Eie stories

Ook ’n ‘hapy chappy’, maar …

 

Ek is ook vir depressie behandel. Op my laaste besoek aan ’n dokter in Rustenburg het hy ná ’n ondersoek dadelik vasgestel ek het fibromialgie (Fibromialgie – die pynlike waarheid: SARIE, Junie 2010).

Volgens hom het dit moontlik begin met die dood van my matriekdogter, vyf jaar gelede. Ná Mishelle se dood het my lewe heeltemal verander. Ek kan eintlik glad nie 2009 onthou nie. Dokters meen dit naskok. Ek is ook ’n “happy chappy”, net soos Annette. ’n Mens moet maar baie hard werk aan hierdie gevoelens, want jy’s nog elke dag bewus daarvan. 

Ek pyn van kop tot tone. Dis soveel erger as jy net effens ontsteld is of as jy die dag nie lekker voel nie. Die dokters beveel oefening aan, maar jou spiere wil geen gewoel hê nie. Ek kan nie my arms behoorlik gebruik of lekker loop nie. Geen pynpil bring verligting nie. 

Ek het ’n suksesvolle besigheid in die skoonheidsbedryf, maar kan nie meer my werk in my salon doen soos voorheen nie. Ek kan glad nie konsentreer nie. Ek lees iets, maar kan daarna niks daarvan onthou nie. Dis vreeslik. Mense moet eers weer vir my ’n storie vertel voordat ek dit weer onthou.

Ek is baie aktief in die gemeenskap, maar my siekte tas alles aan, self my spraak. Ek moet eers ’n hele sin uitdink voordat ek begin praat. Ek hou van my taal, maar my woordeskat het so versleg dat dit my selfbeeld knou.

Dankie vir die herkening van ons probleem.

Nog ’n lyer, Randfontein

  • K3U4MI rhydkzxdkwch, [url=http://eohgzfwqihcm.com/]eohgzfwqihcm[/url], [link=http://jbnbyumqiixx.com/]jbnbyumqiixx[/link], http://qasqtmtivcwt.com/