wow_pippie
Eie stories

Pippie se ma deel haar wow-oomblik

Pippie Kruger (3) het ’n opspraakwekkende veloorplanting, gekloon van haar eie vel, in die Garden City-kliniek in Johannesburg ondergaan. Sy het derdegraadse brandwonde opgedoen nadat ’n bottel vuuraansteekmiddel op Oujaarsaand verlede jaar in haar pa, Erwin, se hande ontplof het.

Op 11 Junie 2012 is Pippie se veloorplanting gedoen. “Ná die operasie het dr. Will Robertson, een van die narkotiseurs, my ’n drukkie gegee en gesê: ‘She will be perfect,’” vertel haar ma, Anice. “Ek het so vreeslik gehuil, dit was soos ’n damwal wat breek. Daar was die spanning van die afgelope maande, die gewag vir die vel van oorsee …”

Op 18 Julie 2012 is Pippie se verbande die eerste keer oopgemaak. “Ek was die vorige nag te opgewonde om te slaap. En toe dr. Ridwan Mia, die plastiese chirurg, sê haar vel is 90% suksesvol oorgeplant, het ek God se teenwoordigheid sterk gevoel. Ons het gehoop op
 50% – 60%,” sê Anica.

Sy was daarvan oortuig mense kan nie meer saamstaan nie. “Maar ek het gesien hoe ’n nasie, ’n land, die hele wêreld, alle kleure, alle gelowe, kán saamstaan. Hoe die wêreld Pippie aangeneem het as hul eie, hul sakke geskud
het om te help. Hoe almal álles sal doen om die kleine prinses te sien lag.

“My grootste wow is dat ek nooit vir iets gevra het nie, behalwe in gebed, en ek word so gebless.” 


  • Francia Botha

    Absolute wonderwerk – God LEEF! As daar nog mense is wat twyfel aan die bestaan van n Liefdevolle, Magtige Hoer Gesag sal hulle vir ewig verlore wees. Moet nooit die krag van gebed onderskat nie. Bid steeds vir julle en juig saam met julle in Christus!

  • Alta Vigus

    Kyk hoe pragtig lyk Pippie. Ons bid steeds vir Pippie, ook vir haar boetie, mamma en pappa en die grootouers. Blessings vir julle :-)

  • Gousblom

    My God LEEF! Isabella is ‘n uitstekende voorbeeld.

  • LANDIE

    ONS KAN GOD NET DANK VIR DIE WONDERLIKE GOD WAT ONS HET AL DIE EER AAN HOM DAT HY HIERDIE FAMIELIE DIE KRAG GEE OM HIER DEUR TE GAAN EN MAN SY IS DAM NET N VEGTERTJIE DEUR EN DEUR BID VIR JUL VIR VOLKOME HERSTEL OP HAAR BLY GLO EN VERTROU OP GOD STERKTE VIR JUL VAN LANDIE NAMIBIA

  • OOM EDDIE TAN LANDIE OOM WONRHYN VAN NAMIBIA HENTIESBAAI

    AI PIPPIE IS MAAR NET N REGTE OU VEGTERTJIE DANKIE VADER DAT U ,U HAND OOR HIERDIE GESIN HOU EN VER AL VIR DIE MAMMA EN PAPPA AN JUL IS STERK HOU SO AAN MOET NIE MOET OP GEE NIE EK HAAL MY HOET VIR JUL AF EK SAL DIT NIE KON DOEN NIE PIPPIE POP LAP JY IS PRAGTIG JA HIER IN NAMIBIA GET DUISENDE TRANE GE VLOEI EN BAIE GEBEDE HET OP GE GAAN VIR HIERDIE GESIN PIPPIE PAPPA GOD GAAN JOU MOOI MAAK JY IS PRAGTIG EN KRUIP DIEP IS ALMAL SE HART IN

  • Antoine Groenenberg

    Alle Eer aan God. Ons aanbid ‘n wonderlike en almagtige God. Seen vir die gesin en grootouers.

  • Elaine

    Ja, eer aan God, maar as sy nie die mediese aandag gehad het wat sy gekry het eers in VSA en die goeie chirug in RSA dan was dit verby. Imagine sy was in ‘n land met nie goeie kwaliteit dokters nie. Dan het sy dit heel moontlik nie gemaak nie.

  • Estelle van der Merwe

    Prys Die Heer! Hy regeer!

  • Ans Watkins

    Amen op almal se kommentaar en dan kry jy nog mense wat se dat daar nie ‘n God is nie. Ek kry hulle maar net jammer en bid die Vader hulle sal genadig wees. Seen vir die gesin en mag julle ‘n wonderlike Kersseisoen geniet.

  • Wally

    Alles is by God moontlik!! God is Groot en God is Goed!!

  • Elzette

    Dis regtig ‘n WONDERWERK! Ek kan nie wag om oor die vordering van Pippie te lees nie. Wat ‘n inspirasie is sy nie. Alle voorspoed vir julle as gesin.

  • Oom Kys en tannie Terina

    Soos altyd staan ons almal in verwondering by die aanskoue van God se genadige liefde vir die sondaarmens. Net Hy kan en sal en wil en tree op. Ons is slegs toeskouers. Dankie vir U onbegryplike liefde, HERE! Dankie vir U oneindige genade, HERE! DANKIE.

  • Hannetjie de Klerk

    Ja , dit is wonderlik om gehoorsaam te wees as die Here jou herinner om in te tree …al voel dit HOE gering …DOEN DIT en wees GEHOORSAAM!!!!!!!Dankbaar saam met julle dat daar pragtige vodering is!"It is NO secret what GOD can do…what He’s done for others He can do for you!"AMEN

  • Anita Nel

    Ja n mens staan in totale verwondering oor Pippie se veggees en vordering, en NATUURLIK GOD SE WONDERLIKE LIEFDE EN GENADE en dan die Mamma ook, wat n pragtige mamma !!!

    Ek haal my hoed af vir haar,dit is so mooi om te hoor dat sy net in God Glo en dat dit net HY is wat haar en gesin hierdeur kon dra. Glo dit jy is n mamma duisend. !!!!!

    Om in hierdie omstandighede waar daar nog n jonger boetie is,haarself so in twee of drie te moet verdeel, dit wil gedoen wees. Ek dink sy verdien n welverdiende vakansie met n bietjie hulp.

    Ons hou julle vordering dop. Dankie Almatige Vader !!!

    Anita (Pretoria)
    .

  • Magda Coetzee

    Om op jou knieë gedwing te word, is om van Gods genade, liefde en trou bewus te word wat jou elke oomblik laat besef hoe afhanklik die mens van God is, hoe oneindig groot sy liefde vir ons is. Ons bewonder Pippie vir haar ongelooflike moed, dapperheid en volharding waardeur die Here hulle gesin in geloof so laat toeneem het, dat hulle vandag Sy lig na die wêreld weerkaats.

    Liewe Pippie, ek het ‘n seuntjie wat "anders" gebore is en net so dapper soos jy is en met sy liefde vir Jesus elke dag mense harte bly maak: wees altyd hierdie spesiale STERRETJIE wat ook vir soveel ander LIG bring!!

    Net soos jy na jou ongeluk nie kon loop of praat, kon Johan nie loop of praat, en moes terapeute hom leer om dit reg te kry, hy kon ook nie in die skool gaan leer omdat hy anders as die ander maatjies is en die skole nie weet hoe om kindertjies met Williamssindroom te leer om te skryf en lees nie, maar weet jy wat??? Johan het aanhou en aanhou probeer en na drie jaar van hard werk saam met Mamma, kan hy dit alles vandag doen en soveel meer: hy kan alles op die internet doen, hy kan dromme speel wat hy by Reach for a Dream gekry het nadat hy twee are om sy hartjie moes kry toe sy are toegegroei het en hy kan so lekker met mense gesels en sy stories is oral in ons koerante, televisie en radio!!!

    Laat Mamma vir jou lees van hierdie spesiale kindertjies met Williamssindroom by http://www.williams-syndrome.co.za onder Parents Stories.

    Onthou, die hele Suid-Afrika is lief vir jou en weet JY IS GOD SE GROOT GESKENK soos Hy Johan spesiaal vir ons geskenk het.

    Baie liefde

    Tannie Magda Coetzee uit Namibië