My gedagtes, my liefde, ly toekoms lê by die ander vrou. My realiteit in ons huwelik. My vrou praat nog steeds nie. Ek kan haar nog steeds nie leer ken nie. Alle kontak met die ander vrou is verbreek. Ons sien beraders. Maar pille maak mens nie lief vir iemand wat nie meer wil liefde wys nie.

    Ek wil nie aan my dogters ‘n beeld gee van ‘n liefdelose pa nie. Ek wil hulle nie deur die pyn en hartseer sit nie. Maar dit is nie glad nie maklik om weer lief te word vir iemand waarvoor mens net niks voel nie. Nie haat nie, nie afkeer nie. Net bloot niks. Want ek glo liefde vra dat mens jouself oopstel vir die ander een. Sodat mense deel kan voel van die ander een se lewe. Anders bly mens twee aparte siele. Onder een dak.

  • Piet V

    Na 22 jaar kon ek uiteindelik aan my vrou erken dat ek niks meer vir haar voel nie. Dat daar iemand anders was. ‘n Ou skool vriendin wat ek na jare weer ontmoet het. Wat opgewonde kon praat oor haar lewe, dit wat mooi is vir haar kon sê. Iemand wat ek kon leer ken het.

    Hoekom sou ek haar bo my vrou en kinders wou verkies? Want anders as die stereotipe beeld van mans, soek ek nie na ‘n beter selfbeeld nie, soek ek nie seks nie, soek ek nie my jeug terug nie. Al waarna ek gesmag het vir jare was iemand wat ek kon leer ken. Ek weet nie hoe voel my vrou oor dinge nie. Ek weet nie wat is haar gunsteling kleur nie. My skuld dalk? Maar om elke vraag met ‘n enkele kort sin beantwoord te kry, om net ‘n "goed" te kry as ek oor die dag wil gesels, om dinge neer te sit en die vertrek uit te loop, sonder om te weet hoekom of waarheen, elke dag, het my gevoel vir ons doodgemaak.

    Hardegatgeid aan albei kante.

    Ek weet my vrou sal my nie meer vertrou nie. Ons het beide probeer om harder te werk aan die huwelik. Vir haar is stilbly oor iets natuurliks, vir my ‘n oordeel, die onderstreping van my liefdelose gevoel van vooraf.

    Waar los dit my?

    My gedagtes, my liefde, ly toekoms lê by die ander vrou. My realiteit in ons huwelik. My vrou praat nog steeds nie. Ek kan haar nog steeds nie leer ken nie. Alle kontak met die ander vrou is verbreek. Ons sien beraders. Maar pille maak mens nie lief vir iemand wat nie meer wil liefde wys nie.

    Ek wil nie aan my dogters ‘n beeld gee van ‘n liefdelose pa nie. Ek wil hulle nie deur die pyn en hartseer sit nie. Maar dit is nie glad nie maklik om weer lief te word vir iemand waarvoor mens net niks voel nie. Nie haat nie, nie afkeer nie. Net bloot niks. Want ek glo liefde vra dat mens jouself oopstel vir die ander een. Sodat mense deel kan voel van die ander een se lewe. Anders bly mens twee aparte siele. Onder een dak.

  • Piet V

    Na 22 jaar kon ek uiteindelik aan my vrou erken dat ek niks meer vir haar voel nie. Dat daar iemand anders was. ‘n Ou skool vriendin wat ek na jare weer ontmoet het. Wat opgewonde kon praat oor haar lewe, dit wat mooi is vir haar kon sê. Iemand wat ek kon leer ken het.

    Hoekom sou ek haar bo my vrou en kinders wou verkies? Want anders as die stereotipe beeld van mans, soek ek nie na ‘n beter selfbeeld nie, soek ek nie seks nie, soek ek nie my jeug terug nie. Al waarna ek gesmag het vir jare was iemand wat ek kon leer ken. Ek weet nie hoe voel my vrou oor dinge nie. Ek weet nie wat is haar gunsteling kleur nie. My skuld dalk? Maar om elke vraag met ‘n enkele kort sin beantwoord te kry, om net ‘n "goed" te kry as ek oor die dag wil gesels, om dinge neer te sit en die vertrek uit te loop, sonder om te weet hoekom of waarheen, elke dag, het my gevoel vir ons doodgemaak.

    Hardegatgeid aan albei kante.

    Ek weet my vrou sal my nie meer vertrou nie. Ons het beide probeer om harder te werk aan die huwelik. Vir haar is stilbly oor iets natuurliks, vir my ‘n oordeel, die onderstreping van my liefdelose gevoel van vooraf.

    Waar los dit my?

    My gedagtes, my liefde, ly toekoms lê by die ander vrou. My realiteit in ons huwelik. My vrou praat nog steeds nie. Ek kan haar nog steeds nie leer ken nie. Alle kontak met die ander vrou is verbreek. Ons sien beraders. Maar pille maak mens nie lief vir iemand wat nie meer wil liefde wys nie.

    Ek wil nie aan my dogters ‘n beeld gee van ‘n liefdelose pa nie. Ek wil hulle nie deur die pyn en hartseer sit nie. Maar dit is nie glad nie maklik om weer lief te word vir iemand waarvoor mens net niks voel nie. Nie haat nie, nie afkeer nie. Net bloot niks. Want ek glo liefde vra dat mens jouself oopstel vir die ander een. Sodat mense deel kan voel van die ander een se lewe. Anders bly mens twee aparte siele. Onder een dak.

  • Piet V

    Na 22 jaar kon ek uiteindelik aan my vrou erken dat ek niks meer vir haar voel nie. Dat daar iemand anders was. ‘n Ou skool vriendin wat ek na jare weer ontmoet het. Wat opgewonde kon praat oor haar lewe, dit wat mooi is vir haar kon sê. Iemand wat ek kon leer ken het.

    Hoekom sou ek haar bo my vrou en kinders wou verkies? Want anders as die stereotipe beeld van mans, soek ek nie na ‘n beter selfbeeld nie, soek ek nie seks nie, soek ek nie my jeug terug nie. Al waarna ek gesmag het vir jare was iemand wat ek kon leer ken. Ek weet nie hoe voel my vrou oor dinge nie. Ek weet nie wat is haar gunsteling kleur nie. My skuld dalk? Maar om elke vraag met ‘n enkele kort sin beantwoord te kry, om net ‘n "goed" te kry as ek oor die dag wil gesels, om dinge neer te sit en die vertrek uit te loop, sonder om te weet hoekom of waarheen, elke dag, het my gevoel vir ons doodgemaak.

    Hardegatgeid aan albei kante.

    Ek weet my vrou sal my nie meer vertrou nie. Ons het beide probeer om harder te werk aan die huwelik. Vir haar is stilbly oor iets natuurliks, vir my ‘n oordeel, die onderstreping van my liefdelose gevoel van vooraf.

    Waar los dit my?

    My gedagtes, my liefde, ly toekoms lê by die ander vrou. My realiteit in ons huwelik. My vrou praat nog steeds nie. Ek kan haar nog steeds nie leer ken nie. Alle kontak met die ander vrou is verbreek. Ons sien beraders. Maar pille maak mens nie lief vir iemand wat nie meer wil liefde wys nie.

    Ek wil nie aan my dogters ‘n beeld gee van ‘n liefdelose pa nie. Ek wil hulle nie deur die pyn en hartseer sit nie. Maar dit is nie glad nie maklik om weer lief te word vir iemand waarvoor mens net niks voel nie. Nie haat nie, nie afkeer nie. Net bloot niks. Want ek glo liefde vra dat mens jouself oopstel vir die ander een. Sodat mense deel kan voel van die ander een se lewe. Anders bly mens twee aparte siele. Onder een dak.

  • Santjie

    Dit is interessant om almal se kommentaar en stories te lees. Dit is soos ‘n mat, die donker kleure en die hartseer word so duidelik ingeweef.Die teleurstelling,woede word so maklik raakgesien. Dis nie lekker nie,dit gaan nie oor eie-ekke nie,oor seks nie. Ook nie jou pot se deksel nie. Mense is geneig om nie na hulself te kyk onder ‘n vergrootglas nie.As jou man of vrou rondloop, en veral as jy dit nie agterkom nie,is jy nie ingestel op sy of haar ritme nie. Brief no 1, jy is regtig eerlik oor die hele situasie,maar wat vir my opval doen daardie man van jou niks om jou laaste snikke van jonkwees en nagte deurdans en kaalgat op die strand te hardloop nie. Nee wat ek hoop van harte ,as jy nou hard probeer om jou huwelik te laat slaag,slaag jy daarin om elke dag as die voeltjies sing,vir jouself te lieg. As jy op die strand stap anderpad te kyk as die ou mensies hand aan hand vir mekaar skulpies optel. Daar was iemand wat gese het, mens moet weer na die bybel gaan kyk, want twee mense word een as hulle trou. Is dit regtig wat God bedoel het ? Hy is dan so lief vir elke mens en elkeen se uniekheid. Dis hier waar die probleem le.As jy dink jy besit iemand, moet weet wat hy /sy die hele tyd dink, sy persoonlike ruimte uitbuit, dan het jy alreeds die paadjie begin loop na hartseer en teleurstelling. Mense is geneig om ander seer te spaar, veral sy /haar liefie kinders. Die martelaar te speel, homself/haarself eintlik vir die res van hulle lewe te straf as daar net kameraadskap is,en nie meer liefde nie. Mense wil liefgehe word, ons haal asem vir dit. Liefde is nie vir ewig soos die liedjies sing nie, jy moet geniet wat nou is en nie waarborge soek vir ewig nie,dis nie ‘n polis vir lewensdekking nie. Gryp die liefde ,al is dit net vir ‘n oomblik, ‘n paar weke ,jare tot jy dit op gebruik het.

  • dWnPxZiG

    Go to my [url=http://www.reviewedtools.com]review[/url] site!!!

  • dWnPxZiG

    Go to my [url=http://www.reviewedtools.com]review[/url] webpage.

  • dWnPxZiG

    Check out this [url=http://www.reviewedtools.com]reviewed[/url] webpage!!

  • dWnPxZiG

    Check out my [url=http://www.reviewedtools.com]review[/url] website…

  • RIKA

    JA MENSE, TOE IS EK OOK DAAR, EK IS 40 JAAR OUD EN IN N VERHOUDING MET N MAN VAN
    50 JAAR.

    EK IS AL 17 JAAR GETROUD, JA, DAAR WAS LEKKER TYE OOK GEWEES, MAAR MY MAN HET NET ALLES VERLOOR, HY STEL OP DIE OOMBLIK NET BELANG IN DRANK EN SEKS EN DIT GRIL MY, HY MAAK MET MY EN MY TWEE KINDERS NES HY WIL, PRAAT MET ONS OF ONS SY HONDE IS, HY WARRIE NIE OOR FINANSIES NIE NOG MINDER OOR DINGE WAT STUKKEND IS IN DIE HUIS, EK EN DIE KINDERS MOET MAAR SIEN EN KOM KLAAR.

    NOU JA, TOE KOM MENEER REG IN DIE PRENTJIES NOU SO TWEE WEKE TERUG, EK WEET NIE MOOI NIE, EK IS BANG, WANT AS MY MAN MOET WEET VAN MY AFFAIR MAAK MY HY MY DOOD. TOG IS EK BAIE ONGELUKKIG MET MY MAN, NIKS WERK MEER UIT NIE, EN MENEER REG IS ALLES WAAROOR EK NOG ALTYD DROOM VAN N MAN.

    HOE MAAK EK, WAT MOET EK DOEN.

  • Billy

    Dit was met groot seer en skok toe my vrou my die naweek inlig dat sy my verkul het. Sy het my onverskoning gevra en beloof om dit te stop. Ek het nooit in my hele lewe geglo dat sy so iets sou doen nie. Sy ry baie rond deur die dag vir haar werk en het begin "flirt" met iemand nadat sy aan die persoon bekend gestel is deur n klient. Dinge het verder ontwikkel en hulle het mekaar begin sien. Sy voel bitter sleg oor wat gebeur het en het ingestem om huweliks verryking en enige ander hulp te gaan bywon saam met my. Ek het haar vergewe. Dit het ek gedoen om dat ek wou. Ek wil nie my vrou verloor nie. Ek wil nie my twee klein seuntjies in n gebroke huis laat groot word nie. Ek wil nie iemand anders my lewe mee deel nie. ONS HUWELIK is vir ONS. Ek weet en glo dat die HERE ons sal seen en ons huwelik sal seen.
    Ek lees hier van baie vroue wat se mans drink en laat nagte het en hulle nooit komplimenteer nie. Ek is nie perfek nie maar ek drink en rook nie. Ek doen baie by die huis. Ek skreu nooit op haar of die kinders nie ek gee haar elke dag komplimente. Stuur haar altyd mooi boodskappies. Ai soos ek hierdie brief tik is my hart stukkend ek vrees om my vrou te verloor want sy is my heelal. Sy is my VROU. Ek het haar bitter lief. Ek het haar nog nie een keer verwyt of gevloek of sleg gese oor wat sy gedoen het nie. Ek bid net dat die seer wat ek alleen hier binne my dra sal beter word. Ek het haar gese dis seer. Ek het haar gese ek vergewe haar en sal haar elke dag soos n prinses laat voel. Ek sal 100000000% gee om my huwelik te behou. Ek praat nie meer oor dit wat sy gedoen het nie. Ons sal iemand gaan sien. Ons gaan ons huwelik verryk en sy het belowe om saam daaraan te werk. Bid asb ook vir ons Huwelik.

  • GilielekDop

    Get incredible online web traffic using best xrumer service available. We are able post your marketing message up to 10K forums worldwide, get thousands of backlinks and large web traffic in shortest time. Most affordable and most powerful service for web traffic and backlinks in the world!!!!
    Price just from $29 your post will be published up to 100000 forums worldwide your website will get insatnt traffic and massive increase in rankings just after few days or weeks. Order now:
    [url=http://xrumerservice.org/]xrumer blast[/url]