FOTO: Joanel Rosemund en haar verloofde, Pieter-Jan (verskaf)

FOTO: Joanel Rosemund en haar verloofde, Pieter-Jan (verskaf)

Eie stories

Pinner van die week – Joanel Rosemund (25)

Ons Pinterest-inspireerder vir die week is Joanel Rosemund (25) van Windhoek in  Namibië. Joanel is ’n bemarker vir ’n radiostasie en het onlangs verloof geraak- dié dat sy ’n private bord geskep het met al haar trou-idees!

Joanel se gunsteling-borde op Pinterest:

Op jou mooiste: skoonheid en gesondheid

J1

Bak en brou

J2Braai & bykosse

j4DIY

j3

Wanneer het jy begin pin en hoekom?

Sowat 8 maande gelede … en dit het my lewe verander! Dit was vir my ’n maklike manier om al die oulike goed wat ek op die internet sien, op een plek te stoor.

Hoeveel tyd spandeer jy op Pinterest?

Ek gaan elke dag op Pinterest! Tussendeur my werk loer ek gereeld daar; dis hoe ek gou ontspan voordat ek weer op my werk fokus. Ek pin ook gereeld van my selfoon af!

Wat maak Pinterest só lekker?

Die ongelooflike verskeidenheid en die mooi fotos!

Jy het baie borde oor kos. Wat is jou gunsteling-resepte?

Ek is mal oor kos en om mense te entertain! Ek hou daarvan om met verskillende resepte te eksperimenteer, maar die staatmakers soos ’n lekker vars pasta met pesto of brode bly altyd ’n wenner.

Ek het ’n heerlike resep vir gesmelte sjokolade koekies gekry. Dit is baie ryk, maar vreeslik lekker! Ek het dit sommer in ou bekers gemaak en afgerond met ’n bietjie room –  daardie dag was dieet nie ’n prioriteit nie!

Watter skoonheidswenke het jy al op Pinterest gekry wat werk?

Ek hou van natuurlike skoonheidsoplossings. Jy voel sommer net goed as jy natuurlike produkte gebruik! Ek het ’n kokosneut-haarmasker ontdek wat ongelooflk was!

Jou gunsteling-bord?

Ek en Pieter-Jan het in Augustus verloof geraak, so dit is net troureëlings voor en agter. Dit is ’n geheime bord, want ek wil nie hê almal moet sien wat ons beplan vir die groot dag nie! Ek het al meer as 1 200 foto’s op dié bord!

Het jy ’n gunsteling-besitting?

My verloofring. Dit is my ouma s’n en sy het vanjaar 86 jaar oud geword! Ek is baie sentimenteel en dis vir my ongelooflik spesiaal dat sy dit vir my en Pieter-Jan gegee het.

Wat inspireer jou elke dag?

Dit inspireer my om elke dag eerlik, opreg en myself te wees.

Watter parfuum dra jy?

Op die oomblik Calvin Klein se Euphoria, maar my gunsteling bly Light Blue van Dolce & Gabbana.

FOTO: Dolce & Gabbana (verskaf)

FOTO: Dolce & Gabbana Light Blue (verskaf)

Wat is die moeilikste DIY-item wat jy al gemaak het?

Ek het saam met my pa en verloofde ’n eetkamer- en koffie-tafel gemaak. Ons het ook ’n kruieboks vir ons tuin gemaak! Maar ek moet sê, ek is beter met aanwysings gee, daarom ontwerp en kies ek liewers alles uit en húlle bou!