sr1005hjg_2_
Eie stories

Rita van den Heever se doger Elza wen ‘n Grammy

Rita se seun Johann (fotograaf) en Jaco (kunstenaar) woon in Johannesburg en Elza is ‘n bekroonde dramatiese sopraan en ‘n solis aan die Frankfurtse Opera.  Onlangs was sy een van agt soliste wat ‘n Grammy vir klassieke musiek gewen het vir hul opname van Mahler se Simfonie no. 8.  Die drieling het ook ‘n jonger broer, André, wat ‘n sjef in Skotland is.

“Ek het dit baie geniet om ‘n drieling groot te maak. Ons het op die regte tyd aandag gegee aan dié een wat dit nodig gehad het. Ek wou my kinders leer hegte verhoudings is belangrik en dat jy jou hemel met jou eie hande maak. Ook om dinge na die beste van jou vermoë te doen.

In gr. 10 aan die Hoërskool Linden was Elza solis in die skoolkoor en ek het besef dis meer as net ‘n soet stemmetjie . . . Sy’t ‘n groot, ryk, soepel stem met ‘n wye omvang.

Elza se boeties is musikaal (meer rock-erig!) en so ook hul pa, André, ‘n filmmaker. Sy oë water as hy van sy dogtertjie (die hele 1,84 m van haar) praat. In 2006 het sy die internasionale Wagner-kompetisie in Seattle gewen. Haar teater-loopbaan het in 2007 met ‘n vertolking van Donna Anna in die opera Don Giovanni in die San Francisco-operahuis begin. Sy was toe nog by die Adler Fellowship in San Francisco, waarvoor jy uit honderde gekeur word. Sedertdien sing sy hoof rolle in die groot operahuise in Europa en Amerika en is tot 2014 volbespreek.

Ons het ‘n baie besondere verhouding – geen geheime nie. Dit sou lekker wees as ek meer dikwels kon gaan kuier, maar e-pos, SMS en Skype help.