Eie stories

Pinner van die week – Bronwyn Greeff (21)

Ons Pinterest-inspireerder vir die week is Bronwyn Greeff (21) van Centurion, Gauteng. Sy is ’n derdejaar-student in visuele kommunikasie aan die Open Window-skool vir ontwerp in Irene. Sy spesialiseer in fotografie en ontwerp.

Bronwyn se gunsteling-borde op Pinterest:

Troues

FOTO: Bronwyn Greeff se "Wedding"- bord (Pinterest)

Taylor Swift

FOTO: Bronwyn Greeff se "Taylor Swift"- bord (Pinterest)

Kyk hier na Jacqueline se mooimaaksessie – sy lyk nes Taylor Swift!

Oulike honde

FOTO: Bronwyn Greeff se "Dogs"- bord (Pinterest)

Inspirerende woorde

FOTO: Bronwyn Greeff se "Words"- bord (Pinterest)

Wanneer het jy begin pin en waarom?

Ek het eers hierdie jaar begin pin. Ek het baie inspirasie en foto’s nodig vir my take en Pinterest help my daarmee. Soos ek navorsing gedoen het vir my take het ’n hele paar ander borde hulle verskyning begin maak! Ek het ook hierdie jaar begin om deeltyds troufotografie te doen en ek kan net nie ophou om al die mooi foto’s te pin vir idees nie!

Wat maak Pinterest só lekker?

Ek hou van die feit dat ek nie elke keer prentjies van ’n webtuiste moet save op my rekenaar nie; my Pinterest-borde is meer georganiseerd! En wanneer ek weer daarna gaan soek, kan ek net klik om na die oorspronklike webtuiste te gaan.

Is daar enige mode-ontwerpers wie se werk jy graag volg?

Ek is mal oor Carolina Herrera – haar ontwerpe is sag, vroulik, minimalisties en gesofistikeerd. Ek sal graag wil dink my eie styl neig na so iets.

Carolina HerreraWat dra jy altyd in jou handsak saam (skoonheidsprodukte)?

Labello, ’n lipstiffie en sonskerm.

Het jy ’n gunsteling-besitting?

Ek weet nie of my hond kan tel nie, maar sy beteken baie vir my! Anders, my goue oorbelle, hangertjie en J’adore-parfuum wat ek by my ouers, kêrel en my boetie gekry het vir my verjaarsdag. En natuurlik my kamera!

FOTO: Dior J’Adore Eau de Parfum (verskaf)

FOTO: Dior J’Adore Eau de Parfum (verskaf)

Het jy ’n stokperdjie?

Ek is mal oor lees – tydskrifte, storieboeke en self-leer-boeke. Ek spandeer egter die meeste van my vrye tyd saam met my geliefdes.

Wat inspireer jou elke dag?

Ek is geseën met ’n besonderse, hardwerkende, nederige en saggeaarde kêrel. Hy inspireer my om altyd die beste weergawe van myself te wees.

Filippense 4:8 is my grootste inspirasie wanneer ek nie meer weet watter kant toe nie.

“…alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.”

Wat is die beste DIY-item wat jy al gemaak het?

Ek het probeer om een van die koeke in SARIE te bak, maar ek het bakpapier met waspapier omgeruil en die koek het vasgebrand! My ma het my gehelp om ’n paar stukkies te red en ons het dit voorgesit met vla. Glad nie te sleg uitgedraai nie, maar ek het beslis iets geleer!