Eie stories

Ontmoet die ware Tallie – sarie.com se gewildste blogger

Skat, ek is ge-retrench.”

Dis woorde wat menige vrou (en man) in dié dae vrees. Vir Carol Langenhoven het dit ’n nare werklikheid geword.

“As ek nou oor die laaste maande terugkyk, weet ek nie hoe ek deur dié beproewing gekom het nie,” sê sy op haar reguit manier.

Maar dwarsdeur alles – om skielik na ’n huurhuis te trek, haar motor te moet verkoop, afstand te doen van die mooi dinge wat haar lewe kleur gegee het, te sien hoe haar man te veel begin drink omdat sy selfbeeld aan skerwe is – was daar ’n reddingsboei: Haar blog op SARIE se webtuiste, sarie.com, wat sy onder die skuilnaam Tallie geskryf het.

Tallie

Daarin het sy aangrypend vertel van haar finansiële en emosionele stryd nadat haar man, Simon*, sy werk as ’n areabestuurder in die vervaardigingsbedryf verloor het.

Aanvanklik het Carol (48) haar verhaal in ’n brief aan SARIE vertel en ons het haar gevra om gereeld daaroor te blog. Só het haar reis na heling begin. Sommige lesers kon identifiseer, ander het meegeleef. Byna 12 000 mense het die blog gelees, baie van hulle getroue aanhangers.

Soos een leser, Ester, dit stel: “Liewe Tallie, dankie dat jy jou diepste seer so openlik deel. Jy sal nooit kan besef wat jou skrywe vir my as vrou beteken nie. Jy het my gedra deur die donkerste nag en put van ellende. Toe sien ek skielik hoe geseënd ek is . . .”

En Annaline skryf: “Die lewenslesse is nie net van toepassing op mense wat hul werk verloor het nie, maar ook op ons almal wat al ‘iets’ verloor het.”

Nou is Carol gereed om haar ware identiteit bekend te maak.

“Ek besef ek kan vir ander mense iets beteken,” sê sy. Sy gebruik haar nooiensvan, Langenhoven, “want ek wil my kinders en my man beskerm”. Simon (48) bring tans sy eie onderneming, ook in die vervaardigingsbedryf, op die been.

“Toe hy in Junie verlede jaar vir my die ondenkbare nuus bring, was ek totaal verward,” vertel Carol. “Dit was asof ek gehoor het iemand na aan my is dood. Ek het glad nie geweet wat om eerste te doen nie.”

Kort hierna het survival mode ingetree.

“Daar was nie kans om in sak en as te gaan sit nie. Die woord resessie het nou betekenis gekry en ons moes dadelik begin geld- en ander planne maak.”

Voorheen het Carol, Simon en hul seun, Wouter* (22), in ’n goeie middelklashuis gewoon. Hul dogter, Mia* (26), woon in Amerika.

Hulle het heerlik geleef, vertel Carol. Hulle het die beste linne en drie goeie eetstelle gehad en daar was ’n televisiestel, musieksentrum en lugversorging in elke kamer. Oral het oorspronklike skilderye soos Claerhouts gehang. In haar kas het verskeie bottels ontwerpersparfuum gestaan.

“Simon het vir al die huishoudelike uitgawes betaal. My salaris (as ’n kliënteverhoudingsbestuurder in die landbousektor) was net myne.”

Carol beskryf haarself as ’n aardse mens, “’n tree hugger”.

“Maar ten spyte daarvan het die materiële wêreld my ingesluk. ’n Mens se waardes vervlak. Jy kies welgestelde vriende en jy kan nie glo R120 is vir iemand anders baie nie!
“Ons huis was toevallig in die mark toe Simon sy werk verloor, want ons wou opgradeer. ’n Mens het mos nooit genoeg nie. Min wetende dat ons in ’n tweeslaapkamer-huurhuis met net een badkamer en sonder ’n tuin of motorhuis sou eindig.”

Vandag woon die gesin steeds in dié kleiner huis op ’n kusdorp. Maar hulle is gelukkig, want hulle kyk met ander oë na die lewe . . .

’n Dubbele slag

 

Ná die skoknuus het hulle dadelik begin afskaal. Onnodige ligte en die geiser is gereeld afgeskakel. Al was dit koud, was die kaggelhout op wanneer dit op was, vertel Carol. Dan het “die kaggel pikswart en yskoud vir my gekyk”.

Simon het hard probeer om in dié moeilike ekonomiese tyd sy eie onderneming te begin. Sy geld het ongereeld ingekom. Hy het selfs een keer gaan visvang en dit toe vir R300 verkoop.

“Toe was dit baie geld,” sê Carol. “Ons het dit vir die telefoon en elektrisiteit gebruik.”

Hul huis is gelukkig verkoop, maar hulle moes lank wag vir die geld. Boonop was daar ’n Hooggeregshofsaak om Simon te probeer keer om met sy eie onderneming voort te gaan. ’n Eis van ’n paar honderdduisend rand asook ’n ongegronde diefstalsaak was deel van dié pakket. Sy vorige werkgewer het beweer hy het geld gesteel op die dag dat hy afgelê is, sê Carol.

Simon het nie kans gesien vir die uitmergelende regsproses nie en Carol het die verantwoordelikheid op haar geneem. Wouter sê: “Baie nagte het ek een van my ouers in die woonkamer sien sit. Ek kon sien wat die stres aan hulle doen.”  

Om af te skaal . . .

 

Carol het vir Simon gesê hulle kan op net haar salaris oorleef as hulle drasties besnoei. “Om af te skaal was my grootste aanpassing, dis asof jou hele wese afskaal.”
Gelukkig het hulle glad nie skuld gehad nie. “Dit was ons redding.”

Maar daar was baie veranderings. “Ek het ’n splinternuwe 4×4 gehad,
wat ek moes inruil vir ’n klein karretjie en ’n bakkie vir Simon se onderneming,” vertel Carol.

Wouter sê hy was bang daar gaan nie genoeg kos wees nie, “maar my ma se geregte was uit die boeke”. Sy het geleer om innoverend te wees, sê Carol, om mooi kos van eenvoudige bestanddele te maak.
Hulle moes ook ’n hele paar aftrek-orders, soos dié vir polisse, kanselleer. “Maar ons het steeds ons korttermyn- en lewensversekering behou.”

Die effek op ’n verhouding

 

Die krisis het Simon se selfbeeld erg geraak, sê Carol. “Een oomblik was hy ’n voorsiener en die volgende oomblik niks. Dit waarvoor hy as man gestaan het, is van hom weggeneem en hy was rigtingloos.”

Hy was altyd supernetjies, maar skielik moes sy hom aanmoedig om van die sitkamerbank af op te staan en te gaan stort. Dit was ook vir hom swaar om vir haar brandstofgeld te vra.

Ek sou óf met lamheid reageer óf sy kop afbyt,” vertel sy. “Nie omdat ek nie geld wou gee nie, maar omdat ek die begroting fyn moes uitwerk.”

Simon het ook alkohol misbruik. Op haar blog skryf Tallie dat ’n geluid by die agterdeur haar aandag getrek het: “En daar staan my man in wind en reën. Hy is so gedrink dat hy beswaarlik op sy voete kan staan . . .” Dis ook toe dat hy vir haar gesê het: “Jou man is werkloos, wat sê jy daarvan? Jy is met ’n werklose man getroud.”

Sy wou hom verlaat.

“Ek kan alles hanteer, maar hiermee kan ek nie ook sit nie,” het sy vir hom gesê. Later het sy ’n dokter om raad gevra en dié het tydelik vir Simon (en vir haar) kalmeerpille voorgeskryf.

Die effek op hul verhouding was dramaties. “As vrou kyk jy op na jou man as voorsiener, beskermer, die een wat die hele huis bymekaar hou. Jy respekteer hom. Wanneer hy sy rol verloor en jy alles moet dryf, is dit net menslik dat jou respek vir hom taan.    

Jy het ook nie die energie om hom te boost nie, want jy gebruik dit vir oorlewing,” vertel Carol. “Ek het verwag dat hy dadelik ’n ander werk moes kry. Maar eintlik was dit onregverdig, hy was in ’n skoktoestand. Ek het een aand vir die eerste keer besef waardeur hy werklik gaan toe dié introvert omdraai en sê: ‘Skat, dis nie lekker nie.’”

Hul verhouding, “vandag beter as ooit”, het deur diep waters gegaan. “Aanvanklik staan ’n mens saam. Dan tree die werklikheid in. Almal het my heeltyd vertel hoe swaar hý kry . . . Ek was daarom op myself aangewese.”

Sy sê sy en Simon het soos broer en suster saamgeleef. “Ek het stilgebly om konflik te vermy, want dit sou net die situasie vererger.”

Soms het sy gesê: “Ontspan, ons sal hierdeur kom.” Sy het nie toe vir hom gesê haar spaarrekening is so te sê uitgeput en haar kredietkaart met ’n paar duisend rand oortrokke nie. “Net dat ons genoeg kos, elektrisiteit en brandstof het.”

Eers toe hulle saam na woonplekke gaan kyk het en sien waarheen hulle moes trek, het hulle weer nader aan mekaar gekom.

Die heling

 

Toe sy so moedeloos en gedaan was, het Carol by ’n laventelheining wat haar oorlede pa nog geplant het, stilgehou. “Ek wou my hand deur die draad steek om aan die plante te vat. Pappa het daaraan geraak. Dalk het daar nog ’n deeltjie van hom agtergebly. Ek wou dit koester.”

Sy erken vandag dinge het in ’n stadium so sleg gegaan dat sy selfmoord oorweeg het, want sy het geredeneer dan sou haar gesin haar pensioengeld kry en versorg wees.
“Tallie” het deurentyd Carol se redding geword. Snags het sy haar opgekropte emosies “absoluut eerlik” neergeskryf. As kind kon sy nie haar eie naam sê nie en sy het haarself “Tallie” genoem. “Tallie het onbewustelik my ontvlugting geword. Eers agterna het ek besef hoe terapeuties dit was.”

Sy het nou ook haar blog aan ’n uitgewer voorgelê en wag op ’n antwoord of dit dalk in boekvorm gaan verskyn.

Simon ondersteun haar skryfwerk, maar het dit nog nie gelees nie. “Ek dink dis omdat hy ’n ‘bloeiende wond’ gehad het en nie kans sien om die rofie af te krap nie.”
Die kinders, wat deur alles nooit vrae gevra of hul ouers verwyt het nie, het ook nie elke dag haar blog gelees nie, dit was haar “stille salf wat sy moes en wou aansmeer”.

“Wanneer hulle dit wel gelees het, het hulle gesê hulle is trots op my.”

Die lewenslesse

 

Die krisis het Carol laat besef sy’s ’n survivor.

“Ek weet nou ek het innerlike sterkte en is aanpasbaar.” Sy en Simon is ook veel nader aan die Here. Selfs toe dit so swaar gegaan het, het sy haar tiende vir die kerk gegee. “En soos Hy beloof, het ons altyd kos gehad.” Al was daar soms nie margarien of melk nie. Selfs in dié donker tyd het sy vir vriende tuisgemaakte produkte ingepak, want sy glo “’n toe hand kan nie ontvang nie”.

Carol sê haar grootste uitdaging was om daagliks te vertrou dat daar genoeg geld sal wees en haar nie oor môre te bekommer nie. “Dis ongelooflik hoe die Here dan werk. Die geld van ons huis wat ons verkoop het, het byvoorbeeld net op die regte tyd gekom.”

Die vals diefstalklag is uitgegooi en die hof het ook bepaal dat Simon met sy onderneming kan voortgaan.

“As Carol nie by my gestaan het nie, sou ek nie hierdeur kon kom nie,” sê hy. Hy glo ook as sy onderneming, waarmee dit al heel goed gaan, die resessie kan oorleef, gaan hulle nog baie voorspoedig wees.

Al was dit swaar, is Carol vandag dankbaar vir haar beproewing. “Ek is rustig en tevrede. Waar ek ’n beheervraat was, leef ek nou in die oomblik.” Materialisme is nie meer belangrik nie, sy voel eerder ryk in haarself.

“Die helderheid en insig wat ek gekry het, dra ek graag met liefde aan ander oor,” sê sy.    

* Skuilname

  • Wow!!! Ek sit met trane in my oë. Dankie Carol, jy’s my inspirasie vir die dag!!!

  • Sharmaine

    Wow! Finally a pretty face to add to the name!
    I’ve read your story from the beginning to the end, and it was fantastic! My folks too, went through the same situation, however, and luckily by Gods grace, not as tough as yours, but it was tough. Good luck for your future and I hope things just go forward and well for you!
    x x x

  • Enna van der Mescht

    Carol ja ek glo ook soos jy nadat ek ‘n dom ding gedoen het om ‘n Burtler kursus te loop en as Butler in die Paarl vir 2 weke gewerk het en besef het mens doen dit nie in SA by gewone mense nie skat skat ryk nie. Ek het my goeie werk in die Streekbilioteek gelos en sodoende nooit nooit weer ‘n goeie werk kon kry in SA nie. Intussen het ek my ou groot steunpilare in die lewe my liewe ouers verloor en was ek platgeslaan. Gelukkig het ek geld gehad om aan te gaan en ook by my liewe ouers genoeg geerf, maar ek het wel besef dit gaan nie hou vir altyd nie ek sal moet uitspring, want my groot huis aan die kus was alleen ‘n groot uitgawe elke maand. Op die oomblik doen ek iets hier in England wat geen mens gedink het sal ek ooit doen nie. Dit is nie altyd maanskyn en rose nie, maar ek het ook soos jy geleer dat wat eers vir my baie belangrik was in die lewe nie meer tel nie en hier het ek ook geleer om as mens te groei en is ek soveel sterker en as ek kry soveel goeie getuigskrifte van my Lady by wie ek werk se brug vriende. Ja en niemand kan glo ek is nog na 17 maande hier nie.

    Dankie vir die mooi getuienis dit het my ook weer laat terugdink en ek wil ook ‘n boek skryf as ek terug is in SA oor my lewe hier.

  • Mollie

    Ek het net inkort gelees van jou wedervaringe. Ek is ook al deur swaarkry, en soms voel dit onregverdig omdat ek nog so jonk is. Dit lyk ook asof swaarkry vir almal draai en asof dit met almal beter gaan na ‘n ruk, maar nie met ons nie. Vandat my man 2jaar terug van MMC af teruggekom het en sy lewe volkom aan die Here oorgegee het, het dit net al slegter gegaan. Het regtig gedink dit sou al teen die tyd beter gegaan het. Ons werk albei vir kommissie en besigheid is skaars. Ek word soms ook so moedeloos dat ek heeltemal verlam voel en glad nie kans sien om kliente te nader nie. Ons huis is ook in die mark. Wens net die bom wil nou bars en klaar kry. As ons moet bankkrot speel moet dit gebeur, maar as dit gaan beter gaan moet dit eerder gebeur. Leef so in onsekerheid. Is moeg daarvoor en heeldag in ‘n wroegstyd met die Here.
    Ongelukkig is ook baie van my vriendinne welgesteld en het nie die vaagste idee wat swaarkry is nie. Soos gister was ek juis weer saam met een winkels toe. Sy het kruideniers gekoop en ek het so gewens dis my trollie, want ek wil ook graag vir my kindertjie sjoklit paaseiers en goed koop. Sy het my vreeslik bederf en vir alles betaal, maar dit laat mens tog minderwaardig voel. Hoekom wil so pragtige ryk jong vrou met iemand soos ek vriende wees?
    Tog het ons al baie geleer en al breek dit my hart dat my kinders nie alles kan kry wat ek graag vir hulle wil gee nie, weet ek hulle leer ook dure lesse.
    Soos nou die dag vertel ‘n vriendin dat my seuntjie vir haar gesê het dat hy graag aan ‘n buitemuurse aktiwiteit wil deelneem, maar dat sy pappa gesê het hy kan dit eers doen as hy weer geldjies het. Hy’s maar 3 jaar oud en dit het gevoel of iemand my hart uit my lyf uitruk! Tog weet ek dat hy al op 3 jaar iets geleer het wat party mense dalk eers op 80 of dalk nooit leer nie, dat jy nie alles kan kry wat jy graag wil hê nie.
    My lewe voel soos een groot wipplank. Hoe kom mens heel anderkant uit?

  • Sue-marie

    Hoe gelukkig was Carol dat sy so ‘n bevoorregte lewe gehad het dat sy ‘n neseier gehad het om die prokureur te betaal. Dat hulle ‘n huis besit het om te verkoop. Dat hulle geen skuld gehad het nie. Sy is nou wel deur die smeltkroes, maar dis duidelik dat sy nie ‘n benul het van hoe laag ‘n gewone mens werklik kan daal nie – as jy een inkomste verloor terwyl jy al reeds van die hand na die mond leef met karskuld, kredietkaartskuld, sonder verkoopbare bates. Hoe gelukkig is sy dat sy net stres en ‘n gebrek aan respek ervaar het. Sy kon ten minste haar menswaardigheid behou. Dit klink so edel om steeds jou tiende elke maand te gee. Weet sy hoe dit voel om nie meer jou tiende te KAN gee nie?

  • Chelsy

    Sue-marie.
    Ek verstaan mense soos jy regtig nie. Maar ek verstaan wel hoekom jy van die hand na die mond moet leef. ‘n Mens moet die regte uitkyk oor die lewe he om ‘n sukses van daarvan te maak. ‘N POSITIEWE UITKYK. Jy moet mik om ‘n inspirasie vir ander te wees. Dit help nie om suur druiwe te kry wanneer ander mense jou drome leef nie. Hulle het hard gewerk daarvoor en dit is wat God vir hulle bestem het. Probeer om meer positief te dink en nie te kyk na wat ander het nie. Gaan kyk in jou eie kos- en klere kas, en wees dankbaar vir dit wat jy het. Soos die wyse man sê: As jy niks goeds het om oor iemand te sê nie, bly liewers stil.

  • Kapokkie

    Almal van ons is deur die ressessie geraak. Maar om gal te braak daaroor het nie een van ons iets in die sak gebring nie. Sue-Marie, om jou stuk te lees is soos om hakkiesdraad deur my keel te trek. Tallie se storie het vir ons moed gegee toe ons nie meer gehad het nie. Moenie vernynig wees nie.

  • Dizzy

    I couldn’t have expressed it better. Her emotions are exactly what I went through twice in the past few years. And through no fault of my husband who is the most stable, reliable person I know. Thank you for that!

  • pJNRWL ncfcbtrojarm, [url=http://mkcomdnyybpf.com/]mkcomdnyybpf[/url], [link=http://mhshgszrrcoc.com/]mhshgszrrcoc[/link], http://ltcqxvepaizs.com/

  • Suzette van Jaarsveld

    Ek sal nooit ooit my man so verneder om sy persoonlike swakhede so te openbaar in die publiek en nogal op blog rapport en tydskrif nie. Ek dink dit is siek!!!! Hoekom het sy hom nie geskei nie. Jy skryf jy het wyn gedrink en gedink daardie aand gaan jy sorg dat jy slaap, as jou man so ‘n probleem het hoekom hou jy wyn in die huis aan? Hoekom help jy hom nie liewer nie as om die duiwel voor sy oe te hou? Ek is jammer ek dink jy is baie selfsugtig Jy verdien die veertjie op jou man se swakheid sies vir jou man. Is jy dan perfek? As ek jou man is los ek jou!!!!!!!!!!!

  • Annalie van der Merwe

    Suzette

    Dit blyk duidelik uit jou kommentaar dat jy nie weet waaroor die storie gaan nie. Ek ken hierdie vrou persoonlik en haal my hoed elke dag vir haar af. Jy het geen benul waardeur sy is nie. Tallie het ‘n belofte voor God gemaak dat sy by haar man sal staan, dit is hoekom skei nie ‘n opsie was nie. Soveel ander opregte mense wat kommentaar gelewer het is deur presies dieselfde as die vrou en hulle het dit erken, hoekom is dit siek as sy daaroor praat.

  • Precious

    Suzette ek glo dat dit hierdie tipe houding is – wat vir ons almal so baie probleme veroorsaak. Hoekom voorgee dat alles piekfyn is, as dit nie is nie? As meer mense hulle monde oopmaak en dit wat op hulle harte druk, uiter, sal daar minder egskeidings en gebroke vriendskappe wees. Soveel mense het baat hierby gevind – hoekom kyk jy nie ‘n bietjie dieper as net na die oppervlak – en leer ook ietsie hier uit nie. Nog ‘n ding. As jou man bv. ‘n dobbel probleem het, wat gaan jy maak? Die hele huis leegdra sodat hy nie die goed kan gaan verkoop vir geld nie? Nee, dit is sy probleem – Hy moet leer hoe om dit te beheer. So laat die vrou haar wyntjie geniet in vrede. Sy het hom mos nie ‘n glas in die hand gestop nie.

    Lekker dag vir jou verder – en ek hoop jy kom eendag tot die besef watter groot lewensles daar te leer is uit hierdie "Siek" skryfstuk, wat ‘n veertjie by die ATKV gewen het omdat bekende skrywers wat as beoordeelaars gedien het, dink dat haar skryfstuk "siek" is.

  • Fouche

    Die skryfstuk het my as man se oë oopgemaak. Ek het laasjaar my werk verloor – ek het nie die vaagste benul dat dit is waardeur my vrou was nie. Ek het so baie van die dinge wat sy beskryf het van haar man in myself herken, en besef dat dit moes gewees het hoe my vrou voel. Ek persoonlik dink ook dat Suzette bietjie uit lyn uit is met haar kommentaar. Sal beslis nie haar man wil wees nie. Nou nou los sy my sommer net! EK het baie respek vir Tallie – dit moes baie gevat het om haar gevoelens so te ontbloot vir almal om te sien. Dankie Tallie. Hierdie blog het my en my vrou gehelp om weer ‘n brug te bou na mekaar toe en ons verhouding is nou weer so sterk soos ‘n rots. Ons het geleer om met mekaar te kommunikeer en te sê wat ons pla. As ons saam deur ‘n retrenchment kom kom, is ek seker ons is reg vir enige iets wat ons kant toe kan kom. Viva Tallie!

  • l1aQm9 cgdixcqhqbye, [url=http://vgjaifhnsvpw.com/]vgjaifhnsvpw[/url], [link=http://zhinixiyggbp.com/]zhinixiyggbp[/link], http://gbgqntfxhzve.com/

  • K4sEzi vzhifxniollc, [url=http://dlucodbwyugw.com/]dlucodbwyugw[/url], [link=http://qlgdddstrain.com/]qlgdddstrain[/link], http://juphidtgbvte.com/

  • Louise

    So sit ek oopkop almal se kommentaar en lees. Almal het so ‘n eie opinie, en dit word gerespekteer. Maar niemand wat nog nooit in Tallie se skoene gestaan het sal verstaan waardeur ‘n mens gaan, hoe dit jou allerdaagse lewe beinvloed nie. Tallie weet, want sy is daar deur, ek ook.
    Hoe mens uiteindelik ander kant uitkom is om, soos Tallie jou gevoelens neer te skryf en dit so deur te werk. Dit hou jou nie net "sane" nie, maar dit gee jou perspektief, dit laat jou elke oggend opstaan om weer aan te gaan.. van dag tot dag – En as jy ander kant uitkom, kyk jy terug en wonder, maar hoe het ek dit gedoen? Die antwoord is , jy het elke dag aangehou glo, aangehou droom en nooit moed opgegee nie. Jy het nie een dag gese ,ek kan nie,ek wil nie. Jy doen wat jy moet doen want jy het nie ‘n keuse nie – Tallie jy verdien ‘n medalje –

  • Tracy

    Tallie wanneer hoor ons weer van jou – ek mis dit om hier agter die rekenaar in te skuif wanneer die huis stil raak en jou uitkyk op die lewe te ervaar en geniet! Wanneer skryf jy weer vir ons stukkies?

  • Esther Kisling

    Kia Ora Hallo TALLIE,
    Hier uit die verre NZ lees ek met vreugde hoe jy daagliks oorwinning na oorwinning behaal. Mag jou boek ‘n handleiding word vir ons almal om te besef die lewe is ‘n lied.Die melodie en harmonie is nie altyd soet nie maar saam vorm dit ‘n eenheid en skoonheid van klank.Sing jou vreugdes lied en straal want jy kan!Al my liefde.Kare mai. Esther

  • CHARMAINE

    Sjoe, ja die mense se kommentaar. Maar ek het ook Tallie se skrywe gelees en dit is puik, ons mense wat alles as vanselfsprekend het besef nie wat dit is nie, maar niemand word vrygespreek nie, ek dank elke oomblik my Skepper vir dit wat ons het, en ek voel saam mense wat voor sulke goed in hulle lewe te staan kom. Sterkte aan Tallie en haar hele gesin. En dankie vir die lewens les…

  • Great post! Tnx.

  • Nice post.

  • Nice post.

  • Dorothea Mostert

    cAROL TOE EK JOU GISTERAAND OP KYKNET SIEN KON EK NIE GLO DIS JY.KONTAK MY OF MY EPOS ADRES IS doortjie@webmail.co.za Ons het in vuurleliestraat roodekrans gebly en ek was saam met jou zimbabwe toe toe jy vir sanlam gewerk het
    groete dorothea(doortjie)

  • Beth-Leen

    Hallo Tallie, Om jou stukke te lees is soos ‘n boek van ‘n geliefkoosde skrywer, as mens begin soek mens net meer en meer. Ek is ‘n realis en werklikheid het meer trefkrag as fiksie. Jou verhaal vul mens met deernis en, alhoewel dit aan die orde van die dag is, is daar so baie mense wat in ontkenning leef. Ek hoop en glo jou openbaring gaan ‘n deurbraak wees in baie mense se lewens. Al is dit nie net om af te skaal nie, maar ook om uit te reik na ander. Alles wat ons het is net geleen uit genade. Ons hoor graag wee van jou.

  • Liz

    Ek kan dit weer en weer lees en elke keer iets kry om toe te pas en te vergelyk in my eie lewe. (Tot die man wat saam met my werk geniet dit ook)

    Ek is desperaat om die boek te kry, maar het boekwinkel in ons hoofstad gebel, maar dit is nog nie beskikbaar nie (Windhoek, Namibia)

  • tallie

    Hallo Liz, baie baie dankie vir jou briefie. Laat weet my of jy al die boek in die hande kon kry, anders pos ek dit vir jou. Laat weet my op tallietallie@yahoo.com asb.
    Mooi bly xx

  • Kevin

    Baie inspirerend. Ons bly in VK en beplan om oor jaar terug te keer na Suid Afrika. Nogal bekommerd oor werk etc maar ons gaan dit ‘n kans gee , positief bly en hard werk(waookal :)’n Ander bekommernis is die ooglopende materialistiese leefwyse in suid afrika.Natuurlik is dit maar orals so maar ek kan nie help om dit soveel skerper raak te sien as ek kom kuier elke jaar nie. Dit lyk so of mense jaag om die beste van alles in te palm, beste huis, tv, kar, etc.
    Ek wonder of Tallie nog al haar vriendinne van die "ou" tyd oor het? Sulke situasies bring mos die ware kleure uit. Toe sy nou moes trek na kleiner huis, kleiner karre etc. As al haar vriendinne nog by haar staan dan haal ek my hoed af en dit gee my hoop vir wanneer ons eendag terugkom. Dit sal keer om te vinnig agter ons eie vriende aand te jaag om in "kompetisie" te bly vir die beste van alles. Baie sterkte vorentoe en alle sukses.

  • Suzanne

    …dit IS my storie, ongelooflik! Help darem om te weet daar is mense wat deur dieselfde gaan en dat hulle "heel" aan die anderkant uitkom! Soms is dit moeilik om te glo, maar "Tallie se storie" bly le op my bedkassie, sodat ek elke oggend as ek opstaan, kan weet daar is hoop en die lewe sal weer "normaal" wees!

  • Lerina

    Hi, ek het jou boek by Muneeba gekry. My man het na 2 jaar weer werk gekry, ons is insolvent verklaar, en begin maar weer van onder af. ‘N mens voel net verskriklik hartseer omdat my kinders, al 3 op hoërskool hierdeur moes gaan, al die dinge wat hulle moes los, hulle punte het gedaal, ag alles het agteruit gegaan. Almal daar buite moet nie oordeel, dit gebeur oornag, en jy as vrou moet kophou. Dit is hel, as jy nie daar was nie, kan jy nie preek nie. Al jou mooi-mooi’s is weg. Jy smeer handeroom aan jou gesig, jy scrub met koeksoda. Ag so kan ek aangaan. Vasbyt aan almal wat die pyn ken. Dankie vir die lekker huil, dit help met die genesing van my pyn.

  • Tallie

    Baie interesant die’ dagboek

    My naam is: " Tallie " (manlik)

    en omdat jou skuilnaam dieselfde was het ek op die artikel afgekom

    Voorspoed

  • www.sarie.com

    Www sarie.. Awful 🙂

  • www.sarie.com

    Www sarie.. Awful 🙂

  • l69v porno nwvr

    Www sarie.. Awesome 🙂

  • Karen

    Hi there Tallie
    I was wondering if you do any speaking to an audience of your experiences as above?
    I have a women’s event on 30th September in Stellenbosch and am putting a few inspirational speakers together. Would you be interested?
    Kind regards
    Karen Wessels

  • chantal

    hi sarie ek wil net graag weet hoe vermy ek konflik tussen my en my man as my ouers by my bly hulle het nie u ander heen kome nie en hy raak party dae baie om gekrap met hulle as hy gewoonlik iets van hulle wil se dan se ek vir hom se vir hulle hoe jy voel maar as ek weer sien sit ons vas ek is baie lief vir altwee partye maar ek kan nie kies tussen hulle nie asb raad sal my baie kan help

  • nuydisxrfl

    JgLFsZ etxtyovietup, [url=http://kywhavnpxyvg.com/]kywhavnpxyvg[/url], [link=http://yizsbuacatrw.com/]yizsbuacatrw[/link], http://sjkrxfvzwnyb.com/

  • buy cheap viagra 25mg uk

    great post, very informative. I wonder why the other experts of this sector don’t notice this. You must continue your writing. I am sure, you’ve a great readers’ base already!
    online drugstore

    generic drugstore http://health-drugstore.com/ s#F^%#*

  • buy cheap generic vasotec

    You made some decent points there. I looked on the internet for the subject matter and found most people will agree with your website.
    online drugstore

    generic drugstore http://health-drugstore.com/ #$%^&*()

  • LevyColleen

    According to my investigation, millions of people all over the world receive the loans at different banks. Hence, there’s good chances to get a short term loan in all countries.

  • izqfyiw

    nBMGUH adrlujjtucdn, [url=http://vdqkyhsbfkjf.com/]vdqkyhsbfkjf[/url], [link=http://eisjgtxlwajm.com/]eisjgtxlwajm[/link], http://ljgorodbuqkv.com/

  • fiizcnnhgtc

    9m3nkP xdqpeaydsttr, [url=http://uttdtvsxwkwq.com/]uttdtvsxwkwq[/url], [link=http://mdumejxvhjcf.com/]mdumejxvhjcf[/link], http://glqjccgzwwos.com/

  • Michael

    Ek is nou daar. En ek wonder of my gesin nie beter af sal wees as ek nie meer hier is nie. Sewe tree tussen ons bed en die brandkluis. En moenie reageer nie! ek moes dit net hardop vir iemand sê. Ek sê dit hardop: ek wil en kan nie meer leef nie.

  • perryc

    Biography Of Popular Celebrities Which Got Scandal Videos, Sex Tapes, Oopsshots Or Just Nude Pics. [url=http://www.myhotarticle.com/celebrity-stolen-videos/]myhotarticle[/url]

  • Conyers

    I can’t believe I’ve been going for years without knoiwng that.

  • Cornelia

    Dis nou 6 maande wat my man sonder werk sit…ons het verkeerde besluite geneem en ons besigheid verkoop en vol moed en drome getrek,,,toe werk dit nie uit nie, en ons kom terug na die bekende…My man het al honderde CV’s uitgestuur…maar niks gebeur nie..dis vir my vreeslik om die eens trotse man so hulpeloos en in sy dop gekruip te sien…Van ‘n selfbeeld is daar net mooi niks oor nie,,,ek werk vir kommissie en dit is nie naastenby genoeg om vir ons te sorg nie..wat my die hartseerste maak is die feit dat ek nie eers vir my kinders kan gee wat hule moet kry nie, nevermind wat hulle graag wil hê nie….
    Ons het al so afgeskaal dat ons nie meer kan nie…alles is agter die voertuie, die versekering..die medies is gekanselleer..skoolgeld is agter…Hoe de hel kry jy werk as jy jou lewe lank vir jouself gewerk het en net ‘n diploma het, wat nie eers die papier werd is waarop dit geskryf staan nie….
    Die hartseerste van alles, daar is mense wat vir hom kan help om werk te kry,maar wat nie omgee of hy en sy gesin vanaand kos op die tafel het nie,…skielik droog die braaivleis vure en telefoon oproepe op…en ons staan stoksiel alleen in hierdie eensame wëreld,niemand gee om nie….ons familie het ons vergeet,want my dierbare man is die broer waaroor hulle nie eintlik wil praat nie..Ek hoop ek sal ook oor ‘n jaar ‘n getuienis kan skryf oor ons ondervinding, en kan getuig dat daar iets positiefs uitgekom het..nou moet ek maar eers groet en die balju by die deur gaan face…